Testamente: Wat jy behoort te weet

Testamente: Wat jy behoort te weet. Deur Maretha Botes

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Almal het ’n testament nodig. Stel jy nie een op voordat jy tot sterwe kom nie, kan dit verreikende gevolge hê vir dié wat agterbly. Annie-Mi Moorcroft, ’n prokureur en direkteur by Burger Huyser Prokureurs, gee riglyne vir die opstel daarvan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Foto: George Milton vir Pexels

Watter kwessies moet jy oorweeg voordat jy jou testament laat opstel?

’n Testament is jou laaste wense, voorkeure en geskrifte aan jou erfgename wat deur jou eksekuteur uitgevoer moet word. Hier is basiese elemente van ’n testament wat oorweeg en ingesluit moet word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1)      Wie wil jy as jou eksekuteur benoem?

2)      As jy minderjarige kinders het, wie wil jy as voog/de benoem?

3)      Wie wil jy hê moet erf?

4)      Watter bates moet wie erf?

5)      Is daar iemand wat voorkeur bo ’n ander as erfgenaam geniet?

6)      As mense al gedurende jou leeftyd iets van jou geërf het, vorm dit deel van hul erflating of nie?

7)      ‘n Mens kan ook uiting gee aan ’n lewende testament waar dinge bespreek word, soos:

  1. Of jy veras of begrawe wil word.
  2. Waar jou liggaam begrawe moet word of as gestrooi moet word.
  3. As jy in ’n ongeluk beland, moet toerusting jou aan die lewe hou en wie het beheer hieroor of die keuse om dit te beëindig?
  4. Wil jy jou organe skenk? (Let wel, jy moet geregistreer wees om dit te kan doen.) Indien wel, watter organe?

Lees ook: Raad vir beginnerbeleggers

Hoe en wie kies ek as eksekuteur?

Jou eksekuteur word in jou testament benoem. Dit is moontlik vir jou eksekuteur om wel van hierdie benoeming afstand te doen en om nie as eksekuteur aangestel te word nie. Dit is dus belangrik om ’n alternatiewe persoon te benoem as die eersgenoemde nie kan of wil nie. Dit moet iemand wees met wie jy gemaklik voel, vertrou en weet jou wense sal uitvoer. Hierdie persoon kan ook ’n erfgenaam wees, maar nie noodwendig nie. Dit word wel verkies dat ’n eksekuteur kennis moet hê van die administrasie van die boedelberedderingsproses of sal hulp inwin van iemand wat wel kennis het. Dus kan hierdie kenner dan as ’n agent by wyse van ’n volmag assisteer. Die volmag neem nie die verpligtinge van die eksekuteur weg nie.

Moet ek en my eggenoot ‘n gesamentlike testament hê?

Nee, dit is nie ’n vereiste nie ongeag hoe ’n persoon getroud is. Dis vals dat eggenote binne gemeenskap van goedere getroud is en hulle ’n gesamentlike testament moet hê. Elke mens is geregtig om sy/haar eie testament op te stel wat sy/haar eie wense bepaal.

Ek het ‘n testament, maar dit is donkiejare terug opgestel. Sal dit steeds vandag geldig wees?

Ja, jou laaste gedateerde testament sal geldig wees ongeag die datum, behalwe as:

1)      Jy ’n testamentêre geskrif of kodisil daarna gemaak het wat op enige manier jou testament kan wysig of in dispuut plaas.

2)    ’n Derde persoon by wyse van litigasie in die hof kan bewys dat jou bedoelings verander het vanaf die tyd wat jy die testament opgestel het tot nou. Dit is egter ’n baie groot las op hierdie derde persoon om te bewys en hierdie persoon moet baie sterk bewyse hê.

Kan ek my eie testament opstel en is dit wys om te doen?

Jy kan. Dit is nie altyd wys nie weens die hoeveelheid formaliteite aan ’n testament om dit as geldig te laat verklaar wat nie altyd aan almal bekend is nie. Dit is ’n groot risiko om nie professionele hulp by die opstel van ’n testament in te win nie. As jy dit self opstel moet jou testament deur ’n hoë hof as geldig verklaar word. Die proses is baie duurder en neem lank, in vergelyking met wanneer jy hulp inwin en die nagmerrie vermy.

Ek wil graag veranderings aan ‘n bestaande testament aanbring. Hoe gaan ek te werk?

Dit kan gedoen word deur:

1)      Jou hele testament te verander;

2)      ’n Testamentêre geskrif of kodisil aan jou reeds bestaande testament te voeg.

My raad is gewoonlik om die reeds bestaande testament slegs te verander om enige onsekerheid te elimineer dat daar slegs een datum is en nie twee nie. Die Meester van die Hoë Hof werk dan slegs met een dokument wat dit minder kompliseer.

Lees ook: Takel die finansies voor julle trou

Deel
Gepubliseer deur
Gaynor Siljeur

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

24 hours Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 day Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.