kategorieë: Reis

The Last Word Constantia, Kaapstad

Ons is uitgenooi om ’n aand by die vyfsterbederfplek, The Last Word Constantia in die Kaap se oudste wynvallei, deur te bring.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Wie almal daar was:
Ek en my reismaat, Wilma

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wanneer:
Februarie 2012

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Waar ons oorgeslaap het:
In een van die ligte, fleurige Poolside Suites

Waar ons geëet het:
Ontbyt in die sonnige eetkamer met sy wit rottangstoele waar vars vrugte en verbeeldingryke ontbytgeregte jou verlei, maar veral “the last word in filter coffee”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat het dit onvergeetlik gemaak?
Die intieme, vredige atmosfeer wat kort voor lank in jou siel kom sit

Wat het jy van die plek of die mense te wete gekom wat jou steeds fassineer?:
Hoe hulle geweet het waar om die allerlekkerste biltong, neute en nougat op te spoor en hoekom hulle so gaaf was om dit vryelik in die kamer beskikbaar te stel!

Waarheen sou jy wou teruggaan?
Ek sou graag weer skemertyd ’n glasie wyn in die magiese tuin, met die berge stil in die agtergrond, wou klink.

Tuiskoms

Die verlange na geborgenheid – die soort wat jy hopelik met jou aankoms op aarde in jou ma se arms ervaar het – verlaat ons nooit werklik nie. Ek hoop ek tel as een van die groot gros volwassenes wat min of meer normaal funksioneer, maar soms ervaar ek ’n behoefte aan die koestering van my kleintyd. Dit sou so lekker wees as iemand anders net ’n rukkie lank sagkens na my wou omsien. Iemand wat na vrede voel.

Toe ons op ’n volmaakte somersaand by The Last Word Constantia instap, vou die genoeglikheid my toe. Hoekom, kon ek nie sê nie. Soms is ons bloot gelukkig om ’n ruimte te betree wat met ’n liefdevolle intensie en ’n fyn oog vir tekstuur, vorm en kleur weldadig op ons inwerk.

Die verwelkoming deur Sam agter die ontvangstoonbank was gul. Kort voor lank was ons in ons suite waar ons in ‘n bank met bekoorlike blompatrone kon wegsak en ’n glasie sjerrie kon skink met een oog op die privaatswembad en ’n aanvallige eikeboom.

Dis die klein gebaartjies wat die verskil maak. Vars blomme in ’n vaas, baldadige swemhanddoeke, laprose op die verwelkomingsbriefie langs die bed en in die badkamer. Dit was ’n uitdaging om te besluit watter een van die luukse badprodukte ek saam met my in die badwater wou hê. Soos alles by The Last Word, omgewe die geure jou subtiel en word jou sintuie byna ongemerk betrek. ’n Besondere lekkerte was dat ek en my vriendin vooraf enkelbeddens kon aanvra en boonop tussen ’n duvet en lakens en komberse kon kies.

Omdat die swembad voor The Last Word Constantia se leefvertrekke met sonkrag verhit is, het ek vir ’n vroegoggendswemsessie kans gesien. Langs die swembad het ek my verkyk aan die grootste stuk rooskwarts wat ek nog ooit teëgekom het. En dan is daar die tuin – een wat woorde kwalik kan beskryf. Bougainvillea, marmaladebos, melkbossie, takbokvaring, olifantsoor, kanna, dahlias, sterblom … elke plant kennelik sielsgelukkig.

Dit was nie maklik om dié plek van vrede te groet nie. Ek het egter ’n voëltjie hoor fluit dat hier die heerlikste high teas aangebied word. Waar is daardie wenslysie van my?

Die frase op die brosjure sê dit soos dit is: The Last Word in Intimate Hotels.

Meer inligting by 021 7942036, F 021 7942069, info@thelastword.co.za of www.thelastword.co.za

Knoop dit in jou oor dat die tariewe ontbyt en alle drankies insluit. Daarby kan jy die inhoud van die minikroeg gratis gebruik. Hou die webwerf dop vir spesiale aanbiedings.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.