kategorieë: Reis

The Last Word Long Beach, Kommetjie

Die hotelpersoneel van hierdie pragbestemming op Kommetjie is behulpsaam en dit maak jou besoek heerlik gemaklik. Die mense wat die privaathotel met jou deel, praat verskillende tale en dit voel asof jy êrens in die buiteland is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Roosblare is oral in jou kamer te sien. Alles is skoon en netjies en ruik soos blomme. Ek weet nie of die rooi roosblare “aspris” was om besoekers uit die rooi rose-kantoor te verwelkom nie, maar ek het gedink dit is nogals oulik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die elegante slaapkamer het sy eie stoep met ’n tafeltjie, sambreel en stoele vir daardie perfekte Kaapse somersdae. Jy kan ook jou strandhanddoeke by die huis los – in jou kamer kry jy swemhanddoeke én ’n groot sonhoed.

Stap af met die hotel se trappies, tot op die strand. Daar is ’n privaathekkie waar jy direk van die hotel tot op die seesand kan loop. Daar sal jy ook branderplankryers sien wat die branders trotseer – maak nie saak in watter seisoen jy daar gaan kuier nie.

Die hotel het sy eie restaurant waar jy ’n heerlike ontbyt of drie gang-aandete kan geniet. Jy het ook die keuse om dorp toe te ry (2 minute ver) en by Fishermans of The Lighthouse iets te gaan eet. Ek beveel aan dat jy die hotelontbyt probeer – die piesang-, spek- en heuning-French Toast is ’n absolute moet!

As jy op soek is na ’n naweek propvol bederf, is The Last Word Long Beach Hotel definitief die regte keuse. Jy het amper nie eens nodig om meer as jou klere en tandeborsel in te pak nie. Hulle sorg vir die res.

Wat benodig jy vir jou besoek?

• ’n Lekker boek – jy kan rustig op die bed lê of op een van die rusbanke in jou kamer sit en lees.

• Swemklere vir die swembad wat op die see uitkyk.

• Skootrekenaar (daar is onbeperkte Wifi).

Sodat jy weet

• Gaste kan kies tussen “elegant suites”, ’n “junior suite” en “superior double hotel rooms”.

• In elke kamer is daar: vars blomme, ondervloerse verhitting, verhitte handdoekrelings, lugversorging, ’n komplimentêre tee- en koffieskinkbord, sjerriekraffie, privaatkluis, kamerjas en pantoffels, elektroniese wekkers, haardroër, platskerm TV en DVD-speler met beperkte satelliet-TV, telefoon, 300 draad-katoenlinne.

• Daar is veilige parkering.

• Spa-behandelings word op versoek gereël.

• Die klem op persoonlike diens en die teenwoordigheid van ’n “in-house” chauffeur en reisbeplanner beteken dat uitstappies in die omgewing volgens jou smaak beplan kan word – of jy nou die natuur wil geniet of belangstel in die Slangkop-vuurtoring, ’n township-toer, stap, bergfietsry, of watersport.

Spesiale aanbod

Bespreek vir 3 nagte en betaal vir twee (geldig tussen Mei en Oktober 2016). Meer inligting by www.thelastword.co.za/en/accommodation/long-beach-hotel/

Kontakbesonderhede

Tel: +27 (0)21 794 2036
E-pos: info@thelastword.co.za
Webtuiste: www.thelastword.co.za

The Last Word Intimate Hotels het drie hotelle

• The Last Word Long Beach
• The Last Word Constantia
• The Last Word Franschhoek

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Rolene Strauss deel haar storie oor MIV

Na die geboorte van haar eerste seun in 2017, het sy haar mediese studies voltooi…

14 hours Gelede

“Mamma, jy speel nooit saam met my nie!” Hoekom speeltyd so belangrik is

Deur Tanya de Vente-Bijker “Mamma, kan jy asseblief kom speel? Asseblief, net ʼn rukkie? Jy…

16 hours Gelede

Basiese kragsoppe

Ons Suid-Afrikaners hou van lekker vleiserige kragsoppe of “broths”, soos die Engelse dit noem. Dié…

19 hours Gelede

Die twee kante van Luan Jacobs in ‘Diepe waters’

Vertel ons meer van jou karakter. Ek vertolk die rol van Damian. Hy is ’n…

20 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Binnelanders-nuweling, Deoudoné van der Merwe

Jy kan dalk dink Deoudoné van der Merwe se TV-loopbaan het laas jaar met ’n…

4 days Gelede

Verruklike winterpizza

Verruklike winterpizza met gekaramelliseerde uitjies, crème fraîche, orego en tiemie. Resep deur Vickie de Beer

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.