kategorieë: Bekendes

The Parlotones : uncut

Kahn, die hoofsanger van The Parlotones, is oorspronklik van Belgiese afkoms, maar het saam met die ander drie lede, dromspeler, Neil, Paul  wat kitaar speel en sy jonger boetie, Glenn, wat die klawerbord en baskitaar speel, in Roodepoort grootgeword. Hulle was egter nie van kleins af vriende nie.
“Ons was almal in dieselfde Laerskool, Discovery Primary en toe na West Ridge High. Kahn het saam met een van my vriende rugby gespeel, en so het ek hom leer ken,” vertel Neil. “Ons twee het toe in my ouers se garage begin ‘musiek maak’.” Kahn en Neil lag.
“Ons het natuurlik gedink dat ons goed was, maar het aaklig geklink! Nou wil die bure hê ons moet terugkom en ’n vertoning in die straat kom hou,” sê Neil.
Neil en Paul het weer in ’n cd winkel in Westgate aan die gesels geraak oor hulle drome om ’n band te begin, en in November 1998 het Paul hom by Kahn en Neil se garage sessies aangesluit. Paul se jongste boetie, Glenn het ook kom saamspeel, maar moes eers skool klaarmaak, en het toe weer by hulle aangesluit.
Kahn se selfoon lui, dit is Paul wat wil weet waar ons sit en Kahn en Neil lag altwee lekker vir Paul wat maar soms deur die blare kan wees.
Na skool het Kahn en Paul altwee BA Kommunikasie by RAU gaan studeer terwyl Neil sy internskap by Mercedes Benz gedoen het en by die tegniese college in Smitstraat Johannesburg gestudeer het.
Kahn het later ’n verkoopsagent en finansiële raadgewer geword, Paul het rekenaarprogramme vir tandartse geïnstalleer en Neil het gevorder tot voorman en later diensbestuurder by Mercedes Benz. Glenn het onderwys geswot, en tussendeur het hulle aangehou oefen in die garage – vier aande per week van 18:00 – 22:00.
Hulle musiek het ’n wonderlike manier om te spreek tot die verloorders en onderdruktes van ons samelewing – die Parlotones is ware ‘champions of the underdog’.
“Almal gaan maar deur ’n fase waar hulle so voel en die punt van musiek is om jou op te beur.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Kahn Morbee (31) Hoofsanger en liedjieskrywer

Wat irriteer jou? Die water en ligte afdeling van Johannesburgse Stadsraad. (En die ander drie beaam dit – hulle moet aanhoudend hoor hoe Kahn baklei oor ’n rekening vir ’n huis wat nie syne is nie).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Neil Pauw (32) Dromspeler

Neil se ouers bly steeds in Roodepoort en hy is die jongste van twee kinders. Sy broer is getroud en het twee kinders. Neil het nog nie trouplanne nie,
Gunsteling boek: The Cellar deur Richard Laymon, ’n ware storie. Ek hou van misdaad stories
Wat irriteer jou? Ek word nie sommer kwaad nie, maar raak maklik geïrriteerd met klein dingetjies – partykeer sommer net klein simpel goedjies, soos iemand wat fluit. (En Kahn trek los met ’n demonstrasie.)
Kyk of doen jy enige sport? Ek gaan verseker sokker kyk en hou van krieket. Ek speel ook golf, veral saam met Kahn en Glenn.
Enige ander stokperjies? Ek skilder.
Wat sal jy eerste gryp as jou huis af brand? My diere, ek het vier katte. Ek gee nie regtig om oor materialistiese goed nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Paul Hodgson (33) Kitaarspeler

Paul en Glenn het nog ‘n boetie, Simon, wat ook betrokke is by musiekproduksies vir die kerk.
Gunsteling kos: Ek hou van eenvoudige kos. Jy kan enige dag vir my ’n burger en skyfies gee. My vrou maak hoofsaaklik vir ons kos. Voor ek getroud is, was ek so ’n maer ou dingetjie, nou lyk dinge anders.
Wat moet ‘n vrou nie doen as sy jou wil beïndruk nie? Ek word afgesit deur meisies wat baie ‘loud’ is en vloek, veral as dit is om jou te beïndruk.
Watter waardes is vir jou belangrik: Eerlikheid en integriteit.
Wat laat jou huil? Nie baie nie, maar ek het gestraand die Pixar fliek ‘Up’ gekyk en gehuil. Die begin was so hartseer.

Glenn Hodgson (27) Klawerbord en baskitaar speler

Glenn is die jongste lid van die Parlotones en Paul se jongste boetie. Hulle het nog ’n middel boetie Simon. Glenn is getroud met Natasha.
Gunsteling Parlotones liedjie: Ek hou van ‘Only human’.
Gunsteling plek: Internasionaal, is dit Stuttgart in Duitsland, maar dan is daar natuurlik ook net geen ander plek wat so lekker is as by die huis in Johannesburg nie.
Kan jy kook: My vrou werk van 9 – 5, so in ons huis maak ek hoofsaaklik kos as ek kan, en sy het nog altyd van alles gehou. Ek eet nie vleis nie, maar wel vis.
Wat irriteer jou: Klein goedjies wat nie reg is nie.
Watter Afrikaanse sanger of groep respekteer jy? Fokofpolisiekar
Watter waardes is vir jou belangrik: Familie en om te hou by dit waarin jy glo.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.