kategorieë: Reis

The Vineyard Hotel & Spa, Kaapstad

Naam
Martie Pansegrouw

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Waar ons was
The Vineyard Hotel & Spa

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ligging
Colinton Road (net af van Protea), Newlands, Kaapstad

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Soort akkommodasie
Luuks, gerieflik, maar ook gerig op families. Die hotel het al vele nasionale en internasionale toekennings gewen

Tariewe
Bel ontvangs by 021 657 4500 of stuur ’n e-pos na hotel@vineyard.co.za

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Atmosfeer
Baie besonders, deurdrenk van meer as 200 jaar van Suid-Afrikaanse geskiedenis. Pragtig geleë in ’n boomryke area aan die voet van Tafelberg en genestel aan die Liesbeekrivier. Die outentieke Thaise Spa is uit ’n ander wêreld.

Wie almal daar was
Martie Pansegrouw en Patti Garlick

Wanneer
15 en 16 Oktober 2012

Waar ons oorgeslaap het
Junior tuinsuite

Waar ons geëet het
The Square Restaurant – heerlike uitgebreide ontbyt en intieme of groep-aandetes. Daar is ook nog ‘n restaurant, Myoga Restaurant, bekend vir soesji en fusion-kos

Wat het dit onvergeetlik gemaak?
Die besonderse geskiedenis van die plek – ’n baie naby verwantskap met die Ou Kaap en spesifiek Lady Ann Barnard – en die ongelooflike mooi ligging in die lowergroen streek aan walle van die Liesbeek.

Wat omtrent die plek of die mense het jou gefassineer?
Die moeite wat hulle doen om besoekers deel te maak van die skoonheid en geskiedenis van die plek. Daar is brosjures en boeke in die kamers beskikbaar waarin jy meer kan lees van die geskiedenis van die oorspronklike opstal.

Spesiale aanbod
Kyk uit vir gereelde spesiale aanbiedinge op hul webwerf.

Funksies
Daar is gereelde wynproegeleenthede waar verskeie kelders hul wyne bekendstel. Kyk byvoorbeeld in Maart uit vir die Cape’s Finest MCC Festival waartydens soveel as veertien van die beste vonkelwyne van die Kaapse wynstreek in die pragtige tuine saam met die heerlikste happies bedien sal word. Bespreking is noodsaaklik.

Daar is ook gereelde begeleide toere van die tuine wat ’n oggendtee insluit. Kontak die hotel vir meer inligting.

Verdwaal in die lower langs die Liesbeek

Ek het al in die verlede in die klassiek-mooie The Vineyard hotel oorgebly, en was telkens van voor af beïndruk met die ambience, die puik diens, die warmte van die mense. Tydens ’n vorige besoek aan die spa kon ek ook die topstandaard van hul geriewe en die skoonheid van die ligging daarvan in die tuin waardeer. Hierdie keer het ek egter voor ontbyt by die skuifdeur van my Junior Suite direk in die tuin uitgestap en ’n bietjie verken. Die tuin is pragtige uitgelê met nadruk op inheemse plantegroei met pragtige wandelpaadjies waarlangs besoekers kan verken. Die bome is ook benoem met naamplaatjies, wat dit nog meer interessant maak.

Die vorige aand het ek vredig in die sitkamergedeelte van my kamer ’n boek oor die oorspronklike opstal sit en deurblaai en so vasgevang geraak in die romantiese geskiedenis van die plek en Lady Ann Barnard se beskrywing van hierdie, hul “little country cottage” en hoedat dit die kern van die Ou-Kaapse kultuurlewe geword het, dat ek nie eens die TV-stel aangeskakel het nie. Ek het sodoende deurdrenk van die romantiek van die plek aan die slaap geraak in my gerieflike moderne bed.

Ek sou graag glo dat daar geen beter plek in die Kaap is om spesiale geleenthede te vier nie. Algemene Bestuurder Roy Davies het later by ontbyt my indruk beaam en agtergrond gegee oor die hotel, hul filosofie van aandag aan die kleinste detail en persoonlike diens van hoogstaande gehalte uitgelig. Hierdie benadering van hulle maak ’n groot verskil aan hulle werknemers se houding en aandag aan selfs die kleinste behoeftes van kliënte. Hy het genoem dat hul gaste van die Kaap maar ook van oorsee het wat gereeld terugkom om spesiale oomblikke in hulle en hul families se lewens daar te vier.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.