kategorieë: In die nuus

Titanic: 10 feite wat jy nie geweet het nie

Ons kyk terug na die leefstyl op die Titanic en gee jou die kans om terug te gaan in geskiedenis.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
  1. Daar was ’n gimnasium, swembad, Turkse bad, hondehokke vir eerste-klas passasiers se honde, ’n muurbalbaan en ’n eie koerant aan boord. Die passasierskip se dekor is deur die Ritz Hotel in Londen geïnspireer.
  2. Daar was genoeg drank en sigare vir eerste-klas passasiers: 20 000 bottels bier, 1 500 bottels wyn en 8 000 sigare.
  3. Dit het 20 perde geneem om die skip se anker te vervoer.
  4. ’n Totaal van 100 000 mense het op 31 Mei 1911 na die bekendstelling van die skip gekyk.
  5. Eerste-klas passasiers het ’n 11-gang maaltyd genuttig voor die skip die ysberg getref het.
  6. Die laaste oorblywende oorlewende van die ramp, Millvina Dean, het in 2009 op die ouderdom van 97 gesterf. Sy was twee maande oud toe sy aan boord van die Titanic was.
  7. Altesame 26 paartjies aan boord was op wittebrood.
  8. Musikante het twee uur lank musiek gespeel terwyl die skip gesink het.
  9. Die begroting vir die 1997 rolprent Titanic was groter as die begroting vir die bou van die skip self.
  10. Die ysberg wat die Titanic gesink het, het na bewering sy reis rondom 1 000 vC begin.

(Bronne: www.factslides.com; www.telegraph.co.uk)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); } '); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose
Tags: titanic

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

7 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.