kategorieë: Ontspanning

Abraham-karakters gesels

Abraham is Jans Rautenbach se eerste film in 30 jaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die film vertel die verhaal van Abraham (Dann-jacques Mouton), ’n kunstenaar en dromer van Kannaland in die vroeë 1980’s. Abraham is ’n toegewyde familieman wat sukkel om finansieël vir sy jong vrou, Katie (Chantell Phillipus), en hul vierjarige dogtertjie te voorsien. Abraham se kreatiewe deursettingsvermoë lei hom na sy jong weldoeners, Jong Jans (Hannes Müller) en sy vrou, Almeri (Franci Swanepoel).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Abraham en Katie trek na ’n nuwe huis waar Abraham vir Jong Jans begin werk. Katie se worsteling met alkoholisme en haar geestesgesondheid bedreig egter die gesin se geluk. Abraham ondersteun sy vrou ten volle, maar sy ambisie maak hom onrustig. Abraham droom daarvan om bo sy omstandighede uit te styg en sy merk deur sy kuns te maak. Die ellendige werklikheid van sy situasie hou hom egter terug.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Abraham is ’n tragiese dog inspirerende storie deurtrek met musiek van Kannaland; ’n intieme, emosionele kyk-ervaring, geskryf, vertel en onder die regie van Jans Rautenbach.

Abraham word op 16 Oktober 2015 vrygestel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

HANNES MULLER – JONG JANS

Jy speel die rol van Jong Jans. Wat was die grootste uitdaging van die rol?
My grootste uitdaging was om gestalte te gee aan so ’n legende, om oom Jans uit te beeld, maar hom ook my eie te maak.

Hoe het jy Jans Rautenbach as regisseur ervaar?
Jans as regisseur is ‘n eens in ‘n leeftyd ervaring. Hy werk op ‘n heel ander vlak as enige regisseur waarmee ek al gewerk het. Sy visie is besonders sterk en hy kommunikeer met sy akteurs met ‘n emosionele woordeskat wat raar in ons bedryf is.

Wat is die een ding wat jy altyd sal onthou van jou tyd op stel?
Ons het die voorreg gehad om vir agt weke ‘n geslote stel te hê met die gevolg dat almal totaal op die film kon fokus. Dit het soos een groot familie gevoel en die mense van die omgewing het ons ingeneem en deel van hulle gemeenskap gemaak.

Wie sal Abraham geniet?
Dis nie ‘n popcorn-fliek nie. Ek dink dis vir ‘n ouer, uitgelese gehoor.

Wat maak hierdie film anders as ander Afrikaanse flieks?
Daar is lanklaas ‘n film met soveel ervaring en vernuf gemaak. Ons het ook die luukse van tyd gehad en daar was met ander woorde geen kompromie nie. Die emosionele impak van die film is uniek.

FRANCI SWANEPOEL – JONG ALMERI

Jy speel die rol van Almeri. Wat was die grootste uitdaging van die rol?
Dis ‘n groot uitdaging om ‘n formidabele mens en vrou soos Almeri te vertolk. Sy is ‘n lieflike mens en ek dink haar toewyding is ‘n storie op sy eie.

Hoe het jy Jans Rautenbach as regisseur ervaar?
Oom Jans is die regisseur wat my die meeste ooit geleer het. Hy het ‘n oog, hy het ‘n gevoel en hy het ‘n hart.

Wat is die een ding wat jy altyd sal onthou van jou tyd op stel?
Ek sal altyd die lekker tye saam met DJ, Hannes en Jill Levenburg (sy speel die rol van Beulah) onthou. Ons het ‘n baie hegte vriendskap gesmee.

Wie sal die film geniet?
Enigiemand wat ‘n hart het en wat ‘n kunswerk van die meester van Afrikaanse films wil sien sal dit geniet. Die storie van Abraham is hartroerend en aangrypend.

Wat maak hierdie film anders as ander Afrikaanse flieks?
Ek dink die film is ‘n juweel. Dis oom Jans se eie storie, daar is geen pretensie nie. Die spel van DJ Mouton is uitmuntend. Oom Jans werk nog op die “outydse” manier en dit wys dat die hart van ‘n film draai om die storie wat vertel word.

DANN-JACQUES MOUTON – ABRAHAM

Jy speel die rol van Abraham. Wat was die grootste uitdaging van die rol?
My grootste uitdaging was om ‘n eerlike vertolking te gee. Om dit te kan doen, was dit belangrik om die karakter te verstaan in die landskap waar hy homself bevind het.

Hoe het jy Jans Rautenbach as regisseur ervaar?
As ek nou daaraan dink, was ek baie intimidated om te begin, maar sodra ek sy process begin verstaan het, was dit net ‘n kwessie van om hom te vertrou. Ek het meer van spel op film geleer in die tyd toe ons Abraham geskiet het.

Wat is die een ding wat jy altyd sal onthou van jou tyd op stel?
Die een ding wat ek onthou en saam met my dra, was die support van die crew en my medespelers. Ook die passie en liefde waarmee ons Abraham geskiet het. Niemand was groter as die projek nie. Almal het bygedra om Abraham se storie te vertel – crew, wardrobe, extras, spelers, DOP, regisseur…

Wie sal die film geniet?
Ek dink enige mense wat drome het en dit wil bereik sal die film waardeer en geniet. Dis ‘n menslike storie. Die hele Suid-Afrika en selfs internationals sal dit geniet.

Wat maak hierdie film anders as ander Afrikaanse films?
Net om te dink dat natural beligting gebruik is, set dit Abraham apart van ander Afrikaanse flieks in Suid-Afrika.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.