kategorieë: Bekendes

Tom Hanks: ’n man soos min

Tom Hanks is verbasend lank. Sy lemmetjiegroen oë blink soos albasters terwyl hy probeer bepaal of jy sy grappie gesnap het. Hy is vlymskerp en met sy kwinkslae toets hy jou intelligensie. Hy sê dikwels opsetlik goed wat ander mense net sal dink. Ons ontmoet mekaar op ’n yskoue dag by die Ritz Carlton in New York. Tom met ’n bofbalpet en gemaklike klere bars die ene energie by die vertrek in en begin dadelik met die joernaliste gesels en skerts. Hier onthou hy ’n naam, daar terg hy iemand oor die ouderdom … Anders as baie ander akteurs staar hy nie met dowwe oë na die media nie. Tom Hanks kan ’n vertrek vol joernaliste om sy pinkie draai.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

As akteur is dit noodsaaklik dat jy dikwels moet reis en dus van die huis af weg moet wees. Is dit vir jou moeilik om ’n balans tussen jou loopbaan en gesin te kry?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Toe my vrou met my getrou het, het sy geweet ek werk nie in ’n bank nie. My kinders het grootgeword met ’n pa wat ’n vreemde werk doen wat dikwels ook sy haarstyl bepaal het. Dan verdwyn die haarstyl weer en Pa lê vir ’n lang ruk ledig by die huis rond (lag).

Ek het lank ver van die huis af gewerk, maar noudat hulle groot is, is dit vir hulle voordelig, want hulle gaan saam met my na plekke soos Boedapest en Marokko toe. Hulle is gewoond aan die eise van my werk. Dit sou dieselfde gewees het as ek ’n trokdrywer of nuusjoernalis was wat dikwels wêreldwyd moes reis.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wanneer het jou kinders besef jy is Tom Hanks?

(lag). Ek is net hul pa. Die enigste opwinding vir hulle was hul vriende se reaksie wanneer hulle agterkom wie ek is. Soms is dit of mense berserk word, en dan is ’n gewone vriendskap buite die kwessie. My kinders verstaan hoe roem werk en hulle hanteer dit so goed hulle kan. Maar ek bly hul simpel pa wat ’n paar goeie en slegte goed gedoen het, en wat hulle skool toe gevat het wanneer hy nie gewerk het nie.

Jy het al soveel onvergeetlike rolle vertolk. Watter karakters het veral tot jou gespreek?

Dis soos om te vra watter kind my gunsteling is. Die waarheid is dat jy elke karakter aanpak met alles wat jy het. Soms werk dit, soms nie. Ek het seker die meeste herinneringe aan Turner & Hooch, want met die fliek was dit een ding na die ander, en ook die voortslepende emosionele oorlog oor hoe om die verhouding tussen my en die hond vas te vang. En as ek nou daaraan dink, wonder ek wie gee regtig om?

Wanneer jy ’n rol kry, gooi jy jou vir agt tot 16 maande met oorgawe daarin en dit neem jou lewe oor. Dit het sewe jaar geduur om Castaway te maak. Soms gaan jy deur ’n rou, emosionele proses om ’n fliek te maak, maar dit beteken nie die betrokke fliek is beter as ’n ander een nie. Jy kan net jou bes doen en hoop jy weerspieël die regte ding.

Borskanker is onlangs by jou vrou gediagnoseer en sy het dit gebruik om ander vroue te help. Hoe het dit julle gesin geraak?

Dit was haar besluit. Wanneer so iets gebeur, gaan staan alles stil en ’n mens hanteer dit. Ons is nou op die ouderdom waar die soort goed gebeur. Ons was baie gelukkig omdat ons die beste sorg in die wêreld kon bekostig en was baie bewus van hierdie seëning. Die res was Rita se keuse. Ek dink sy was baie dapper om dit doen. Jy kan dit stil en privaat hou, of jy kan sê “Ek het borskanker en dis wat ek gedoen het.”

Almal weet dis ’n gevreesde siekte, maar jy kan nie glo hoe dit ’n mens se lewe verander nie.  Sy het verlede Desember gehoor en Kersfees en Nuwejaarsdag was soveel anders as ander jare. En nou in Oktober is sy klaar met haar behandeling. Dit was ’n moeilike nege maande. Al wat ek nou kan doen, is om my vrou se dapperheid te bewonder en dankbaar te wees dat dit verby is.

Ongelukkig is daar mense wat dit as ’n geleentheid sien om geld uit jou te probeer maak. Daar is kwakke wat nuttelose behandelings aan jou probeer afsmeer, hulle verkoop vals hoop, en dis moeilik om dit raak te sien.

Vlieg jy privaat of kommersieel wanneer jy reis? Het jy al ooit in die ekonomiese klas gevlieg?

Dis onmoontlik om ’n kommersiële vlug as ’n heerlike ervaring te beskryf! Die antwoord op jou tweede vraag is nee. En jy hoef ook glad nie skuldig of sleg te voel omdat jy dit kan bekostig om ’n privaat vliegtuig te huur nie. Ek voel nie skuldig nie (lag).

Ek glo jy moet al die moontlike doen om kommersiële vlugte te vermy, want dis soos om in ’n beestrok te ry. Ek sal eerder treinry. Wanneer jy ’n fliek maak waarvoor jy moet reis, dink jy hulle gaan jou in weelde tot by jou bestemming laat vlieg. Fantasties! Dan klim jy op die vliegtuig, en dit is nie ’n groot vliegtuig nie, maar dis gemaklik – mits daar vier mense op die vlug is.

Dis steeds gemaklik wanneer daar ses mense op die vlug is, maar wanneer daar 14 mense op een klein vliegtuigie is, is dit nie so lekker nie. Moenie oordeel omdat ek van private vliegtuie hou nie. Jy sou dit ook gedoen het as jy kon.

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.