kategorieë: DekorLeefstyl

Toor met Terracotta

Die woord “Terracotta” se oorsprong is van Latyns se terra cocta wat beteken “gebakte aarde”. Hierdie klei-tipe materiaal kom al vir jare saam met tuinmaak en selfs eetware. Dit gee ’n absolute “vanuit-die-aarde” gevoel wanneer dit deel word van jou huis se dekor. Dit skep ook ’n herinnering aan argitektuur, wanneer ’n mens dink aan al die beelde of geboue wat daaruit gemaak is. Terracotta is ’n ongeglansende tekstuur wat ’n growwe bydrae lewer tot dekor.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die meeste van ons is gewood aan die gewilde Terracotta-potjies wat gebruik word vir kruie of ander plantjies. Die potjies is natuurlik een van die algemeenste gebruike van Terracotta, maar deesdae kan jy selfs die kleur van Terracotta navors en sien dat daar baie meer gebruike na vore kom.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Potte

Met al die waterbeperkings is dit makliker en beter om jou kruie in aparte bakkies in jou kombuisvenster uit te stal. Die Terracotta-potjies is eg en plastiek werk nie in almal se kombuise nie. Om jou kruiepotjies meer modern te laat lyk, kan jy dele daarvan verf. Jy kan selfs wit kant-materiaal gebruik om die boonste randjie te versier. Onthou om te kyk dat die potjies wat jy koop ’n gaatjie het vir goeie dreinering.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Teëls

Die gebruik van teëls is deesdae ook ’n groot gier. Terracotta-teëls is nou ook meer modern omdat dit met patrone versier word. Egte teëls is duurder as viniel, maar wanneer jy ’n klein spasie het, kan jy dit netsowel gebruik. Maak dit ’n fokuspunt. Die gebruike van teëls is ook eindeloos: vloere, ’n bad se raamwerk, mure, stoepe, vensterbanke, en so meer.

5 areas met Terracotta

1. Vloere

Gebruik Terracotta-teëls of bakstene om ’n warm gevoel by jou kaggel-area te skep. Gooi ’n mat oor die teëls/bakstene sodat ’n deel daarvan steeds uitsteek. Die mat dra by tot hitte vanaf die vloer en gee ook kleur indien jy dit wou hê. In die somer kan jy net die mat verwyder vir koeligheid onder jou voete.

2. Badkamer

Hier kan jy ’n raam om jou spieëls versier met teëls of selfs jou bad se hele raamwerk.

3. Mure

Mure kan van onder af boontoe met Terracotta-bakstene bedek word sodat dit ’n fokuspunt is in ’n vertrek (soortgelyk aan die gebruik van muurpapier as fokuspunt). Hier kan jy nou jou handdoeke of skilderye ophang.

4. Stoep

’n Klein stoep kan maklik verweer, maar met die gebruik van growwe bakstene of teëls kan jy dit maklik onderhou en selfs later verf.

5. Vensterbank

’n Vensterbank is soos ’n hangrakkie in jou huis. Veral by jou kombuis sal pragtige patroon-tipe teëls mooi aan die buitekant werk. Sit dan jou potjies aan die binnekant om die kruie te kan gebruik.

Produkte met Terracotta-inspirasie

Deel
Gepubliseer deur
Greta Gericke

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.