kategorieë: Ontspanning

Top wyne in vanjaar se Terroir-kompetisie aangewys

Deur: Clifford Roberts. Foto’s: Clifford Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

‘n Algehele 264 wyne het vanjaar by hierdie kompetisie ingeskryf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Kompetisie-sameroeper Bennie Howard was op sy pos met onderhoude met die borge van die geleentheid, onder andere Dawrian Salies, HUB van SA Litho.
Meer as 260 wyne het vanjaar ingeskryf vir beoordeling deur die SA Terroir-toekennings.

Die wenners is by die Lanzerac Wynlandgoed op Stellenbosch aangekondig.

Bo-aan die lys was vyf trofee-wenners, naamlik Alto Cabernet Sauvignon 2018, gekies as vanjaar se beste wyn; Rietvallei Wyne, as beste produsent en wynlandgoed; Arbeidsgenot Wyne wat die Malmesbury-streek verteenwoordig, vir beste area; en, Slanghoek Wynkelder se Vinay Vin Rosé NV in die kategorie vir lae alkohol rosé.

Alto Wynlandgoed se Bertho van der Westhuizen (links) het die trofee vir beste wyn by Christo Pienaar, voorsitter van SANWSA (Suid-Afrikaanse Nasionale Wynskou-vereniging) ontvang.
Almenkerk Wingerde se Joris van Almenkerk het die trofee vir beste enkelwingerd-wyn ontvang. By hom is SANWSA-voorsitter, Christo Pienaar.

Dit is die derde agtereenvolgende jaar dat Rietvallei met die trofee vir Beste Landgoed wegstap.

Nasionale wenners van al die kultivars en style is ook aangewys en het vanjaar 35 produsente van regoor die Kaapse wynlande ingesluit.

Vanjaar se beste produsent en wynlandgoed was Rietvallei Wyne. Wynmaker Kobus Burger (links) het die trofee van Christo Pienaar ontvang.
Jaco Brand van Arbeidsgenot is uitgesonder in die kategorie vir beste area-verteenwoordiger. Hy het die trofee by Christo Pienaar van SANWSA ontvang.

Die uitblinkers se sukses berus op goeie besluite, byvoorbeeld, waar kultivars geplant word omdat sommige vaar beter op sekere plekke as ander, en dan is daar ook die komplekse wynmaak-proses. Die mikpunt vir meeste premium-produsente – en beslis vir dié wat by die kompetisie ingeskryf het – is om die egtheid van ‘n spesifieke oesjaar so helder as moontlik in die wyn te weerspieël.

Dit is hiervandaan dat die Franse woord terroir sy ontstaan het. Terroir word algemeen gebruik om die natuurlike omgewing te beskryf waar ‘n wyn sy oorsprong gehad het. Dit sluit in onder andere grondtipes, hellings en klimaat.

Die wenners is by Lanzerac op Stellenbosch tydens ‘n swierige middagete-funksie aangewys.
Goeie wyne verg natuurlik ’n goeie spyskaart en die sjefs by Lanzerac het nie teleur gestel nie.

Om aan die Terroir SA-kampioenskap deel te neem, moet wyne gesertifiseer wees as enkel-wingerd wyne, landgoed-geproduseerde wyne en wyne van ‘n afdeling of distrik nie betrokke in meer as een afdeling. Wyn word ten opsigte van kwaliteit oorweeg, maar ook ten opsigte van ‘n sy bo-gemiddelde weerspieëling van terroir. Die kompetisie is uitsonderlik omdat elke inskrywing deur die hele paneel van vyf spesialiste beoordeel word.

Die SA Terroir-toekennings is ‘n uitvloeisel van die Wyn van Oorsprong-skema wat vanjaar 50 jaar oud is. Dit is in 1973 ingehuldig en het verskeie gedaantes ondergaan, maar word steeds beskou as een van die beste stelsels om die egtheid van wyn in die bottel en wat op die etiket verskyn, te bevestig.

Onder die geregte bedien was ‘n snoek-en-mielie sop.
Vir die hoofgereg het gaste ‘n beeshaas en gestoofde beeswange uit Lanzerac se kombuis geniet.

Verskeie slaaidisse is ook bedien.
Nagereg by die ete was heuning-geposjeerde peer.

Tydens die geleentheid op Stellenbosch verlede week is ‘n spesiale toekenning ook aan die Wyn en Spiritus-raad vir hul bydra tot die volgehoue sukses van die Wyn van Oorsprong-skema.

Die funksie is Saterdag op KykNet se Ontbytsake uitgesaai.

Lees ook: Hierdie is geen geloofsdaad, maar van talent

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

4 minutes Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.