kategorieë: DieetGesondheid

Eet die regte kos om jou niere te ondersteun

Die meeste van ons beskou ons hardwerkende niere as vanselfsprekend. Soos vir al ons ander belangrike organe, is daaglikse gesonde gewoontes ook goed vir ons niere. Fisieke oefening en genoeg slaap is baie belangrik vir algehele gesondheid en die kos wat ons elke dag kies om te eet ook. Ons niere is verantwoordelik daarvoor om van gifstowwe en afval ontslae te raak. Dit balanseer ook die vloeistof in jou liggaam, beheer bloeddruk en dit hou jou bene gesond.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hoë bloeddruk, diabetes en vetsug – kwessies wat algemeen oor die land is – plaas baie druk op jou niere en kan tot chroniese niersiekte (CKD) en nierversaking lei. Die resultaat hiervan is dat jy ’n dialise of ’n nieroorplanting sal moet kry voor die toestand vererger.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: 7 maniere om jou hoë bloeddruk te verlaag

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Danksy vooruitgang in die voedselwetenskappe, is voedselmaatreëls hersien vir mense wat die risiko loop om met CKD te leef. ADSA (die Vereniging van Dieetkundiges in Suid-Afrika) se woordvoerder, dr Zarina Ebrahim, ’n geregistreerde dieetkundige en dosent aan Universiteit Stellenbosch en Lynette Cilliers, ’n geregistreerde dieetkundige by Groote Schuur-hospitaal, werk saam met mekaar om voedsame ondersteuning en versorging voorop te stel by pasiënte wat met niersiekte leef. In die verlede het mense, wat met CKD leef, ’n reeks streng dieetbeperkings in die gesig gestaar. Lynette sê: “Die vryheid wat die nuwe voedselriglyne vir pasiënte met CKD bied, bring ’n sprankel van hoop ná ’n vorige benadering wat ’n donker vooruitsig gegee het.”

Sy verduidelik: “Ons het wegbeweeg van die verouderde ‘mag en mag nie’-lys na ’n meer gebalanseerde benadering tot gesonde kos. Dis belangrik dat mense wat met CKD leef, nie aan wanvoeding moet ly nie en steeds ’n goeie lewensgehalte moet geniet. So ons het terug na die basiese beginsels van ’n gesonde en gebalanseerde voedselinname gegaan: Ons hou dit eenvoudig en natuurlik deur kosse soos volgrane, groente en vrugte in te sluit, en oorverwerkte kosse met toevoegings te beperk. Hierdie transformerende benadering is goed vir die hele huishouding en dit verbeter die fisieke, psigososiale en finansiële gesondheid van die gesin wat deur die effek van iemand wat met die risiko van niersiekte leef beïnvloed word.”

Hoewel die voedselriglyne goed is vir iemand wat graag na die gesondheid van hul niere wil kyk en ook dié wat die gevaar loop om niersiekte te kry, noem dr Zarina dat dié wat met CKD leef geïndividualiseerde voedingsriglyne nodig het, wat die stadium waarin hul siekte is, hul huidige gesondheidsbepalings en hul behandelings in ag neem. Sy sê: “Die doel vir pasiënte met CKD is om die druk op die niere deur kos te verminder. Dit beteken dat jy mooi moet kyk na die proteïen-, kalium-, fosfaat- en natriuminhoud van die kos wat jy eet. Werk saam met ’n dieetkundige op jou gesondheidsplan om ’n gesonde eetplan op te stel wat jou eetvoorkeure, gesinslewe en huishoudelike begroting sowel as jou gesondheidsbehoeftes in ag neem.

Wat egter weer benadruk moet word hier, is dat die voedselriglyne wat vir mense wat met CKD leef, net so goed vir almal is.

Dr Zarina sê: “in die algemeen wil jy ’n gesonde gewig handhaaf. Jou fokus, as dit by kos kom, moet op ’n verskeidenheid van gesonde kosse wees, wat vir jou die regte balans van energie en proteïne sal gee. Kies vetvrye proteïenopsies, soos hoender sonder die velletjie aan, vis en laevet-suiwelprodukte. Sluit plantproteïne soos boontjies en lensies in. Volgraankosse, soos volgraanbrood, bruinrys en hawermout, is goeie keuses aangesien hulle heelwat vesel sowel as energie bied. Vermy kosse waarby sout bygevoeg is. Kies gesonde kosse waar moontlik deur kosse met toevoegings soos verwerkte of kitskosse te beperk, byvoorbeeld pasteie, soetgebak, polonie, worsies soos Weense worsies, tjips, pakkie sop en wegneemetes. Toevoegings bevat kalium- en fosfaatsoute wat baie vinniger in jou bloedstroom opgeneem word as uit natuurlike kosse. Dis problematies as jou nierfunksie afneem aangesien jou niere sukkel om hierdie minerale uit te skei. Maak seker dat jy alkohol heeltemal beperk of vermy.”

Lees ook: Die 5 beste oefeninge wat jy by die huis kan doen

Lynette en Zarina se topwenke vir niergesondheid:

  • Geniet wat jy eet. Eksperimenteer met verskillende resepte en bestanddele om gesonde en interessante disse te maak.
  • Dis nie die besluite wat jy nou en dan maak wat jou gesondheid en welstand verander nie. Dit is die daaglikse, klein dade wat ons lewe verander. Maak meestal gesonde kosbesluite om jou dieetpatrone te verander.
  • Beweeg. Oefening is nie ’n straf nie. Dit vier die feit dat jou liggaam kan beweeg. Maak dit pret. Jy hoef nie na die gim te gaan nie. Dans in jou woonkamer of gaan werk in jou tuin.
  • Wees wys oor die vloeistowwe wat jy inneem. Neem in gedagte hoeveel suiker en toevoegings daar in die drankie van jou keuse is. Neem jy genoeg vloeistowwe in vir wat jou liggaam nodig het? Skoon, veilige water behoort jou eerste keuse te wees.
  • Hou op met rook. Jou niere hou nie daarvan nie.
  • Wees op die uitkyk na afslag op gesonde kosse, aanlyn of in die winkels. Beplan jou maaltye vooruit. Dit sal koop en kook baie makliker, en ekonomies maak.
  • Pak gesonde kos werk toe, pleks daarvan om wegneemetes te koop.
  • Bestuur jou stresvlakke. Fisieke en emosionele stres beïnvloed jou algehele gesondheid en slaappatrone wat ’n verdere effek het op die kosse wat jy kies.
  • En laastens ken jou syfers. Gaan vir gereelde doktersondersoeke om te weet wat jou bloedsuikervlakke, bloeddruk en gewig is. Vroeë diagnose en bestuur van hoë bloeddruk of diabetes beteken dat jy kan voorkom dat dit in niersiekte ontwikkel.

Lees ook: Hoe gereeld moet ek my bloeddruk meet?

Vind ‘n dieetkundige in jou omgewing, besoek www.adsa.org.za

Lees ook: Belangrike dinge wat jy oor beroertes moet weet

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Hoe gedrukte foto’s jou kind se waarde bevestig

Hoe gedrukte foto’s jou kind se waarde bevestig versorg deur Mariette Snyman. Foto's Pexels “Gedrukte…

8 hours Gelede

Die regte medisyne vir verkoue

JY KAN jou seer keel en koors self dokter én stukke beter voel. Ons wys…

13 hours Gelede

Wynproe en stap: Die nuutste ervaring by Blaauwklippen

Woorde en foto’s: Clifford Roberts Ek wil glo dat, soos ek, elke nuwe staptog met…

1 day Gelede

Ontdek die topervaring waar alles met Club Med ingesluit is

As jy nie die konsep ken nie, stel ons jou graag daaraan bekend: Dis ’n…

1 day Gelede

Ons Moedersdaggeskenkgids: Kreatiewe geskenke wat wys jy gee om

rooi rose intekening Teken in of hernu jou intekening op die gedrukte weergawe vir net…

2 days Gelede

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.