kategorieë: Bekendes

Topsi Venter: inspirerende kosvrou

rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, het in 2005 met Topsi en ’n paar ander inspirerende kosvroue oor hul kos-inspirasies gesels. Hier is die uittreksel oor Topsi plus een van haar lekkerste resepte. Vir die res van die artikel met die ander inspirerende kosvroue, klik hier.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hoekom inspireer sy ons?

Topsi se passie vir ons land se kos inspireer almal wat haar vandag nog voor die kospotte sien staan. Daar is al na haar as die grande dame van Suid-Afrikaanse kookkuns verwys, en soos Jacqueline Leuvennink in rooi rose geskryf het: “Topsi se kos is soos sy: onverskrokke, veelkantig en nooit, ooit vervelig nie.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wie of wat inspireer haar?

Topsi onthou haar kinderdae as ’n bevoorregte tyd, en haar ma wat van elke maaltyd ’n fees gemaak het, bly haar vandag nog by.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sy sê op eie bodem het mense soos Sannie Smit, Marty Klinzman en Annette Kesler haar deur die jare in haar kookkuns gelei, en verder, oor die water, was dit Elizabeth David en Robert Carrier. Toe kom Renate Coetzee met C. Louis Leipoldt onder die arm, en toe voel sy nóú ervaar sy waarlik eers ons kos. Die eerste restaurant in Kaapstad (Hatfield House) het sy met Alice Walters van Chez Panisse in haar voorskootsak begin. Vandag beïnvloed kosskrywers soos Maggie Beer en Joan Campbell van Australië haar, maar sy gaan elke keer terug na haar groot liefde: Louis Leipoldt. En dít is waar sy wil bly.

Topsi Venter se Mosselbobotie

Genoeg vir 6-8

• 1 kg mosselvleis, koop gehalveerde mossels, of mossels wat uit die dop verwyder is
• 1 dik sny (± 3 cm) witbrood, korsies afgesny
• 250 ml (1 k) melk
• 60 g (4 e) botter
• 2 groot uie, dun skywe gesny
• 15 ml (1 e) kerriepoeier
• 1 middelslagbrandrissie, pitte verwyder en fyn gekap
• 5 cm vars gemmer, in dun repies gesny
• 125 ml (1/2 k) gebleikte sultanas
• 60 ml (1/4 k) gevlokte amandels
• gemaalde swartpeper
• 1 hand vol pietersielie, gekap
• 60 ml (1/4 k) blatjang
• 2 lourierblare, gekneus
• sap van ’n halwe suurlemoen
• 5 ml (1 t) kerriepoeier

Voorverhit die oond tot 180 ºC.
1 Berei ’n oondvaste bak met ’n inhoudsmaat van 1,5-2 liter of 6 bakkies met ’n inhoudsmaat van ±300 ml.
2 Sny die mossels in baie klein stukkies. Week die brood vir 30 min. in die melk. Druk die melk uit die brood en hou die brood en die melk afsonderlik eenkant.
3 Smelt die botter en soteer die uie daarin tot sag.
4 Roer die kerriepoeier, gemmer, brandrissie, sultanas, amandels, swartpeper volgens smaak, pietersielie en blatjang by die uie en meng goed. Voeg die lourierblare, suurlemoensap en witbrood by en roer goed deur.
5 Roer die mosselvleis by die kerriemengsel. Skep in ’n oondbak of individuele bakkies. Bak vir 20 min.
6 Klits 3 eiers saam met die melk waarin die brood geweek het. Geur met sout en peper en 5 ml (1 t) kerriepoeier. Giet die eier en melk oor die bo­botie en druk lou­rier­blare in vir garnering. Bak vir nog 15 min. of tot die eiermengsel gestol is.
7 Sit voor saam met bruin­rys en sambals.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.