kategorieë: Gesondheid

Totsiens skilfers

Jy vra

Soms lyk dit asof dit op my donkerblou skoolbaadjie gesneeu het. Ek het al ’n dosyn soorte sjampoe probeer. Wat kan ek nog doen? – Liné

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ons antwoord

Hier is ’n feit waarmee algemene praktisyn dr. Gregory van Zyl ons verras: daar is verskillende soorte skilfers. Of meer korrek: skilfers het verskillende oorsake. “Die rede waarom mense jare lank met skilfers sukkel, is bloot omdat hulle nie weet watter soort skilfers hulle het nie en gevolglik die verkeerde behandeling kies.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat is ’n skilfer?

Dit is net klein vlokkies volwasse vel wat afgeskilfer het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Al verpes jy hierdie “sneeu” op jou skouers, is hulle nie “vuil” of aansteeklik nie. Skilfers ontstaan as deel van die normale vervangingsproses wat elke oomblik by elkeen van ons plaasvind. So word nuwe velselle voortdurend in die dieper sellae gevorm en boontoe gestoot – ook kopvelselle. Hierdie buitenste velselle sterf af, kom los en val af.

Aangesien skilfers eintlik net dooie velselletjies is, het ons in hierdie sin álmal skilfers. Gelukkig is hierdie selletjies by die meeste van ons te klein en te min om sigbaar te wees. Die probleem ontstaan wanneer die vervangingsproses by jou te vinnig plaasvind. Dit is dan dat die ou velselletjies saamklomp en die tipiese sigbare skilfervlokkies vorm.

Wat veroorsaak skilfers?

“Hierdie versnelde proses word deur hoofsaaklik vier probleme veroorsaak: ’n droë kopvel, ekseem, psoriase of ’n swaminfeksie,” verduidelik dr. Van Zyl.

“Die vinnigste manier om van skilfers ontslae te raak is om jou dokter te vra om die spesifieke rede vir jou skilfers te identifiseer. As jy skilfers daarvolgens behandel, kom dit gou reg.”

Droë kopvel

Dit is die algemeenste oorsaak van skilfers. Hierdie soort skilfers is gewoonlik ligwit en droog, en jou kopvel lyk op die oog af gesond. Moontlik jeuk jou kopvel effens of oraloor.

Die oplossing? ’n Sjampoe wat jou kopvel in die eerste plek nie uitdroog nie. Daar is ’n aantal winkelsjampoes wat spesiaal vir skilfers en/of ’n droë kopvel geformuleer is. Vir die erger gevalle is daar uitstekende voorskrifsjampoes.

En moenie jou hare te gereeld was nie. Oorwassery droog jou kopvel uit. So veroorsaak jy skilfers. Dit is nie nodig om elke dag hare te was nie. Wag tot hulle effens olierig is. Moet ook nie te selde hare was nie.

Ekseem

Dit is nog ’n algemene probleem. Laat jou dokter besluit of jy ekseem van die kopvel het, want in erge gevalle kan die rooi, teer kolle op jou kopvel en die soort skilfer met psoriase verwar word. Hy sal jou ook help uitpluis waarom jy ekseem het, aangesien die beste raad is om die oorsaak te bepaal en uit te skakel. Oorsake sluit in van ’n allergie tot irritante in jou sjampoe.

Maar by baie van ons bly die oorsaak ’n raaisel. Gelukkig los kortisoonsjampoe die probleem gou op. Los maar liewer die oor-die-toonbank kortisoonsjampoes, en kry die voorskrifsoorte tot die probleem opgelos is.

Psoriase

Mense met hierdie chroniese outo-immuunsiekte het kenmerkende rooi kolle met silwerwit skilfers wat op enige plek op die lyf voorkom – op die kop ook. Die beste en enigste suksesvolle behandeling is ’n gespesialiseerde voorskrifsjampoe. Hierdie soort skilfer kom dikwels terug, en jy sal moet leer hoe om dit te bestuur.

En dan is daar die swam

Sê “swam” en jy wil dadelik glo skilfers word veroorsaak deur swak higiëne. Maar die Malassezia-swam is een van die meer as vierhonderd soorte organismes wat natuurlik op die vel van ons álmal leef. Maar by party van ons ruk hy handuit. Niemand weet hoekom nie. Dit lyk asof dit te doen kan hê met onder meer hoër vlakke van die manlike hormoon testosteroon, en/of met ouderdom, aangesien dit dikwels in die tienerjare kop uitsteek.

Mense met ’n olierige vel sukkel ook meer dikwels, vermoedelik omdat die velolies meer “kos” vir die swam verskaf. So ook mense met veral immuungebaseerde toestande.

Die enigste oplossing is ’n anti-swamsjampoe en soms selfs selfs anti-swamantibiotika op voorskrif wanneer die swam baie hardnekkig is. Gelukkig reageer die meeste mense goed en vinnig op anti-swambehandeling.

Lees meer: Wenke vir gesonde hare hierdie somer

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 day Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.