kategorieë: WenkeSkoonheid

Voel en lyk meer energiek

Deur Suzanne Kotzé. Hooffoto: Noah Buscher vir Unsplash

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ons bly in ’n “nimmereindigende” wêreld, sê Tony Crabble, skrywer van die boek, Busy: How to Thrive in a World of too Much. Daar is altyd nóg e-posboodskappe, nóg vergaderings, meer goed om te lees of idees om op te volg. En die tegnologie stel ons boonop in staat om net al hoe meer “moet doen”-lysies te maak, of dit nou tuis of op vakansie is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die gevolg is dat ons al hoe meer oorweldig voel en boonop die sosiale druk ervaar om “alles te doen”, verduidelik hy. Die uiteinde is lae energievlakke en moegheid. Hier is wenke om meer energiek te voel én te lyk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1. Eet gesond

Eet soveel moontlik skoon (sonder enige bymiddels) en vars produkte en vermy suiker en geprosesseerde kos. Probeer hierdie Gatskop-groensap. Dis ’n lekker energiegewende drankie vir ontbyt.

Lees ook: Dieetwenke wat vir almal werk

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Gatskop-groensap

2. Slaap meer

Daar is ’n rede hoekom daar ’n term soos ’n “skoonheidslapie” is. Te min slaap kan jou onaantreklik laat lyk, vinniger ouer laat lyk en ook siek maak. Navorsingsresultate van ’n slaapstudie aan die Karolinska-instituut in Swede dui daarop dat jy ná twee nagte van min slaap (vier uur) nie meer so aantreklik lyk nie. ’n Groep van 120 mense moes na foto’s kyk van 25 studente wat twee nagte goed geslaap het en twee nagte te min geslaap het. Diegene wat nie genoeg geslaap het nie, is eenparig as “minder aantreklik” bevind. ’n Rede hiervoor kan wees dat ons van nature geneig is om diegene wat “siek” lyk te vermy – donker kringe om die oë en ’n vaal gelaat sal jou vir seker alles behalwe gesond laat lyk.

“Navorsing wys ook dat te min slaap kan bydra tot ’n rits gesondheidskwessies, soos ’n verswakte immuunstelsel en groter risiko op oorgewig en diabetes,” sê dr. Laura Scheinfeldt, navorsingswetenskaplike aan die Coriell-instituut vir mediese navorsing in New Jersey, Amerika, en hoofskrywer van Important Associations between Genetics, Sleep Behavior identified by Study.

Net een nag se min slaap in ouer mense (61 en ouer is vir die studie gebruik) dra by tot biologiese veroudering, sê Judith Caroll, outeur van die navorsingsverslag, Partial Sleep Deprivation linked to Biological Aging in Older Adults.

Lees ook: 6 slaapprobleme, 6 oplossings

3. Kies vitamien C

Ons almal weet vitamien C is goed vir jou immuunstelsel maar het jy geweet dit verbeter ook die opname van ander voedingstowwe soos yster? As dit by velsorg kom, dra dit by tot die stimulering van kollageen en die heling van jou vel wat ’n pragtige, glansende gelaat verseker.

Dr. Judey Pretorius van die Bio-medical Emporium sê vitamien C-behandeling van binne en buite is ’n wonderlike manier om jou immuniteit te verbeter. (biomedicalemporium.com)

Onthou net dat sonskerm baie belangrik is wanneer jy vitamien C gebruik. As jy die vitamien by jou daaglikse velsorgroetine wil insluit, kies botteltjies wat lugdig is. Vitamien C is onstabiel en kan nie aan lug blootgestel word nie. Gebruik dit soggens, want dié vitamien is ’n kragtige anti-oksidant wat sal help om jou vel teen omgewingsfaktore soos besoedeling te beskerm.

Lees ook: 6 dinge wat jy van sonskerm moet weet

4. Laat jou oë beter lyk

“Druk ’n koue teelepel 30 sekondes lank onder jou oë – dit help met pofferigheid,” beveel Janine Rose, lektor by die Isa Carstens Academy aan. “’n Wit potlood in die waterlyn laat ook jou oë helderder lyk.”

’n Oogroom soos Lancôme Advanced Génifique Yeux het ’n masseerdertjie wat sirkulasie aanhelp en pofferigheid verminder.

Gebruik ’n verbloemer, of ’n produk met ligweerkaatsende deeltjies onder jou oë.

Grimeerkunstenaar Cheryl Parker glo aan ’n wimperkruller. “As jy jou wimpers krul, laat dit jou oë dadelik oop, groter en wakkerder lyk,” sê sy. Klamp twee tot drie keer vir so twee tot drie sekondes voordat jy jou maskara aanwend.

5. Oefen

Die gesondheidsblogger Cara (sy is ook die stigter van caralishious.com) sê: “Oefening in die oggend laat my positief en produktief voel.” Al staan jy hoe moeg op, sal ’n lewendige oefensessie (soos hardloop, touspring of HITT) dadelik jou bloed laat bruis, jou metabolisme aanwakker en jou vel laat gloei. As jy ’n af dag het en regtig nie kans sien vir oefen nie, lê net plat op die vloer met jou heupe in ’n 90 grade-hoek teen die muur. Maak jou oë toe en haal vir vyf tot tien minute diep asem. Dit sal jou sirkulasie verbeter en jou kalmeer.

Lees ook: Velsorg en oefening

6. Kulkunsies

Grimeerkunstenaar Tamaryn Pretorius meng sonskerm en onderlaag en tik dit met ’n kwas en sponsie aan. “Dit gee ‘n pragtige glans.”

Grimeerkunstenaar Algria Ferreira glo dit is “meer modern om nie ’n plat gepoeierde veltekstuur te hê nie. Wend ’n ligte lagie onderlaag aan en dan ’n room met ’n blink tekstuur (soos Elizabeth Arden Eight Hour Cream) hoog op jou wangbene, die oogbanke en die lippe aan.”

7. Kies ’n roomblosser

“Roomblosser is letterlik die produk met die beste verjongingseienskappe indien dit strategies op die volste gedeelte van jou wange gebruik word. Jy kan dit selfs op jou oë en lippe gebruik,” is Algria se raad.

Foto: rooi rose

8. ’n Gesigmassering in 60 sekondes

“Gebruik ’n vogroom ryk aan vitamien B en peptiede en masseer jou gesig vir 60 sekondes deur klein sirkelbewegings met jou vingers te maak. Dit sal sirkulasie verbeter wat suurstof na jou selle sal bring en jou dadelik glansender laat lyk. Spuit ’n terapeutiese sproei ryk aan vitamiene en minerale een tot twee keer oor jou gesig,” sê dr. Judey Pretorius, ’n bio-chemiese wetenskaplike en produkontwikkelingskundige. Sy is ook die eienaar van Biomedical Skin Emporium.

9. Voel vroliker met sitrusgeure

Sitrusgeure het ’n vrolike en opbeurende uitwerking op die gemoed. Lemoen laat jou vrolik en optimisties voel, lemoenblomolie gee energie en bergamot laat jou jonk voel.

Lees ook: Wend jou parfuum reg aan

10. Kies kleur

Helder kleure kan dadelik jou gemoed lig, kies spatsels kleur op jou lippe, oë of naels. Warm kleure soos rooi of pienk stel dopamien vry (’n goedvoelhormoon) wat jou gemoed kan lig, en koeler kleure laat jou kalm voel.

Foto: rooi rose

11. Tintel met glikolsuur

“’n Reiniger of nagroom met glikolsuur bly een van my gunsteling-maniere om energie te gee, jy voel hoe die vel tintel,” sê estetiese terapeut, velkundige en eienaar van skin.I.D, Sonette Donker.

Lees nog: Die fases van uitbranding

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.