kategorieë: Ons menseBekendes

Tracey Lange se stylgeheime

Hoe beskryf jy jou modestyl?

My eie modestyl is klassiek, maar met helder kleure en ’n goeie skeut Carrie Bradshaw (van Sex in the City) veral in terme van tekstuur.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wat is jou staatmakers vir elke dag?

• Vir elke dag in die winter: Gemaklike jeggings of skinny jeans, stewels (ek het meer as 100 pare), ’n trui of warm baadjie met ’n helder serp. Ek is ook gaande oor gemaklike sneakers.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

• In die somer is ek gaande oor rokke in alle kleure en lengtes – lank, kort of midi. Almal werk vir my. Solank daar helder kleure is, is ek okay.

Foto: Corné Greeff

Wat is jou gunstelingvoorkoms vir die aand?

In die aand hou ek van ’n blink bostuk of hemp saam met ’n mooi broek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vir ’n rooitapytgeleentheid verkies ek enige aandrok, solank dit nie eenvoudige swart is nie. Ek gee nie om vir swart nie, maar dan moet dit patrone of iets hê.

Wat is jou gunstelingkleur?

Alle kleure, maar ek sal begin by groen, geel, oranje, turkoois en pers.

Waar koop jy graag klere vir elke dag?

Oral waar ek ’n winskopie sien! Dit help dat ek mal is oor helder kleure, so ek sien maklik iets nuuts en anders raak, iets wat ander nie noodwendig sou raaksien nie. Ek spandeer ’n bietjie meer geld op die basiese items en sal by enige plek van Woolworths tot Etselec Designs klere koop.

Van watter deel van jou voorkoms of lyf hou jy die meeste?

Deesdae my bene. As kind en tiener het ek jare lank met ekseem gesukkel en verskriklike letsels gehad. Die letsels is nie meer prominent nie en ek het ook net besluit om my nie meer daaraan te steur nie. So nou is ek tevrede met wat ek het.

Lees ook: Voorkom ’n vel-irritasie

Wat is jou gunsteling-grimeervoorkoms?

Sterk ooggrimering en die res, natuurlik.

Hoe gereeld laat doen jy jou hare?

Ek was elke tweede dag my hare, maar blaas dit eintlik nooit self nie. As gevolg van al die stilering vir Bravo! se shoots, verkies ek om op die dae wat ek nie nodig het om my hare te doen nie, dit natuurlik te laat droog word. Dit help dat dit nie oorstilleer word nie en help met die glans. Een keer elke tweede maand laat ek dit kleur – ja, ek is maar net 32 en alreeds lekker grys. Dit pla my nie, maar ek voel dis nog nie heeltemal die tyd om daardie kleur té prominent te dra nie, ek weet my tyd sal kom.

Wat is jou beste stylwenk?

Dra klere waarin jy gemaklik voel. As dit te styf, te los, of enigiets ‘te’ is, sal jy ongemaklik voel en dit sal wys.

Kleur is koning vir Tracey. Hierdie mooi rooi rok is van Jacques LeGrange Couture.

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.