kategorieë: WenkeMode

Trek jonger aan

Jy is in ’n nuwe fase van jou lewe en jy weet nie mooi hoe om die jongste mode toepaslik vir jou ouderdom te dra nie. Stilis, Janine Starkey van House of Janine, gee haar wenke en truuks vir hoe om jouself jonger te laat lyk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Persoonlike styl is belangrik, dit is meer belangrik om klere te koop wat jou pas pleks van nuwerwetse klere,” sê Starkey.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hier is ’n paar slim planne:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vermy soomlyne wat te kort is

Tensy jy pragtige bene het, vermy liefs rompe of rokke bokant die knie. Jou knieë is een van die eerste areas wat jou ouderdom verklap.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Bewapen jouself met die regte mode

Vermy moulose bloese, tops of baadjies. Maak nie saak hoe ferm jou arms is nie, jou armvel verklap jou ouderdom maklik.

Kleur, kleur en nog kleur

Swart, grys, wit en beige kan die kleur van jou gesig dreineer. Kies die regte kleure wat jou vel kompolimenteer en jou glansryk laat lyk. Eksperimenteer met helder serpe en bykomstighede.

Die regte snit

Steek ’n maag of muffin-top weg met die regte snit. Die geheim is om klere te dra wat behoorlik pas. Moenie bloese dra wat te styf sit nie want dit sal die probleem-area beklemtoon. Moet ook nie te groot vormlose bo-stukke dra nie want dit kan weer soos ’n tent lyk.  Belê in ’n goeie kleremaker as dit nodig is.

Stryk dit uit

Koop ondersteunende onderklere wat jou lyf op die regte plekke vorm gee en vir ’n gladder silhoeët sorg.

Bykomsdtighede

Maak jou uitrustings interessant met bykomstighede soos halssnoere, gordels, juweliersware, handsakke en skoene. Dit is die maklikste manier om jou voorkoms op te kikker en jou eie styl te skep.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

15 hours Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

20 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

23 hours Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

24 hours Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 day Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.