kategorieë: In die nuusJou lewe

Beskerm jouself teen kapings

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Praktiese wenke wat kan voorkom dat jy ’n slagoffer word

  • Beplan jou roete. Gebruik ’n GPS om te keer dat jy verdwaal en sodoende ’n maklike teiken word. Lig die mense in na wie jy op pad is oor wat jou beraamde tyd van aankoms gaan wees.
  • Wees waaksaam. Wees altyd bewus van jou omgewing en op die uitkyk vir enigiets verdag.
  • Wees selfversekerd en gefokus. Vermy afleidings soos om op jou selfoon te praat as jy na jou motor toe stap.
  • Sluit jou deure en draai alle vensters toe. Moenie met oop vensters bestuur nie. Hou waardevolle artikels buite sig. Installeer ’n “smash-and-grab” beskermende laag op jou vensters.
  • Wissel die roetes wat jy neem om minder voorspelbaar te wees vir misdadigers.
  • As jy vermoed dat jy agtervolg word, ry ’n paar vals draaie. As iemand jou volg, ry na die naaste polisiestasie.
  • Laat genoeg ruimte tussen jou en die motor voor jou om te verhoed dat jy vasgekeer word.
  • As jy ’n stil kruising nader en die lig is rooi, ry stadig tot die lig groen is. Veral laatnag en op stil tye.
  • Kies jou parkeerplek in ’n veilige, goed beligte area.
  • As jy voel jy is in gevaar, gebruik die paniekknoppie op jou opsporingstoestel.
  • Baie kapings kom voor as jy by die huis aankom of jou eiendom verlaat. Sorg dat jou oprit goed belig is en daar nie struike by die hek is waar iemand kan wegkruip nie. Sorg dat jou elektrise hek na ’n battery kan oorskakel as die krag afgaan.
  • Ken jou buurman. Weet watter motors jou bure het sodat jy weet wanneer voertuie dalk verdag is.
  • Hou ’n SOS-selfoon. Hou ’n klein, goedkoop selfoon gelaai met lugtyd en nood-kontakte (insluitend jou versekeraar), byderhand sodat jy kan bel vir hulp, selfs al is jou motor en waardevolle artikels gesteel.
  • Hou jou motor in ’n goeie kondisie sodat jy nie op verlate plekke gestrand raak nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

7 goue reëls om te volg as jy deur ’n kaper gekonfronteer word

  1. Bly kalm.
  2. Moenie met hom/hulle argumenteer nie.
  3. Moenie skielike gebare maak nie.
  4. Vermy oogkontak, maar probeer onthou hoe die kaper lyk sodat jy hom later kan identifiseer.
  5. Voldoen aan die kapers se eise (binne perke).
  6. Probeer om so gou moontlik van die gebied weg te kom.
  7. Moenie ’n held probeer wees nie. Jou lewe is meer waardevol as jou motor.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje
Tags: aktueel

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.