kategorieë: Bekendes

Nuwe seisoen van Republiek van Zoid Afrika

Soos in die vorige reekse gesels Karen Zoid met van haar gunstelingdromers en -denkers, maar daar is natuurlik ’n paar verrassings ook by.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Ek kan nie help om na elke episode deur my gaste geïnspireer te voel nie, want elke gesprek is belaai met lewenswyshede en kwinkslae,” sê sy.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Karen stof ook weer geliefde musiektreffers af wat ’n “Zoidiaanse-gedaanteverwisseling” ondergaan. Soos voorheen sal die nuwe treffers in Apple se iTunes-aanlynwinkel afgelaai kan word en later op CD en DVD beskikbaar wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Hierdie reeks se musiekverwerkings het nog meer van ’n rock-aanslag”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kykers kan ook weer uitsien na die skreeusnaakse insetsels met Annemarie Ferreira (boereraat vir bands) en Marinda Senekal die panfluitsensasie. Boonop gaan dié komiese sketse, van al vier seisoene, later vanjaar in DVD-formaat saamgevat word.

Lees ook: Karen Zoid Rock

Republiek van Zoid Afrika het al verskeie toekennings ontvang, soos ’n SAFTA-toekenning vir die beste geselsprogram, terwyl dit ook vanjaar twee Huisgenoot Tempo-toekennings opgeraap het.

Republiek van Zoid Afrika word van 11 Oktober op Dinsdae, 20:30, op kykNET (kanaal 144 op DStv) uitgesaai.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.