kategorieë: NaelsSkoonheid

Trend: Kleurvolle naels

As my naels netjies lyk, voel ek goed. Ek hou persoonlik baie daarvan om my naels by ’n salon te laat doen en elke nou en dan sal ek dit slegs een kleur maak, maar dit is vir my lekker om dit af te wissel en te speel met verskillende kleure. Voor ek ’n salon besoek, soek ek altyd nuwe tendense en giere om my te inspireer en dit interessant te maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Kleurverandering

Hierdie oulike naelgier se kleur verander soos wat jou liggaamstemperatuur verander. In dié geval is dit pienk as dit warm is en soos wat dit koeler word, donkerder. Dit is baie oulik en speels! As jy weer jou naels laat doen, vind uit by die salon of hulle dit ook kan doen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ombré-naels

Het jy al ooit gewonder hoe om die perfekte Ombré-naels te skep? Jy kan óf gradiente van dieselfde kleur gebruik óf verskillende  kleure meng. Ons het vir Sparkle Cosmetics gevra om ons te wys hoe om die perfekte Ombré-naels te skep.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Stap 1

Begin deur ’n basislagie op jou naels te verf (ons hou van Morgan Taylor Extended Wear Base Coat, R199)

Stap 2

• Verf dan ’n kleur van jou keuse op jou naels en wag tot dit droog is (Morgan Taylor I’m Charmed is in die foto gebruik)

• Gebruik ’n driehoek-grimeersponsie en verf dan drie ligter skakerings daarop sodat dit ’n gradient vorm (Morgan Taylor: Make me blush, Lip Service en Amour Color Please, R149 elk)

• Druk dan die sponsie op jou naels om die ombré-effek te skep. Jy gaan dit nie noodwendig die eerste keer perfek regkry nie, maar hoe meer jy oefen, hoe makliker raak dit.

Stap 3

Gebruik ’n klein kwassie en naellakverwyderaar om die areas om jou naels skoon te maak.

Stap 4

• Verf nou ’n bo-lagie op jou naels.

• Jy kan ook op elke nael die Morgan Taylor Accelerate Quick Dry Drops (R201) drup om te help dat jou naels vinniger droog word.

Die makliker opsie

Daar is ook ’n makliker opsie vir die tendens. Met Elegent Touch se Ombré Press-On Instant Manicures (R99 beskikbaar by Dis-Chem) kan jy binne 3 minute die perfekte manikuur kry. Jy het nie enige gom nodig hiervoor nie, jy plak dit eenvoudig net op jou skoon naels. Dit is perfek as jy jou naels mooi wil laat lyk en nie baie tyd het nie.

Breek eenvormigheid

Breek eenvormigheid van net een kleur deur een of twee van jou vingers met glitter te verf. Jy kan dit ook afwissel deur chroom in plaas van glitter te gebruik.

Probeer die volgende produkte

Marmer-naels

Ons verkies om net een of twee naels met die tegniek te verf. Kliek hier om te sien hoe jy self jou eie naels kan so kan verf.

Gelish dip

Hierdie gier is ’n mengsel van akriel en gelish. As jy baie dun naels het, sal dit help om jou naels sterker te laat voel. Met die Gelish dip (R290 by uitgesoekte salonne) kan jy kies tussen 120 veskillende kleure. Dit bly 14 dae lank op jou naels en moet dan afgeweek word. Die aanwendingsproses is tussen 30-40 minute en anders as gewone jel-naels word ’n LED-liggie nie gebruik nie.

Patrone

Speel rond met patrone en kleure. Jy kan helder skakerings gebruik om ’n patroon te skep, of meer aardse skakerings gebruik vir ’n natuurlike, onderbeklemtoonde voorkoms.

#rrwenke

  • Gebruik altyd ’n basis-lagie as jy jou naels verf.
  • Onthou dat donker kleure jou naels langer laat vertoon.
  • Indien jou naellak oud is, gaan dit dik en taai wees. Meng dit met naellakverwyderaar om dit dunner te maak.
  • Indien jy jel op jou naels het en dit begin uitgroei, verf met gewone naellak daaroor om die uitgroei weg te steek. Dit gebeur soms dat jy nie dadelik jou naels kan laat doen nie.
  • MOET NOOIT die jel of akriel van jou naels aftrek nie, dit gaan veroorsaak dat jou naels breek en bros raak.
  • Drip yswater op jou naels nadat jy dit geverf het, dit gaan die naellak vinniger droog maak.
  • Moet nooit jou naellakbotteltjie skud nie. Hou dit vertikaal en vryf dit eerder tussen die palms van jou hande, so verwyder jy al die lugborrels in die botteltjie.
  • Gebruik handskoene om skottelgoed te was en die huis skoon te maak, sodoende sorg jy dat jou naels langer mooi bly.

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

20 hours Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

23 hours Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

24 hours Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.