kategorieë: Bekendes

Trump se sege knou SA-verbruiker

Min is van Donal Trump se werklike toekomstige beleid bekend en dit sal groot onsekerheid op finansiële markte wêreldwyd bring.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Neil Roets, uitvoerende hoof van ’n skuldbestuur-maatskappy, meen die onsekerheid wat Trump se verkiesing bring, sal onsekerheid in Washington veroorsaak omdat min weet watter koers hy sal volg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Daar is niks wat markte meer skommel as onsekerheid nie en die Trump-oorwinning sal ’n aansienlik negatiewe uitwerking op die internasionale markte hê en ons sal die gevolge gou in ons mark sien. Die Trump-oorwinning kan lei tot ’n kort skerp styging in markte, maar ’n daling is gou te wagte weens die onsekerhede,” het Roets gesê.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hillary Clinton is deur beleggers gesien as ’n veiliger en stabieler faktor, maar hulle was versigtig na Brittanje se skok-onthulling in Junie om die Europese Unie te verlaat en die negatiewe impak wat dit gehad het.

“Ons kan net raai watter rimpeleffek sy verkiesing vir die wêreldekonomie gaan bring, maar nie een van hulle gaan die skuldbelaste Suid-Afrikaners ’n blaaskans gee nie.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Roets het verder gesê ’n groter probleem as die Amerikaanse verkiesing is die aankondiging deur die graderingsagentskap Moody’s dat Suid-Afrika se vier groot banke ’n styging in die probleem-lenings in die volgende 12 tot 18 maande kan verwag as die ekonomie sukkel om te groei.

“Hierdie probleem kom ’n lang pad en Suid-Afrika se baie lae groeikoers en groeiende werkloosheid plaas toenemende druk op verbruikers en probleme met die terugbetaling van lenings is na aan rekord-vlakke.

“Skuldberadingsmaatskappye het dubbelsyfergroei weens die groeiende aantal verbruikers wat op soek is na verligting deur hulself onder skuldhersiening te plaas.”

Dit beskerm hul besittings teen beslaglegging deur skuld-invorderaars en stel hulle in staat om die uitstaande skuld in kleiner bedrae oor langer tydperke te betaal.

Vir meer inligting besoek www.debtrescue.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.