Afrikaanse kykers kan uitsien na Tuiskoms, Netflix se nuwe romantiese dramareeks wat op 28 Februarie vrygestel word.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Die reeks vertel die storie van Fleur (Amalia Uys), ’n sjef en weduwee wat ná ’n persoonlike en professionele terugslag na haar ma se huis in Wildernis terugkeer. ’n Blommewinkel, nuwe mense en dalk selfs ’n tweede kans op liefde help haar om haar lewe weer op koers te kry.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Foto: Verskaf/Netflix
Maar Tuiskoms is meer as net ’n nuwe TV-reeks—dit is ook die laaste keer dat kykers die ikoniese Michelle Botes op skerm sal sien. Die aktrise, bekend vir haar vurige rolle soos Cherel in SABC3 se Isidingo en M-Net se Legacy, vertolk hierdie keer die rol van Abigail, Fleur se liefdevolle en besorgde ma wat haar dogter help om weer die lewe in die oë te kyk.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Botes is in Desember 2024 oorlede ná ’n twee jaar lange stryd teen miëloom, ’n aggressiewe bloedkanker.
Foto: Verskaf/Netfix
Met ’n indrukwekkende rolverdeling, insluitend Dawid Minnaar, Armand Aucamp, Marvin-Lee Beukes, Edwin van der Walt en Pierre van Pletzen, beloof Tuiskoms om ’n spesiale plek in kykers se harte in te neem. Dit is ook die tweede Afrikaanse reeks wat deur Netflix vervaardig is, ná die misdaadreeks Ludik in 2022.
Tuiskoms is verlede jaar deur Infinity Films verfilm, met Louis Pretorius en Albert Snyman as die mede-vervaardigers en Nina Swart in die regisseurstoel.
Vir dié wat hou van Afrikaanse verhale met hart, romanse en ’n bietjie nostalgie, is Tuiskoms beslis iets om na uit te sien.
Lees ook: Bobby van Jaarsveld klim in Nico Panagio se skoene vir Semi-Soet-verhoogproduksie
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…
Hierdie webwerf gebruik koekies.