Dis 1851 en die beeldskone Susanna Isabella Marais word aangekla van “sonde”. Sy word voor die Hof van Landdroste en Heemrade gedaag omdat die oudstes haar van veelmannery en bedrog beskuldig. En in die hof onder die wildeseringbome, waar die verrigtinge kort-kort onderbreek word deur die lawaai van bobbejane, voëls en vlakvarke, word haar skuld getuie ná getuie duideliker. Hulle ken haar so.
Dominee Johannes word deur die weledele Sinodale Kommissie uit die Kolonie gestuur om dié “hoogs onwettige, onsedelike en onchristelike egverbintenis” te ondersoek.
Johannes is op soek na die waarheid van die Bybelse liefde. Hoe meer verdoemend die getuienis teen haar raak, hoe meer wonder hy of die liefde wat hy verkondig, meer is as die liefde tussen God en mens. Pure Du Plessis-magie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Uitgewersprys R220
rooi rose R198
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.