Deur Karlien Meiring. Hooffoto: X / @thomasmlambo
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Carte Blanche het in Junie aangekondig dat Watts (74) op sy gesondheid gaan fokus en daarom nie na die program, waarby hy 35 jaar lank betrokke was, sal terugkeer nie. Hy is verlede jaar met velkanker gediagnoseer wat na bewering na sy longe versprei het.
Ongeveer twee maande later het hy tydens ‘n gesinsuitstappie in Hoedspruit inmekaargesak, wat aanvanklik vermoedelik ‘n beroerte was, maar later as ernstige sepsis gediagnoseer is, wat sy kankerbehandeling gekompliseer het.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
“Dit lyk erg, maar ek het 14 dae gelede in Hoedspruit inmekaar gesak met ‘n vermoede beroerte en is na die hoogs gesofistikeerde Milpark-hospitaal se ICU gestuur,” het Watts aan sy volgelinge gesê, en ‘n foto van homself vanuit sy hospitaalbed gedeel.
Ná sy gesondheidsbeproewing moes Watts fisioterapie ondergaan en weer leer loop.
Volgens Watts het hy in 2022 ‘n knop onder sy arm opgemerk, maar het dit nie ernstig opgeneem nie en ‘n besoek aan die dokter uitgestel. Eers op aandrang van sy vrou, Belinda, het hy uiteindelik mediese hulp gesoek. Teen daardie tyd het die knop aansienlik gegroei, en ‘n sonarskandering het kolle op sy longe aan die lig gebring. Ongelukkig, as gevolg van die knop se nabyheid aan senuwees, kon dit nie chirurgies verwyder word nie. Hy het toe met behandeling en immunoterapie begin, wat vir meer as ‘n jaar geduur het.
Watts word oorleef deur sy vrou, Belinda, en kinders, Tyrone en Kirstin.
Sy familie sal na verwagting binnekort ‘n verklaring uitreik.
Intussen het Netwerk 24 berig dat hulle bevestiging van Watts se dood van sy voormalige Carte Blanche mede-aanbieder Ruda Landman ontvang het.
Lees ook: Derek Watts neem ná 35 jaar afskeid van Carte Blanche
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.