kategorieë: InspirasieJou lewe

Uitoorlê die ouderdom!

  • Vestig die gewoonte om gereeld te ontspan sodat jy nie uitbrand nie. Of dit nou joga, meditasie, ’n stappie op die strand of in die natuur, ’n kaalvoetstaantydjie in jou tuin, of ’n skuimbad by kerslig is – vyftien tot 20 minute maak die wêreld se verskil. Besluit hoe dikwels jy dit gaan doen, en hou daarby. Beplan dit slim om by jou roetine in te pas.
  • Ignoreer die senior afslag op aankope. Dit versterk die vals idee dat jy ouer en swakker word, nie meer so produktief is soos vroeër nie en dat ander na jou moet omsien. Natuurlik is daar uitsonderings, maar dink mooi voor jy die afslag gebruik.
  • Vestig ’n gereelde oefenroetine. As jy die dag nie lus voel om te gaan stap of jou oefeninge te doen nie, trek jou oefenklere aan en neem jou voor om slegs tien minute te oefen. Soms verdwyn die weerstand.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Vra jou liggaam wat dit nodig het om te genees en te floreer

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
  • Let op die uitwerking van negatiewe nuusberigte op jou. Verminder jou blootstelling daaraan. As iets werklik ingrypends gebeur, sal iemand jou daarvan vertel.
  • Leer om jouself uit te druk sonder om voortdurend te bekommer dat jy ander se gevoelens sal seermaak. Hulle is vir hul eie emosionele welsyn verantwoordelik; moenie namens hulle besluit wat hulle kan hanteer of mag hoor nie. Knoop ’n gesprek aan as jy spanning aanvoel en stryk die saak uit.
  • Vra jou liggaam wat dit nodig het om te genees en te floreer. Ernstig: raak stil, fokus na binne en wag vir ’n antwoord. Jy sien dalk die beeld van jouself op ’n bed wat beteken jy het rus nodig, of van ’n suurlemoen wat kan aandui dat jou liggaam ’n bietjie moet detoks. As jy geen ‘antwoord’ kry nie, vra jou liggaam voor jy gaan slaap en stel die intensie om die antwoord te kry sodra jy wakker word.
  • Strek soos ’n kat. Onderbreek jou sittende posisie voor die rekenaar of waar ookal en verbeel jou jy is ’n kat. Gaap en rek jou uit – dis pret! As ander jou skeef aankyk, kan hulle gerus meedoen. Doen dit ’n paar keer per dag.Wees nuuskierig en speels en gryp groeigeleenthede aan, al voel jy skrikkerig. Leef voluit en geniet elke ervaring.
  • Kyk uit vir “ageless goddesses” om jou te inspireer. Jy sal hulle herken, op straat of waar ookal! Bekendes sluit Meryl Streep, Helen Mirren en Jane Fonda in.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

10 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.