kategorieë: Reis

Vaalnest, Vaal Marina

Naam:
Martie Swanepoel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Waar ons was:
Vaalnest Boetiek Hotel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ligging:
Aan die oewer van die Vaaldam in die vakansiedorpie, Vaal Marina. Net 77 km van O.R Tambo lughawe. Slegs 100 km van my huis in Parys.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

GPS-koördinate:
Breedtegraad: 26.8755;
Lengtegraad: 28.2376
S 26 grade 52’ 31.8”
E 28 grade 14’ 15.4”

Soort akkommodasie:
Stylvolle, eksklusiewe kamers met elk ’n uitsig oor die dam met unieke persoonlike diens. ’n Ware tuiste weg van jou huis af.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Tariewe:
Per nag, ontbyt ingesluit wissel die pryse van R998,00 vir ’n dubbelkamer op weeksdae en R980,00 vir ’n dubbelkamer as van Vrydag tot Sondag bespreek word. Die presidensiële suite kos R1 912 per nag vir twee persone. Die pryse is onderhewig aan veranderinge en kan nagegaan word by www.vaalnest.co.za of 016 372 1044.

Atmosfeer:
Stilte. Salige stilte en luukse stylvolheid. Die hotel is teen ’n koppie gebou en so veel as moontlik van die natuurlike habitat het behoue gebly. Die hotel handhaaf ook ’n groen beleid van omgewingsvriendelikheid. Op ’n groot balkon by die eetkamer en kroeg kan jy die 180 grade uitsig oor die kronkelende groen oewer van die dam geniet.

Wie almal daar was:
Ek en my ma, Lenie Swanepoel (76), het die naweek ‘n ma en dogter wegbreek gehad. Ons kon ontlaai deur te gaan stap, ure aaneen na die voëllewe te kyk en sommer net die stilte te geniet.

Wanneer:
Ons het die hotel van 27 tot 28 Oktober op uitnodiging van die eienaar, Keith Atwell, besoek.

Waar ons oorgeslaap het:
Ons het soos prinsesse in die presidensiële suite geslaap. Dit is so groot soos my ma se meenthuis! Die ovaalbad en lieflike dekor maak dit ook die ideale atmosfeer vir ’n romantiese wegbreek.

Waar ons geëet het:
Die restaurant is pure fine dining. Die diens was vriendelik en professioneel. Keith se vrou, Everlona, se lams- en garnaalkerrie kan aanbeveel word as jy soos ek aan kerries verslaaf is. Mamma se beesstert het van die been geval en haar koningklipvis was perfek gaargemaak. Ek kan die sjokoladebruintjie- nagereg aanbeveel. My ma meen die aarbei-kaaskoek is beter! Die ontbyt is luuks en die spyskaart bied genoeg kombinasies vir elke smaak.

Wat het dit onvergeetlik gemaak?
Die persoonlike diens. Dit is ’n familiebesigheid en elke personeellid doen moeite om jou tuis te laat voel. Die kos is beslis ’n groot pluspunt. Die uitsig en luuksheid het ’n kort naweek soos ’n weeklange vakansie laat voel.

Wat omtrent die plek of die mense het jou gefassineer?
Die natuurlike plantegroei wat behoue gebly het en die klein afdraaipaadjies met bankies waar mens rustig die voëllewe en verskeidenheid fyn veldblommetjies kan geniet. Ek was verras om te hoor daar is ’n voëlkyk-roete wat mens per boot op die dam kan volg. Iets om anderdag te gaan beproef!

Kronkelende natuurskoon

Tot my skande moet ek beken ek was, as gebore Gautenger, nog nooit by die Vaaldam nie. In my kop was daar ’n prentjie van ’n ronde dam met mense wat in hul tentjies sit en wag dat die vis byt. Groot was my verbasing toe ek besef naas die meerarea agter die damwal wat 320 vierkante kilometer beslaan, is daar nog ’n oewerlyn van 800 kilometer wat saam met die Vaalrivier kronkel.

Keith het hoflik aangebied dat ek en my ma aan die avontuuraktiwiteite soos paintball en river rafting kon deelneem, maar ons het besluit dat ons die rustiger opsie van gemakstoele, lekker boeke en ’n bak sjokolade verkies.

Ons het die dorpie gaan verken en ons verkyk aan die pragtige vakansiehuise en seilbote wat vasgemeer is.

My besoek het my hele uitkyk oor die Vaaldam verander. Ek het dit nog altyd net as ’n waterbron vir dele van Suid-Afrika beskou, maar besef nou dit is ‘n unieke onontdekte juweel. ’n Wegbreek-plek binne 100 km uit die stad. Jy hoef nie net ’n visterman te wees om dit te geniet nie. Sonder ’n visstok, met ’n skemerkelkie in die hand en ’n uitsig oor die sonsondergang op die dam is dit net so lekker!

Die Vaalnest Boetiek Hotel was ’n lafenis vir my siel. ’n Plek waarheen ek beslis weer sal wegloop.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 weeks Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.