kategorieë: WenkeMode

Vaar jou klerekas in: 10 dinge wat jy in jou klerekas tydens Inperking moet doen

Vaar jou klerekas in: 10 dinge wat jy in jou klerekas tydens Inperking moet doen deur Bea Lingenfelder. Hooffoto: iStock/kupicoo

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vaar jou klerekas in!

Inperking, of beter bekend as “lockdown“: Dié vreesaanjaende woord het paniek gesaai onder inwoners regoor die land. Probeer eerder om steeds produktief te bly. Noudat ons ’n gebrek aan tyd nie as ’n verskoning kan gebruik nie, deel ons ons top tien wenke met jou waarmee jy jou klerekas kan invaar. Miskien staan tyd tog in sommige gevalle stil.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1. Politoer jou skoene

Skoene politoer is ’n tydrowende proses; en as jy gedurig jou gunsteling-paar leersandale dra, is daar min tyd om die leer te voed en te laat rus.

Noudat jy egter by die huis móét bly, skep dit ’n geleentheid om al jou leerskoene deeglik te politoer.

Maak seker jy het die regte voedende room en lees die instruksies op die politoer-buisie deeglik.

Werk egalig en met sorg en maak seker jy dek elke hoekie om die leerproduk te versterk.

Vaar jou klerekas in: 10 dinge wat jy in jou klerekas tydens Inperking moet doen

2. Was jou veters

Veters is word dikwels afgeskeep, en voor jy weet is jou voorkoms bederf met ’n vaal kleur wat regdeur jou skoen geryg word.

Hou dop wanneer die veters vaal of vuil raak en gooi hulle saam met jou volgende bondel in ‘n wassakkie in die wasmasjien. Of week dit met die hand in ’n wasbak.

#rrWenk: Hoewel skoonveters jou skoen sommer nuwe lewe kan gee, moet jy dit nie te veel was nie aangesien dit kan uitrafel. Was dit dus net wanneer dit nodig is.

3. Stryk jou klere

Daardie bondel wat jy een oggend vinnig in jou kas geskiet het om net ’n bietjie op te ruim? Daardie bondel smeek om gestryk te word.

Stel jou strykstasie op voor die televisiestel sodat jy dit kan afhandel terwyl jy jou gunsteling sepie volg, of luister na ’n podsending.

Verdeel jou strykbondel in kleiner hopies sodat dit nie (letterlik) soos ’n berg voor jou lê nie.

#rrWenk: Ons het die heerlikste GRATIS voorlesings waarna jy kan luister. Ons nuutste verhaal in Lam in Wolfsklere, geskryf deur Bernette Bergenthuin en voorgelees deur Elma Postma. Ons stel elke Donderdagoggend om 09h00 ’n nuwe episode vry. Klik hier om te begin luister!

4. Sorteer effektief

Sommige kledingstukke, soos truie, verkies om nie gehang te word nie, maar ander kreukel weer te maklik om te vou.

Sorteer jou kas volgens die inhoud wat kan hang of gevou in jou kas gestoor moet word.

Jy sal verbaas wees hoe baie spasie jy skep deur net eweredig te organiseer!

Vaar jou klerekas in: 10 dinge wat jy in jou klerekas tydens Inperking moet doen

5. Maak reg vir ’n nuwe seisoen

Nou is ook die kans om jou klere volgens seisoene weg te pak. Teen die einde van sosiale afsondering gaan die winterluggie ons heel moontlik aan die anderkant begin groet.

Begin solank al jou hoogsomersklere wegpak en maak plek vir jou warmer tops en baadjies.

Hou items uit wat nog geskik is vir die tussen-in-weer, soos T-hemde, knopieshemde en kimonos.

Vaar jou klerekas in: 10 dinge wat jy in jou klerekas tydens Inperking moet doen

6. Gooi uit – en skenk dit later wanneer die inperking verby is

Terwyl jy aan die regpak en wegpak is, dun sommer ook uit. Daar is sekerlik klere waaraan jy vir die afgelope drie seisoene al vasklou. Dit is nou tyd om te laat gaan.

Hou die klere wat jy uitgooi in ’n sak om te skenk nadat inperking verby is.

Hierdie aktiwiteit laat jou sommer ook opgewonde uitsien daarna om nuwe klere aan te koop wanneer dit weer moontlik is.

7. Vind jou sokkie se maat!

Ja, ons almal ken hierdie gevoel, maar teen hierdie tyd weet jy dat jou sokkie nie sy maat vanself gaan vind nie.

Doen moeite en duik dieper in die laaie en rakke van jou klerekas.

Tydens die soektog kan jy sommer jou klere herorganiseer soos genoem in die bostaande wenke …

10 dinge wat jy in jou klerekas tydens Inperking moet doen

8. Toets nuwe uitrustings

Te dankie aan volhoubare mode wat al hoe meer gewild raak, is dit wonderlik om jou items te roteer sodat jy talle voorkomste kan omskep.

Sit ’n dag opsy om nuwe kombinasies te probeer en neem foto’s van die uitrustings waarvan jy hou.

Dink aan hoe jy informele items kan opkikker vir ’n formeler voorkoms of watter bykomstighede jy kan uitruil vir sekere geleenthede.

Stoor die foto’s in ’n lêer op jou foon sodat dit maklik bereikbaar is.

Vaar jou klerekas in: 10 dinge wat jy in jou klerekas tydens Inperking moet doen

9. Gee aandag aan jou juwele

Een van die belangrikste versorgingsreëls rakende die leeftyd van jou juwele is om dit gereeld skoon te maak en reg te stoor volgens materiaal en metaal.

Silwer en goue juwele moet nie in dieselfde afdeling gestoor word nie.

Juweelhangers werk baie goed vir oorringe en eenvoudige hangertjies, sodat dit nie inmekaar verstrengel nie. Maak seker die oppervlak waarin jy jou juwele stoor is sag en met spons of filt uitgevoer.

Vaar jou klerekas in: 10 dinge wat jy in jou klerekas tydens Inperking moet doen

10. Maak stukkende klere reg

Naaldwerk sit nie in almal se broek nie. Vir sommige van ons is dit tweede natuur en in ’n japtrap het jy jou broek se ritssluiter, rek en soom verstel. Vir ander van ons bly lê die item hopeloos in die hoek van jou kas vir daardie dag wanneer jy genoeg moed bymekaar geskraap het …

Nou het jy egter geen verskoning nie. 😉

Begin klein en eenvoudig, jy hoef nie noodwendig ’n bobaas-stikster te wees om ’n klein gaatjie toe te werk nie.

Stoor die items wat meer naaldwerk verg in ’n sak sodat jy dit later vir ’n kenner vir herstel kan gee.

Vaar jou klerekas in: 10 dinge wat jy in jou klerekas tydens Inperking moet doen

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

4 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.