kategorieë: OuerskapJou lewe

Van bababedjie na kinderbed

Tussen 18 maande en drie en ’n half jaar is dit gewoonlik sulke tyd. Jou kleinding raak ongelooflik kreatief in ’n poging om aan die beperkinge van die bababedjie te ontsnap (soms met ’n besering of twee), kan nie betyds by die toilet uitkom nie, of moet die bedjie aan ’n nuwe boetie of sussie afstaan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hier is ’n paar wenke:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kies die regte tyd

Dis die beste om sulke veranderinge te maak wanneer julle gesinsomstandighede stabiel is. Omdat dit vir jou én jou peuter stresvol kan wees, is dit beter om dit nie met ander omwentelinge soos siekte, jou terugkeer na jou werk, of die aanvang van kleuterskool vir jou kind te laat saamval nie.

As jou kleinding vir ’n nuwe aankomeling plek moet maak, moet jy die skuif minstens ses weke voor die boetie of sussie se geboorte, of ’n paar maande daarna maak sodat jou eersteling nie “uitgeskop” voel nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Skep ’n lekker nessie

As jou kind oud genoeg is, kan jy die verandering ’n opwindende een maak deur saam nuwe bedlinne of ’n sagte speelding te gaan uitsoek. Beklemtoon die feit dat die nuwe speelding die kinderbed gaan deel. Behou kontinuïteit deur bekende items uit die bababedjie na die nuwe bed oor te skuif, soos ’n gunstelingteddie of -kombersie, of hang ’n geliefde bewertjie (mobile) bo die nuwe bed.

Dit is verstandig om in ’n matrasbeskermer te belê om jou moeite te spaar wanneer glipsies plaasvind (soos wel gebeur!) of terwyl jou kleinding leer om die toilet te gebruik. Dit voorkom ook vlekke op die nuwe matras. Skaf twee matrasbeskermers aan as jy kan, sodat jy tydens middernagtelike bed-ongelukkies kan kalm bly.

As die nuwe bed nie opslaankante het nie, kan jy bedrelings installeer of kussings, gevoude duvets of komberse langs die bed sit ingeval jou kleinding sou afrol.

Jou kleinding raak ongelooflik kreatief in ’n poging om aan die beperkinge van die bababedjie te ontsnap

Die oorgang

Terwyl party kinders nie omgee om vir hul bababedjie tot siens te sê nie, vind ander kleintjies dit moeilik. In daardie geval kan jy hulle in fases aan die nuwe lêplek gewoond maak. Hou hulle snags in die bababedjie en laat hulle hul middagslapies op die kinderbed neem. Of laat jou peuter ’n paar nagte op die bababedmatrassie op die vloer langs die nuwe bed slaap. Hou in beide gevalle by julle normale bed-toe-gaan-roetine.

As dit nie werk nie

Dalk sukkel jou kind steeds om aan te pas en sit jy met ’n klein “jack in the box” wat gedurigdeur opspring. Probeer dan een van twee benaderings:

  • Neem jou peuter elke keer onmiddellik terug bed toe. Moenie kwaad word nie en praat so min moontlik; enige reaksie van jou kant versterk die opspringery. Wees gereed om dit twintig tot dertig keer per aand te doen! As jy aanhou en uithou, behoort dit die probleem binne ’n paar aande op te los.
  • Maak die oorgang geleidelik. Dit neem langer, maar is minder senutergend. Begin deur saans langs jou kleinding se bed te sit tot hy of sy slaap, sonder om ’n woord te sê. Sit in die daaropvolgende nagte elke keer nader aan die deur, tot jou kind sonder jou aan die slaap raak.

As geen metode wil werk nie, moet jy dalk die bababedjie ’n rukkie langer gebruik. Kinders verskil. Dalk werk dit as jy ’n paar weke later weer probeer. Wees maar geduldig – binnekort gaan daardie bababedjie net ’n vae herinnering wees!

Lees ook: 5 wenke om jou kind empatie te leer

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

15 hours Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

18 hours Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

18 hours Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

19 hours Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

20 hours Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

21 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.