kategorieë: Ons menseBekendes

Van regsstudent tot TV-aanklaer – Ronel Stander laat Samantha Stone vlamvat in ‘Skemergrond’

Ronel Stander maak ’n vurige gasverskyning in die gewilde kykNET&kie-telenovelle Skemergrond. Sy speel die intense staatsaanklaer Samantha Stone – ’n karakter wat alles op die spel plaas in haar soeke na geregtigheid en geen steen onaangeroer sal laat om die waarheid te ontbloot nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ronel is geen vreemdeling voor die kamera nie. Ná haar eerste professionele rol in China het sy al verskyn in, onder meer, Projek Dina, Wyfie, Catch Me a Killer en onlangs as Kaptein Tarina Spies in Die Byl.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Noudat beide Tillie Maritz (Deirdre Wolhuter) en haar seun, Dirk (Wilhelm van der Merwe), skuld beken het op die moord van haar man, Willem (Deon Lotz), is Samantha vasberade om uit te vind wie werklik die sneller getrek het.

“Sy is oortuig daarvan dat Dirk en Tillie vir Willem Maritz koelbloedig vermoor het, en sy sal niemand ontsien in haar poging om dit te bewys nie. Samantha soek bloed,” sê Ronel. “Maar haar hart is op die regte plek.”

Lees ook: Skokonthulling in Die Brug: ’n Tweede huis en nog spelers!

Ronel se regsagtergrond het haar ’n unieke voordeel gegee om hierdie rol oortuigend en met diepte te speel. “Mens kan seker sê ek het jare reeds vir hierdie rol voorberei sonder dat ek dit geweet het! Ek het regte studeer voor ek ’n loopbaan in die kunste begin najaag het.”

Ter voorbereiding het sy verskeie moordsake in Suid-Afrika nagevors om hofgedrag en -prosedures akkuraat weer te gee, en intensief gewerk aan die karakter.

“Ek het Samantha as karakter vir myself opgebou en raakpunte gesoek om haar motiverings beter te verstaan en, natuurlik, my teks in die draaiboek BAIE deeglik gelees.”

Hoewel Samantha Stone nie juis gewild is onder die gemeenskap van Gemoedsdrif nie, het Ronel groot waardering vir haar karakter.

“Ek bewonder haar strewe na geregtigheid en haar vermoë om gewildheid tweede te stel. Sy veg vir mense wat geen stem het nie.”

Een van die uitdagendste dele van die rol was om haar eie kennis van die storielyn as kyker te ignoreer en alles vanuit Samantha se perspektief te benader.

“Ek is self ’n aanhanger van Skemergrond en geniet die reeks vreeslik. As kyker weet ek dus dat Tillie en Dirk eintlik die slagoffers in hierdie verhaal is. So, dit was moeilik om Ronel se kennis van die gebeure weg te steek in my kop en as Samantha uit ’n hele ander hoek na die saak te kyk om oortuigend hierdie karakters se stories in die getuiebank te probeer ontrafel.”

Lees ook: Ruben Engel jaag die spanning op in Skemergrond se nuutste storielyn

Op die stel was die ervaring net so betekenisvol.

“Almal was eenvoudig lieflik. Dit het gevoel of ek by ’n familie van kreatiewe geeste kuier, en dit het my siel gevoed en versadig laat voel.”

Om ja te sê vir die rol van Samantha was vir haar ’n maklike besluit.

“Dit was ’n full-circle moment. Om op my road not taken te kon stap – al was dit net speel-speel – was iets besonders.”

Ronel Stander maak haar eerste verskyning in Skemergrond op 21 Mei 2025.

Skemergrond is Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en is ook beskikbaar op DStv Stream en Catch Up.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae met Roeline Daneel wie se jongste rol jou anders na TV-nuus sal laat kyk

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Lewe jy saam met ’n beheervraat?

Daardie onuitstaanbare mens by die werk, of ’n familielid wat altyd sy of haar sin…

18 hours Gelede

Keer verkoues so!

Het jy geweet jy kan met ’n pil wat by jou verkouefase pas jou verkoue…

20 hours Gelede

Die 5 beste oefeninge vir ’n ferm agterstewe

Lyk my agterstewe goed hierin? Maak vrede met jou sitvlak en fokus eerder op ’n…

20 hours Gelede

‘Die brug’ se Wilhrisca: “Ek het nutteloos gevoel. Asof ek nie vertrou word nie.”

kykNET se Die brug hou kykers op die punt van hul stoele met skokonthullings en onverwagse emosionele…

23 hours Gelede

Geurige tamatiesop met mozzarella

Resep deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Grondboontjiebotter-brood-en-botter-poeding

  Genoeg vir 6.   Bestanddele   10 snye witbrood 80 ml grondboontjiebotter 80 ml…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.