kategorieë: Ontspanning

Vanjaar se Shiraz-uitblinkers aangewys

Artikel en foto’s: Clifford Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Gaste by die toekennings is op oesters en ander lekkernye getrakteer.
Die aankondiging van vanjaar se uitblinkers is voor ‘n stampvol vertrek gemaak

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die kompetisie is ‘n belangrike maatstaf omdat Shiraz Suid Afrika se tweede-grootste rooidruifsoort naas Cabernet Sauvignon is, en ook vierde-grootste van al die land se wyn-wingerde. Die uitdaging is enig in sy soort.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die topwyne van vanjaar se inskrywings vir die Shiraz SA Top 12 Uitdaging is by ‘n funksie in die Paarl aangewys.

Dit is die 11de keer dat hierdie toekennings gemaak word. Die aankondigings word so naas moontlik aan 21 Augustus gemaak omdat Nasionale Shiraz Dag dan gevier word. Hierdie geleentheid sluit weeklange vieringe van die druifsoort, met spesiale proeë en geleenthede wat aangebied word.

Verteenwoordigers van vanjaar se wen-produsente is by die toekennings afgeneem. Hulle is, voor, van links: Niel Nothnagel (Babylonstoren), JD Rossouw (Wildeberg), Nataleé Both (Kleine Zalze), Maggie Immelman (Darling Cellar), Juandré Bruwer (Diemersdal), Janine Lategan (Stellenzicht) en Lawrie Moore (Villion Family Wines). Agter van links, is Johan Conradie (Vinventions SA), Schalk Opperman (Quoin Rock), Henning Retief (Kleine Zalze), Dewaldt Heyns (Dewaldt Heyns Wines), Piet
Steenkamp (Groenland), Vernon van der Hoven (Anthonij Rupert Wyne), Morgan Steyn (De Grendel), Hilton Phipson (Uva Mira), Gerhard Swart (Flagstone), Christiaan Coetzee (Uva Mira) en Mia Boonzaier (Flagstone) saam met Edmund Terblanche (Voorsitter van Shiraz SA).

Jaarliks word ‘n groep wenwyne aangewys. Vanjaar se 12 top presteerders is:

· Anthonij Rupert Cape of Good Hope Riebeeksrivier Syrah 2018

· Darling Cellars Gustus Shiraz 2021

· De Grendel Op die Berg Syrah 2021

· Dewaldt Heyns Weathered Hands Shiraz 2020

· Diemersdal Syrah 2022

· Fairview The Beacon Shiraz 2020

· Flagstone Dark Horse Shiraz 2019

· Groenland Syrah Premium 2018

· Kleine Zalze Family Reserve Shiraz 2019

· Stellenzicht Arenite Syrah 2019

· Uva Mira The Mira Shiraz 2020

· Wildeberg Red 2022

Die top Shiraz-versnitte is ook by die kompetisie bekroon: Babylonstoren Babel 2021, Flagstone Velvet 2017 en Quoin Rock Simonsberg Blend 2020.
Die top Shiraz-rosé-wyne is ook by die kompetisie bekroon. Die bobaas Shiraz Rosé is Villion Rosa Rabbedoe Rosé 2023.

Top Shiraz-versnitte en rosé-wyne is ook by die kompetisie bekroon. Eersgenoemde wenwyne is Babylonstoren Babel 2021, Flagstone Velvet 2017 en Quoin Rock Simonsberg Blend 2020. Die bobaas Shiraz Rosé is Villion Rosa Rabbedoe Rosé 2023.

Gaste kon die finalis-wyne in die Shiraz SA Top 12 Uitdaging by die geleentheid proe.
Edmund Terblanche (Voorsitter van Shiraz SA) vertel meer oor die druifkultivar.

Die geleentheid by Simonsvlei het ook vir die tweede keer spesiale erkenning aan ‘n produsent gegee vir bydraes tot die bedryf. Die trofee word vernoem na die Vader van Suid-Afrikaanse Shiraz, Bernard Podlashuk. Podlashuk het in 1956 die land se eerste enkel-kultivar Shiraz gebottel. Vanjaar is die wenner Creation Wines van die Hemel-en-Aarde.

Creation Wines se Carolyn Martin (heel regs) het die Bellingham Bernard Podlashuk-trofee en kontant-prys ontvang. By haar is seremoniemeester Tracey Lang (heel links) en Bellingham se Bianca Lenhardt.more
Na afhandeling van die aankondigings is die litte behoorlik deur Schalk Joubert, en Albert Frost losgemaak.Na afhandeling van die aankondigings is die litte behoorlik deur Schalk Joubert, en Albert Frost losgemaak.more

Die prysuitdeling is weer deur verskeie produsente, borge en media-gaste bygewoon. Gewilde radio- en teleivisiepersoonlikheid Tracey Lange was die seremoniemeester terwyl vermaak deur top verhoogkunstenaars Schalk Joubert en Albert Frost verskaf is.

Lees ook: Intieme kuns-ervaring lok kunsliefhebbers van wyd en syd

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

5 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.