Genoeg vir 4
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }• 10 ml (2 t) olyfolie
• 400 g varkfilet, in repies gesny (vra jou slagter om dit te doen)
• sout en gemaalde swartpeper
• 1 rooi ui, in skywe gesny
• 1 knoffelhuisie, gekneus en fyn gekap
• 2 cm- vars gemmer, gerasper
• 1 soetrissie, ontpit en in repies gesny
• 1 wortel, geskraap en in repies gesny
• 2 murgpampoentjies, in ringe gesny
• 6 knopiesampioene, in skywe gesny
• 1 blik pynappelstukke, gedreineer, maar behou die sap
• 10 ml (2 t) mielieblom
• 15 ml (1 e) sojasous
• 15 ml (1 e) balsemiekasyn
• 100 g (1/4 pakkie) Oosterse rysnoedels
1 Verhit die olie in ’n groot pan of wok.
2 Geur die vleisrepies liggies met sout en peper en verbruin in die verhitte olie. Skep uit en hou eenkant.
3 Soteer die uie in dieselfde pan tot sag. Voeg die knoffel, gemmer, soetrissies, wortels, murgpampoentjies en sampioene by en roerbraai tot sag.
4 Voeg die pynappelstukke en varkvleis by.
5 Meng die res van die bestanddele in ’n afsonderlike mengbak – ook die oorblywende pynappelsap. Voeg by die varkvleismengsel en roer oor lae hitte totdat die sous effens verdik.
6 Sit voor met rys of noedels.
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…
Hierdie webwerf gebruik koekies.