kategorieë: OuerskapJou lewe

Vat kindermishandeling vas

Marc Hardwick van Durban, vroeër lid van die polisie se kinderbeskermingseenheid, het ’n slimfoon-app ontwikkel om kinders te help om mishandeling aan te meld – anoniem en sonder om hulself bloot te stel. Hierdie wêreldeerste is internasionaal gepatenteer en staan bekend as The Guardian.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die app is vir gebruik in hoërskole ontwerp. Deelnemende skole betaal ongeveer R500 per maand en moet personeellede aanwys wat op inkomende aanmeldings reageer. Sodra die personeel ’n spesifieke geval ondersoek het, kan dit gesluit word. Indien dit ’n forensiese ondersoek regverdig, kan die skool die polisie of The Guardian betrek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Marc, die ontwerper van The Guardian wat die SAPD in 2002 verlaat het, het in sy loopbaan talle gevalle van mishandeling ondersoek en skuldiges aan die pen laat ry. Hy het egter gevoel sy bydrae was nie groot genoeg nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Ek het verskeie versoeke ontvang van volwassenes wat wou hê dat ek gevalle van mishandeling uit hul kinderdae moes ondersoek. Aan wie het hulle destyds hierdie insidente rapporteer? Die waarheid is: aan niemand nie, uit vrees vir weerwraak of viktimisasie.”

Om groter duidelikheid te kry het Marc – ’n pa van vier – ’n gesprek met sy tienerseun gevoer. “Ek het uitgevind daar is ’n ongeskrewe reël onder kinders en tieners dat volwassenes nie aan hulle kant is nie en nie vertrou kan word nie. Dit sluit ouers, onderwysers, beraders, ensovoorts in. Ek het my seun gevra of hy dit sou rapporteer indien hy geweet het sy vriend word fisiek of seksueel mishandel, en hy het gesê hy sou dit slegs doen as hy anoniem kon bly.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Dit het my aan die dink gesit. Ek wou ’n manier skep vir kinders om dit wat hulle weet anoniem onder die regte aandag te bring. Dit was die oorsprong van die app.”

“Ek wou ’n manier skep vir kinders om dit wat hulle weet anoniem onder die regte aandag te bring”

In 2007 het Marc sy korporatiewe pos verlaat en The Guardian gekonseptualiseer. “My eerste geval was van ’n vriend by Childline wat gevra het of ek ’n erge geval van verkragting en bloedskande in Hillcrest kon help ondersoek. Tydens die ondersoek het ek besef dat dit die aantal misdade teen kinders kon help beperk indien ek ’n professionele kinderbeskermingsdiens in Suid-Afrika kon bied.”

Marc leer onderwysers waarna hulle moet kyk as hulle vermoed ’n kind word mishandel en gee praatjies vir ouers oor die beskerming van hul kinders.

“Maar dit is steeds nie genoeg nie. Daar loop soveel gebroke mense tussen ons rond. Ons moet ons kinders beveilig. Ek glo die app kan help dat oortredings aangemeld en ondersoek word en dat die mense wat kinders mishandel die gevolge dra.”

Kontak vir Marc Hardwick by 083 796 6554.

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

23 hours Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.