kategorieë: Ons menseBekendes

Velkuns

Deur Cornél Dunn. Foto’s deur Johan Wilke

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Baie ink het al in die media oor die gewildheid – en boosheid – van tatoeëermerke gevloei. Maar dit lyk of die stigma die wyk geneem het en merke by beroepslui, sterre, studente en tuisbly-ma’s is ou nuus. Selfs die aktrise dame Judi Dench het op haar tagtigste verjaardag ’n tatoeëermerk op haar agterstewe laat aanbring, hoewel dit glo nie permanent was nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Daar is eindelose redes hoekom mense kies om tatoeëermerke te hê. Sommige wil ’n spesiale herinnering verewig, ander doen dit om estetiese redes, enkeles draf agter die mode aan. Die versierings wissel van versteekte skoenlappertjies tot krabbels en krulle en ontwerpe wat omtrent die hele lyf bedek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die neiging is dalk ’n bietjie aangevuur deur ’n rits bekendes en sportsterre soos Angelina Jolie, Johnny Depp en David Beckham se kunswerke. Hoe ook al, tatoeëermerke is gewilder as ooit en dit lyk nie of die gier gou gaan vervaag nie.

Tanya Rothtusz, ’n tatoeëerder wat as Jinx bekend staan, sê by Fallen Heroes waar sy werk, is ’n tatoeëermerk ’n kombinasie van die kliënt se keuse en die kunstenaar se vermoëns. Sy sê tatoeëerkuns het deur die jare gegroei en die dae toe ’n ontwerp uit ’n katalogus gekies is, is verby. Vandag is byna alles moontlik omdat tegnici meestal talentvolle kunstenaars is. Sy sê oud en jonk kom sit hier. Sy het onlangs vir ’n 82-jarige vrou die eerste tatoeëermerk van haar lewe gegee!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Francois van Coke: Rock-sanger

Francois Badenhorst (34) is die hoofsanger, liedjieskrywer en medestigter van die alternatiewe rockgroepe Fokofpolisiekar en Van Coke Kartel. Vir dié rocker lê sy lyfstempels dieper as veldiep. Sy lyf is vol tatoeëermerke van dinge wat vir hom belangrik is. Sy vrou, Lauren, se naam staan op sy bors, sy ouers se geboortedatums op sy arm. (“Nou het ek geen verskoning om hul verjaardae te vergeet nie,” skerts hy.) Op sy ringvinger is ’n anker wat hy laat aanbring het nadat hy sy troupand verlê het. “Dié pand kan ek nie verloor nie, en ek hou in elk geval nie baie van juwele nie. Lauren het ook ’n anker op haar arm, hoewel sy steeds ’n troupand dra.”

Selfs sy bulhond Ringo se gesig is op sy lyf te sien, ook dié van die legendariese musikant Jimi Hendrix. ’n Skip op sy linkersy herinner hom daaraan dat hy altyd op pad is huis toe. Die omslag van ’n Van Coke Kartel-album lê op sy linkerarm. Dié ontwerp van Louis Minnaar is een van Francois se gunstelinge. ’n Ontwerp deur Merwe Marchand le Roux bedek sy regterskouer. Selfs Francois se gunstelinggroep, Queens of the Stone Age, is op sy arm verewig. Die een tatoeëermerk wat niemand ooit sien nie, is die Fokofpolisiekar-lyfmerk op sy bobeen.

“Ek het op drie en twintig my eerste tattoo gekry. Al is dit nie meer my gunsteling nie, is dit nou so deel van my soos asemhaal. Ek wou tattoos gehad het vandat ek na rockmusiek begin luister het, daar was selfs drome van ’n hele lyf vol tattoos. Die enigste rede hoekom ek dit nog nie bereik het nie, is ’n gebrek aan tyd! En eendag gaan ek nog by ’n winkel inloop en sommer ’n ontwerp van die muur af kies.”

Francois sê hy kry nie juis negatiewe kommentaar oor sy tatoeëermerke nie. “Ek dink tattoos is so deel van die populêre kultuur dat mense nie meer daaroor wroeg nie.”

Francois het pas sy eerste solo-album bekend gestel en het vir dié debuut saam met ou en nuwe vriende soos Jedd Kossew, Karen Zoid, Laudo Liebenberg, Hunter Kennedy en Arno Carstens gewerk.  “Ek dink dié CD is beslis anders as Van Coke Kartel en Fokofpolisiekar. Ek wou iets doen wat getrou aan myself is, baie persoonlik, en nie beperk tot ’n sekere musiekstyl nie,” sê Francois.

Elbé Verdi: model

Die langbeenmodel, beter bekend as Elbé van der Merwe, woon deesdae in Los Angeles. Sy het onder meer as ’n Wonderbra-meisie (in 2008) bekendheid verwerf. Elbé het haar eerste tatoeëermerk op 15 gekry ter herinnering aan haar geliefde pa, Ben, wat daardie jaar oorlede is.

“Ek wou hom vereer en sy nagedagtenis verewig met sy naam op my pols, asook ’n skoenlappermotief, want hy het my altyd sy skoenlapper genoem,” vertel sy.

Sy het vyf jaar later haar ma Elsa en suster Corné se name by die skoenlapper laat aanbring. “Ek en my suster is onafskeidbaar en het identiese skoenlappers op ons enkels,” sê sy. “Verlede jaar het ek my versameling uitgebrei en my man, Cameron, se naam bygevoeg. Ons het ter viering van ons liefde ons name op mekaar laat tatoeëer.”

Elbé moet vanweë haar beroep maar lig met die tatoeëermerke omgaan. “Ek vermoed sommige kliënte verkies dit dat die modelle nie tatoeëermerke het nie. Ek doen my bes om die merke so onopsigtelik moontlik te laat doen. Hoewel ek en Cameron al oor nog ink gesels het, is dit vanweë my werkverpligtinge wys om eerder nou halt te roep.” Oor ander se menings oor tatoeëermerke is Elbé oopkop. “Ek weet mense vorm opinies oor dit wat hulle sien. Tog is daar altyd meer aan iemand as bloot jou mening van hom of haar.” Elbé sê sy beplan ook nie om een nag hieroor wakker te lê nie. “Die tattoos op my lyf is so permanent soos my geliefdes, my familie. Ek sou dit nooit anders wou hê nie.”

Tinarie van Wyk-Loots: aktrise

Tinarie (34) is deesdae ’n boorling van die Kaapse dorpie Riebeek-Kasteel. Die talentvolle aktrise wat onder meer bekend is vir haar televisierol in Vallei van Sluiers, is besig met ’n hele paar teaterproduksies vir kunstefeeste en later vanjaar wag ’n Afrikaanse rolprent. Tinarie dink lank en diep oor haar tatoeëermerke. “Ek het op 29 my eerste een gekry. Ek wou ’n deel van my storie op my lyf skryf sodat ek dit kan onthou,” vertel sy. Elkeen van haar tatoeëermerke het ’n storie. “Op my rug is ’n Egiptiese hiëroglief. Dit word die ‘Knoop van Isis’ genoem. Dit is ’n baie ou simbool en die verhaal daarvan het my aangegryp.”

Haar tweede lyfmerk, die Griekse woord “amimetobion”, is in ’n sirkelvorm op haar voorarm geskryf. Dit beteken “hierdie lewe kan nie nagemaak word nie” en moet haar daaraan herinner om die beste te maak van die een lewe wat sy het. “My derde tattoo is die Japanse simbole vir wabi-sabi en is agter my ore aangebring. Dit is ’n konsep wat die skoonheid van die gebreekte, onvolmaakte, verganklike en onvoltooide waardeer. Hierdie tatoeëermerke laat my onthou dat daar skoonheid in die meeste dinge is. Ons gebreke maak ons soms uniek en spesiaal.”

’n Wiskundige stelling met die Lyapunov-eksponent het sy pad na Tinarie se ribbes gevind. Die Lyapunov-eksponent, baie losweg gestel, beweer dat hoe verder jy die toekoms bereken, hoe verder sal dit van jou verwagtinge verskil.

Ja, sy beplan nog tatoeëermerke, en het ’n sterk mening daaroor. “Die mens is ’n visuele dier. ’n Paar jaar gelede was die assosiasie van ’n geïnkte lyf in ’n ander konteks as vandag gesien. Hierdie kunsvorm het ’n kreatiewe uitdrukking uit eie reg geword.” Tinarie se volgende merk is ’n sator-vierkant op haar heup. Hierdie vierkant is ’n veel-sydige palindroom wat in enige rigting gelees kan word en steeds sin maak. “Vir my lê die mooi van die sator-vierkant weer eens in die storie wat ek daaroor gelees het,” vertel Tinarie.

Kom spyt dalk te laat? “Ek beoog om nooit oor enigiets spyt te wees nie. Die geïnkte plooie kan maar kom … ”

#rrwenk: Voorbereiding vir ’n tatoeërmerk
• Vermy alkohol, want dit verdun die bloed en maak die kunstenaar se werk moeilik. Dit rek ook die helingsproses uit – wat gewoonlik twee maande is.
• Eet ’n goeie maaltyd voor jou afspraak, want die liggaam verbrand heelwat energie gedurende die prosedure en jy kan flou of naar voel as jou maag leeg is.

Gewildste ontwerpe
Landkaarte; pyle; Romeinse skrif; kolibries; koördinate; die woorde “This too shall pass.”

Hierdie artikel het oorspronklik in die Junie 2015 uitgawe van rooi rose verskyn.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.