kategorieë: TuinmaakLeefstyl

Vergelegen-roostuin

Die duisende bome in die kamferboomwoud het as’t ware hulself geplant en is die nageslag van die reusagtige kamferbome wat Goewerneur Willem Adriaan van der Stel meer as drie eeue terug voor sy huis (nou die historiese opstal), geplant het. Die oorspronklike bome is reeds in 1942 tot nasionale gedenkwaardighede verklaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Van November tot April word die stylvolle pieknieks by gedekte tafels met stoele, eetgerei en glase in tradisionele piekniekmandjies in die woud bedien. Die kulinêre span bewerk hul eie vleis en maak hul eie piekels.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Roostuin

Langs die woud lê die nuwe roostuin met meer as 1 500 nuwe rose. ’n Mens loop deur die roostuin om by die piekniekarea uit te kom.

Die roostuin vorm deel van die enorme tuin van ongeveer 10 hektaar wat ook ’n wêrelderkende Camelia-versameling insluit. Vir die roostuin is 1 200 ton nuwe grond aangery en ’n verdere 40 ton kompos en 40 ton perskepitte om as deklaag te gebruik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die nuwe roostuin is in die oktagonale vorm ontwerp en uitgelê soos die bekende kruietuin by die proelokaal. Die kamferboomwoud vorm die perfekte agtergrond vir die skouspel van kleure in die roostuin. Aan die rand van die roostuin is gemengde beddings met inheemse struike en bolplante aangeplant wat dan stelselmatig oorloop na die kamferwoud waar die ontvangsarea vir die pieknieks is. Links van jou is prieële met rankrose om die tuin af te rond en regs voltooi ’n laning van avokadobome en persimmon-bome teen die rand aan die noordekant (langs die historiese opstal), die prentjie.

*Pieknieks word bedien vanaf 12:15 tot 13:30 en verdaag om 16:30. Die koste is R235 per volwassene en R95 vir kinders en sluit nie wyn en drankies in nie. Besprekings is noodsaaklik by 021 8472131 of www.vergelegen.co.za.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje
Tags: blommetuine

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

20 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.