kategorieë: VelsorgSkoonheid

Velsorg: Jy vra, Avène antwoord

Avène, die velsorgreeks met kundiges wat in 1736 in die suide van Frankryk begin het om ’n vertroulike verhouding tussen dermatologiese laboratoriums en verbruikers te vestig, het jou, die lojale rooi rose-leser, die geleentheid gebied om ’n spesifieke velsorgvraag te vra wat deur een van hul kenners beantwoord is. Hier is ’n paar van die vrae wat beantwoord is:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Is die Avène-velsorgreeks geskik vir alle veltipes?

Daar is vir elke veltipe ’n oplossing in die Avène-reeks. Avène Thermal Spring Water vorm die basis van al die produkte en bied produkte vir hipersensitiewe, droë, kombinasie en olierige velle aan. Die reeks het ook gespesialiseerde produkte vir dehidrasie, volwasse aknee, ekseem, psoriase en pigmentasie. Goeie raad is baie belangrik. Ken jou veltipe deur ’n analise te doen om die regte produkte vir jou vel te kies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat is die beste teenvoeter vir ’n moeë vel? Hoe kry ek die glans terug?

’n Moeë, lustelose vel is gewoonlik ’n teken van dehidrasie. Jou vel benodig water. Gebruik produkte wat die vel hidreer, soos die Avène Hydrance-reeks. Jou liggaam kort ook water, so drink genoeg suiwer water, kry genoeg slaap, vermy te veel stres en volg ’n gebalanseerde dieet. As enige van die bogenoemde kort, wys dit baie gou op jou vel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Watter produk werk vir plooitjies om die mond?

Ons lippe skei nie sebum af nie, en die vel rondom die lippe kan droog word en fyn lyntjies laat verskyn. Met tyd verloor jou vel ook elastisiteit. ’n Produk soos Avène YsthéAL Eye and Lip Contour Care help hiervoor, asook vir fyn lyntjies om die oë.

Ek is in my middeljare, maar sukkel steeds met ’n kombinasie-vel wat reageer op enige nuwe velsorgprodukte, enige raad?

Hormone kan gedurende die middeljare ’n groot rol speel in jou vel se struktuur en sensitiwiteit.  Produkte soos die Avène Physiolift-reeks is spesifiek geformuleer vir dames wat sukkel met plooie, asook met ’n kombinasie-vel.  Dit is baie belangrik om ’n goeie reiniger te gebruik, soos die Avène Cleansing Foam, gevolg met Avène Thermal Spring Water wat die vel se PH herstel. Avène, saam met die genesende water, sal sag genoeg wees sonder om jou vel te irriteer.

Wat is die beste teenverouderingsroetine?

Jou nommer een prioriteit is sonskerm. ’n Sonskerm met ten minste ’n SPF-50 behoort elke dag gebruik te word om sonskade en vroeë veroudering te voorkom. Iets soos Avène SPF50+ Fragrance Free Emulsion is lig en bied goeie beskerming teen die son. Dan is dit ook belangrik om die regte velsorgreeks vir jou veltipe te gebruik. ’n Goeie roetine sal wees:

• Oggend: Was jou gesig met ’n goeie reiniger, wend jou teenveroudering-vogroom aan (met ’n serum), gevolg deur jou sonskerm.
• Aand: Was weer jou gesig, wend ’n teenverouderingserum aan, gevolg deur ’n nagroom en oogroom. Vir diep plooie, gebruik ’n vuller, soos die Avène PhysioLift Precision Wrinkle Filler as die laaste stap in jou nagroetine.

Ek sukkel met volwasse aknee. HELP!

Volwasse vroue kan onvolmaakthede, inflammatoriese en ander letsels op enige ouderdom ontwikkel. Aknee by volwasse vroue is ’n probleem wat 41% van vroue tussen die ouderdom van 25 en 40 affekteer.

Oorsake van volwasse aknee:

  • Hormonale veranderinge
  • Stres
  • Skoonheidsmiddels wat nie geskik is nie
  • Gene
  • Blootstelling aan die son
  • Dieet

Anders as jeugdige aknee, is volwasse aknee geneig om te herhaal en bied dit dikwels weerstand teen konvensionele behandeling. Hierdie tipe aknee-behandelings is spesifiek ontwerp vir tieners wat beteken dit is te droog en teenproduktief vir diegene wat met volwasse aknee sukkel. Volwasse aknee kan ook donker merke en letsels agterlaat wat diep en langdurig kan wees indien dit nie reg behandel word nie.

Avène TriAcnéal EXPERT is spesifiek ontwerp vir vroue wat deur hardkoppige of laat-aknee beïnvloed word. Die persoonlik-geformuleerde formule bevat driedubbele komplimentêre aktiewe met bewysde doeltreffendheid. Voeg hierdie produk by jou aandroetine.

Vir meer inligting en velsorgraad, besoek www.avene.co.za of stuur ’n e-pos aan info@pierre-fabre.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.