kategorieë: Leef gesondGesondheid

Verkoue? Dokter jouself soos ’n dokter dit sou doen

Verkoue? Dokter jouself soos ’n dokter dit sou doen deur Salomé Delport

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die jongste konsep oor verkoue is dat behandeling, en veral antibiotika, onnodig is. Feit is, as jy jou immuunstelsel kans gee om die ding uit te spook, sal jou liggaam homself genees. Al wat jou dokter jou sal aanbeveel is dat jy rus, jou liggaam tyd gee en hom ’n bietjie ondersteun deur jou simptome te verlig. Watter advies sou jou dokter vir jou gegee het?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1 Rus jou verkoue reg

’n Ligte verkoue kan binne ’n dag of twee oor wees, maar vir ’n swaar verkoue moet jy jouself tot tien dae kans gee. Jy hoef nie noodwendig in die bed te lê nie, maar moenie jouself fisiek ooreis nie. As jy bly werk, herskeduleer jou take sodat jy nie oortyd werk nie, of selfs net die oggend werk. Hou by ligter take wat nie fisiek veeleisend is nie. En dalk sal jy ook maar sukkel om te konsentreer.
Kan jy ’n verkoue wegoefen? Nee, dit is ’n mite. Selfs superfikse professionele sportmense is meer geneig tot verkoues wanneer hulle ooroefen.

2 Maak jou omgewing gemaklik

Die winter skep op twee maniere ’n los gelukkie vir die virusse – en pure ellende vir ons.

Eerstens die klimaat: die lug is droog en koud, wat in verkouevirusse se guns werk. Hulle floreer in ’n koue, droë omgewing soos tipies in die binneland, en binneshuis waar lugreëling, die kaggel en verwarmers die lug uitdroog.

Daarby droog ’n koue en lae humiditeit die slymvliese van jou neus, sinusse en keel uit – juis waar ’n groot deel van jou immuunstelsel werk om hierdie kieme weg te weer. Dus: jy is weerloos, en hulle het die klimaatsvoordeel.

Wat kan jy doen om hierdie ideale kombinasie teen te werk? Sorg vir ’n humidifiseerder. ’n Oop bak water naby jou kan ook help om die vog in die lug aan te vul.

Tweedens hou die vertrekke waarin jy is aangenaam warm maar nie oorwarm nie.

3 Wat is die hinderlikste simptome van jou verkoue?

Behandel hulle eerste. Dan voel jy dadelik beter.

4 Wat is jou grootste risiko’s?

Party van ons is na ’n verkoue geneig tot asma. Ander hou eerder ’n nare sinusinfeksie oor, terwyl ander sukkel met ’n oorinfeksie, stembandontsteking (laringitis) of bronchitis. Neem jou swakplek in ag en tref voorsorg met die regte selfbehandeling.

5 Die regte behandeling vir jou soort verkoue-simptome

Jy weet nou wat jou risiko’s is. Kies medisyne vir jou verkoue dus so.

Wat van ’n alles-in-een verkouepil? Dit werk goed vir baie mense. Maar as dit een of twee simptome nie onder beheer kan bring nie, kan jy gerus ook die volgende advies byvoeg.

Nies

  • Hierdie verkouefase is gewoonlik binne ’n dag of twee – of selfs ’n paar uur – oor. Die beste wat jy kan doen is om ekstra water te drink, omdat jy vog verloor. Drink suiwer water, eerder as koeldrank met baie suiker.
  • Of drink vars groensap, aangesien die anti-oksidante daarin jou immuunstelsel kan help. ’n Ander moontlikheid is ’n drankie met ekstra vitamien C.
  • Onthou die nies-etiket:
    Jy is in die niesfase op jou aansteeklikste. Die beste etiket is om jouself te isoleer en tuis te bly. Moenie gaan fliek of inkopies doen, as jy dit kan verhelp nie. En waarsku mense dat jy dink jy het ’n verkoue onder lede. As jy werk toe gaan, hou jou kantoordeur toe, as jy kan.

As jy in die tipiese oopplan opset werk, is verkoue-etiket belangriker as ooit. Nies in ’n snesie, of ten minste binne-in jou mou, sodat die kieme nie die wêreld vol versprei nie. Dit help min om jou hand voor jou neus te hou, omdat die kieme doodeenvoudig van jou hand af oral versprei waaraan jy vat.

  • Was jou hande na elke nies-en-afvee, as jy kan. Of gebruik ’n handontsmetmiddel. Hou snesies en ’n plastieksak byderhand

Rinitis, of ’n loopneus

  • Is dit nie die lastigste deel van ’n verkoue nie? Al die afvee maak die vel rondom jou neus en bolip teer. Beskerm jou vel van die begin af met ’n lagie vaselien of soortgelyke salf.
  • Gebruik liewer ’n ontstumiddel of dekongestant (enige anti-allergiese of anti-inflammatoriese middel) om die swelling te laat sak. Wees versigtig vir opdroogmiddels, veral as jy neig na sinusitis of oorinfeksie. Hulle verdik die slym, wat dan moeilik dreineer en ideale teelaarde skep vir bakterie wat sinusitis en oorinfeksie veroorsaak.
  • Jy verloor nou baie vog. Soos wanneer jy nies het jy ekstra water of ander drankies nodig wat jou immuunstelsel ondersteun.
  • Net soos as jy nies is verkoue-etiket die regte ding om te doen.

Pyn en lyfseer

Hoof- en oorpyn is glad nie lekker nie. Die beste raad is ’n doodgewone pynpil met parasetamol of ibuprofien.

Wat as jou verkoue jou koorsig maak?

Die meeste verkoues veroorsaak matige koors. Gelukkig help parasetamol en ibuprofien hiervoor ook.

Maar moenie koors ignoreer nie. As jou koors skielik bo 38 °C is en daar bly, is dit tyd om dokter toe te gaan. ’n Virusverkoue maak jou vatbaar vir die bakterieë wat longontsteking, mangelinfeksie en sinusitis veroorsaak.

Jy voel pap en moeg

Hier moet jy jou goeie oordeel gebruik. Die feit van die saak is dat ’n verkoue mens fisiek tap. Die grootste guns wat jy jouself kan doen is om dit nou rustig te vat, sodat jou liggaam sy energie kan fokus om die verkoue te oorkom.

Maar jy is dalk onder druk by die werk … en weet hoe suksesvol kafeïen jou tydens ’n verkoue opkikker. As jou gestel nie af is nie, kan jy verkouemiddels met kafeïen probeer. Onthou om dit net bedags te gebruik, want jy wil snags goed slaap. Dit sal juis help as jy nou vroeg inkruip. Verwag ook om besonder pap te voel sodra die kafeïen uitgewerk het.

Raad vir keelseer

  • Dit is dikwels die pynlikste deel van ’n verkoue. Daar is baie soorte suigtablette met ’n ligte plaaslike doofmiddel daarin. Kyk vir suigtablette met ekstra sink en/of vitamien C en met so min as moontlik suiker.
    • Gorrel met soutwater om jou keel te help ontsmet. (Die resep? Een teelepel sout op ’n liter water.)
    • Drink genoeg vloeistof. Louwarm drankies is die beste.
    • Sommige mense vind dit help om ysblokkies te suig.
    • Gebruik ibuprofien of parasetamol vir die pyn, as jy dit nie reeds gebruik nie.

Raad vir oorpyn

  • Gebruik ibuprofien of parasetamol vir die pyn.
    • Hou ’n warmwatersak of ’n warm, klam lap oor die seer oor.
    • Pasop vir ’n opdroogmiddel, om dieselfde redes as hierbo.

Raad vir seer sinusse

  • Gebruik ’n dekongestant of ’n sout-neusspuit (saline) om die swelling te verminder. Moet dit nie oormatig gebruik nie want jou slymvliese moet nie uitdroog nie.
    • ’n Humidifiseerder of ’n bak water kom hier ook goed te pas, juis omdat dit help met lugvog wat jou sinusse beskerm.
    • Nog ’n plan: stoom jou sinusse. Tap ’n bak of wasbak vol warm water, staan met jou kop daaroor sodat jy die stoom inasem. Gooi ’n handdoekie soos ’n tent oor jou en die wasbak, sodat jy soveel as moontlik stoom vasvang.
    • ’n Warm kompres (warm natlappie) kan die pyn baie verlig.

Hoes

  • Daar is twee hooftipes hoesmiddels: ekspektorante, wat die slym verdun sodat jy dit makliker kan uithoes, en hoesonderdrukkers, wat die hoesrefleks onderdruk.
    • Vir ’n aanhoudende nat hoes wat nie binne ’n paar dae vanself opklaar nie, kan ’n ekspektorant baie help. ’n Hoesonderdrukker kan vir ’n droë hoes help maar dit word selde aanbeveel. Probeer dit net as daar regtig geen slym is nie – en ook net snags, sodat jy kan deurslaap.

Lees ook

Watter medisynes moet ek gebruik vir my verkoue?
Wat van alternatiewe medikasies vir jou verkoue? Hier is die bestes

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.