kategorieë: Ontspanning

SA se Sauvignon blancs van die wêreld se bestes

Woorde: Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

’n Rekordgetal van 1 210 Sauvignon-wyne regoor die wêreld het vanjaar meegeding om die hoogs gesogte Concours Mondial du Sauvignon-medaljes. Vyftig internasionale beoordelaars het silwer- en goue medaljes aan wyne van 20 lande toegeken, wat by die reuse wynskou, ProWein in Düsseldorf, Duitsland, aangekondig is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Suid-Afrika het 56 medaljes – 26 goue medaljes en 30 silwermedaljes – saam met ‘n internasionale trofee verower. Die Villiera Bush Vine 2022 deur Villiera Wines is bekroon met die Tonnellerie Sylvain-trofee, wat die beste wyn beloon wat in eikehoutvate verouder is. Darling Cellars se Gustus Sauvignon Blanc 2020 het die Revelation South Africa-trofee vir die beste presterende Suid-Afrikaanse wyn op die skou ontvang.

Suid-Afrika was goed verteenwoordig met ’n rekordgetal van byna 13% van die inskrywings. Frankryk bly oorheers met 40% van die wyne wat ingeskryf is, en wen ook die Internasionale Trofee vir die Beste Versnit van Gascon-wyn vir die Saint-Lannes Sauvignon Chardonnay deur Duffour Père & Fils. Dit word gevolg deur Oostenryk met 225 wyne wat ingeskryf is (18,6%), met die Dubourdieu-trofee vir die top-Sauvignon in die kompetisie wat uit Steiermark kom, wat deur die Adam-Lieleg-wynmakery aan Sauvignon Blanc Sieme Eichberg toegeken is. Italië en Nieu-Seeland voltooi die topvyf-reeks van deelnemende lande.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die Diemersdal Sauvignon Blanc Reserve 2022 was een van die goue medaljewenners by vanjaar se 2023 Concours Mondial du Sauvignon, die grootste internasionale Sauvignon Blanc-kompetisie.

Die week voor dié aankondigings, is die 14de kompetisie van die Concours Mondial du Sauvignon –  die eerste buite Europa – deur Sauvignon Blanc Suid-Afrika in Franschhoek saam met die internasionale organiseerders, die Concours Mondial de Bruxelles, aangebied. Benewens die proeë, het die 50 beoordelaars vanoor vier kontinente en 19 nasionaliteite, wat ook joernaliste, wynmakers en kopers ingesluit het, die diversiteit van Suid-Afrika se wynstreke ontdek deur konferensies, besoeke en proeë.

Vergelegen was die laaste stop op hul Suid-Afrikaanse reis en met ’n perfekte sonsondergang oor die historiese herehuis en tuin, het dit waarlik die besoekers se asems weggeslaan. Gaste het by een lang tafel aangesit en aan tradisionele kos gesmul, wat met Suid-Afrikaanse gasvryheid en -Sauvignon blancs bedien is.

Vergelegen, die historiese wynlandgoed op Somerset-Wes het gasvrou gespeel vir die afskeidsete vir die beoordelaars.
Gaste kon die sonsondergang oor die historiese herehuis geniet met ’n glasie yskoue Vergelegen Brut MMV 2018.

RJ Botha, keldermeester by Kleine Zalze en voorsitter van Sauvignon Blanc Suid-Afrika, het gesê: “Hierdie week sal in die geskiedenisboeke opgeteken word. Ons het ongelooflik baie by mekaar geleer.

“Sauvignon is die topverkoper variëteit in die plaaslike mark – met 14,3 miljoen liter in 2022 – en die meeste uitgevoer, met 67,7 miljoen liter. Tans besit Sauvignon ’n 12,2%-aandeel van die totale oppervlakte onder wingerd in Suid-Afrika en is dit die tweede mees aangeplante druif in die land, ongeag kleur.

“Die presiese datum wat Sauvignon blanc in Suid-Afrika arriveer het, is onbekend, maar dit is bekend dat Sauvignon-wingerde in die laat 1880’s by die Groot Constantia-landgoed geplant is. Die eerste kommersiële Sauvignon-variëteitwyn is in 1977 deur Verdun (nou Asara) geproduseer, met Backsberg en De Wetshof wat in 1980 deel van die mark geword het. Die oudste bestaande Sauvignon-wingerde (geplant in 1965) kan by Spice Route se Klein Amoskuil in die Swartland gevind word.”

RJ Botha, keldermeester by Kleine Zalze en voorsitter van Sauvignon Blanc Suid-Afrika en Quentin Havaux junior, HUB van Concours Mondial du Sauvignon en Vinopres by Vergelegen.
RJ Botha, keldermeester by Kleine Zalze en voorsitter van Sauvignon Blanc Suid-Afrika, gesels met gaste.

Quentin Havaux, direkteur van Concours Mondial de Bruxelles en sy Sauvignon-tak, het aan gaste gesê dat hulle met hul besoek aan Suid-Afrika geskiedenis gemaak het. “Nie net geskiedenis vir SA nie, maar ook vir Concours. Ons almal het ook totaal halsoorkop verlief geraak op SA. Die beoordeling en proe was intens, maar ongelooflik.”

Hy het die proeërs bedank en gesê: “Julle het ons gehelp om vir verbruikers regoor die wêreld die beste SB in die wêreld uit te lig.”

Quentin Havaux senior, en sy seun, Quentin, HUB van Concours Mondial du Sauvignon en Vinopres by Vergelegen. Hul pa en oupa, Louis, het die Concours Mondial de Bruxelles in 1994 gestig.

Dr. Ilse Trautman van die Wes-Kaapse Departement Landbou, het vertel dat die Wes-Kaap uitgebou moet word as landbou-hub van Afrika. Dit verskaf werk aan duisende mense, bewerk groei en beleggings en dra die algemene beeld van die land op ’n positiewe noot uit.”

Sy het gevra dat elke oorsese besoeker wat dié aand met ’n glas Sauvignon in sy of haar glas sit, ambassadeurs vir Suid-Afrikaanse wyn en vir die land moet wees. “Ons is oop vir besigheid. Bring jul wynkopers en jul toeriste. Toegewyde mense en -ondernemings is ons unieke verkoopspunt.”

Een langtafel waarby al die gaste gesit het, is voor die herehuis onder die ou kamferbome gedek.
Oulike herlaaibare liggies in die bome en op die tafel het verseker dat beurtkrag nie die feestelikhede demp nie.

Goeie nuus vir Sauvignon Blanc entoesiaste is dat met die viering van Internasionale Sauvignon Blanc Dag in Mei, Sauvignon Blanc SA ’n Sauvignon Safari met deelnemende wyne van die Concours-kompetisie van regoor die wêreld in verskeie stede in SA sal aanbied. Besoek www.sauvignonblanc.com, stuur ‘n e-pos na info@sauvignonblanc.com of bel 082 808 1114 vir meer inligting.

Lees ook: Ontmoet die ses vroue van Die Real Housewives van die Wynlande

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is jy ’n perfeksionis? Hoe vind jy balans?

Deur Maretha Botes Perfeksionisme is ’n tweesnydende swaard. Aan die een kant motiveer dit jou…

41 mins Gelede

Besoek Stellenzicht se unieke ekowyn-pod vir ’n uitsonderlike wynproe-ervaring

Soos jy aankom, word jy deur welige wingerde en groen heuwels begroet. Die wyn-“pod” self…

3 hours Gelede

Geurige roerbraairys

Hierdie geurige roerbraairys kry die lekkerste dadel-en-sjerrie-hoender by.

6 hours Gelede

Die beste gebruik van herfsblare in jou tuin

Die helder skakerings van oranje, rooi, geel en bruin blare gedurende die herfs is werklik…

7 hours Gelede

Leer jou breipatrone beter verstaan

Ons deel breilesse uit ons argiewe.

1 day Gelede

Gebruik oogomlyner vir langer wimpers

Nie almal is geseënd met lang wimpers óf weet hoe om vals wimpers aan te…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.