kategorieë: Reis

Verlei jou smaakknoppies by Cattle Baron

Die geure van smullekker geregte lok jou na die nuut opgeknapte Cattle Baron-restaurant in Addo Olifant Nasionale Park. Jou oë dwaal onmiddellik, verkennend oor die tafels waar gaste aan ’n verskeidenheid geregte smul. Die atmosfeer gons met tevrede kliënte, terwyl glimlaggende gesigte die gebied verlig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Sedert die heropening van die nuwe Cattle Baron by die hoofkamp op 19 Maart, het die restaurant gefloreer. Met ’n verskeidenheid van lekker opsies op die spyskaart, is die sukses is nie heeltemal onverwags nie. Al het die naam van Addo Restaurant na Cattle Baron verander, is daar steeds ’n paar van die oorspronklike restaurant se geregte op die spyskaart omdat dit so gewild was. ’n Ontbyt en middagete buffet is ook nou beskikbaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Na ’n opknapping van die gebou en die personeel se diens en die standaard van die kos word die restaurant op ’n hele nuwe standaard bedryf. Eienaar Wayne Range is baie trots op die opgradering en skryf die verhoogde diens toe aan die opleiding wat sy personeel ontvang. “Ons het ’n paar van die ou personeellede en ‘n paar nuwes. Ons kombuis het verdubbel in grootte en personeel is by die Mount Nelson Hotel opgelei.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sommiges voel die pryse is dalk bietjie hoog, maar jy kry beslis die waarde vir jou geld. Jy kan kies tussen geregte wat jou mond sal laat water: Van die wildsvleis stoofpot, wat van die ou spyskaart geërf is, tot nuwe lekker vleisgeregte. Ek het die hoender Bacamberry bestel. Dit is een van die twee smullekker geregte wat deur Range aanbeveel is. Gebraaide hoenderborsies mag eenvoudig klink, maar hulle is perfek gaargemaak, bedek met spek, camembert en geroosterde uie en bedien op ’n cranberry coulis. Met elke hoofgereg word gratis groente bedien (in hierdie geval spinasie en botterskorsie).

Die ander aanbevole gereg is hul Chatteaubriand. Dit is fillet geflambeer in brandewyn en bedien met ‘n sampioen en ’n Cattles Baron se béarnaise-sous. Die spyskaart is ’n bietjie beperk vir vegetariërs met slaaie as die belangrikste keuse, tensy jy nagereg as ’n opsie kies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hier kan jy die grootte van jou steak kies, iets wat die Cattle Baron by Addo hoofkamp onderskei van die meeste restaurant in die kettinggroep buite die park kies. Hierdie diens word nie wyd geadverteer, maar as 200g of 300g is nie genoeg nie, kann jy vir ’n bonkiger grootte vra. Nog ’n Cattle Baron geheim lê in die rypmaak van die vleis. Range sê dat die vleis is nie gevries word nie, maar nat rypgemaak word. Beeste word net graan gevoer. Nat verouderde vleis word verseël om te verseker dat die vog ongeskonde bly. Met ’n droë-veroudering hang die vleis en droog uit.
“Die Cattle Baron se etos maak ons vleis anders. Ons doen alles om die smaak te verbeter,” sê Range. Volgende keer as jy tyd het, besoek Addo se hoofkamp en stop by die restaurant. Jy sal daarna beslis weer wil gaan!

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.