kategorieë: KosNagereg

Verleidelike warmsjokolade-melkskommel

Broekies

“Broekies” is sjokoladebruintjies wat met koekies gemeng is, vandaar die naam!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

• 450 g 70% donkersjokolade, fyn gekap
• 45 g botter
• 225 g strooisuiker
• 80 ml (⅓ k) mielieblom
• 5 ml (1 t) bakpoeier
• 3 eiers
• 5 ml (1 t) vanieljegeursel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1 Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit.
2 Smelt 350 g sjokolade en die botter in ’n groot mengbak wat knus oor ’n kastrol pas wat halfvol kookwater is. Roer deurentyd totdat die sjokolade en botter gesmelt is. Trek van die hitte af en laat afkoel.
3 Meng die strooisuiker, mielieblom, bakpoeier, eiers en vanieljegeursel in ’n groot mengbak en klop met ’n elektriese klitser tot lig en donsig.
4 Voeg die sjokolademengsel by en roer deur.
5 Skep eetlepels van die deeg op die bakplaat. Bedek met die oorblywende sjokolade.
6 Bak vir 10-12 min. of tot die koekies liggies begin kraak en set.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Luukse warmsjokolade-melkskommel

Genoeg vir 4

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Warmsjokolade met ’n lagie karamel onder, grondboontjiebotterroom bo-op en karamelroomys heel bo.

Gesoute karamel
• 175 g ligbruinsuiker
• 250 ml (1 k) room
• 50 g botter
• 5 ml (1 t) sout

Grondboontjiebotterroom
• 125 ml (½ k) room
• 30 ml (2 e) grondboontjiebotter
• 10 ml (2 t) versiersuiker
• 10 ml (2 t) vanieljegeursel

Warmsjokolade
• 500 ml (2 k) volroommelk
• 500 ml (2 k) room
• 300 g 70% donkersjokolade, fyn gekap
• 60 ml (¼ k) kakaopoeier
• 10 ml (2 t) vanieljegeursel
• 4 balletjies vanielje- of karamelroomys

Karamel
1 Meng die suiker, room, botter en sout in ’n klein kastrol oor matige hitte en bring tot kookpunt.
2 Verlaag die hitte en laat prut vir 3-4 min. Trek van die hitte af.

Room
1 Klits die room, grondboontjiebotter, versiersuiker en vanieljegeursel in ’n groot mengbak tot dit stywe punte vorm. Hou eenkant tot benodig.

Warmsjokolade
1 Verhit die volroommelk en room in ’n kastrol oor matige hitte.
2 Bring tot by kookpunt, trek van die hitte af en voeg die donkersjokolade en kakaopoeier by. Roer totdat al die sjokolade gesmelt is.
3 Gooi sowat 2 e (30 ml) van die karamelsous in die opdienkoppies/glasies.
4 Vul met die warmsjokolademelk en sit voor met ’n skeppie grondboontjiebotterroom en ’n balletjie vanielje- of karamelroomys.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 day Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.