kategorieë: WenkeMode

Verleng jou swart denim se leeftyd so

Verleng jou swart denim se leeftyd so.  Deur Susra Matthee

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dit is ’n hartseer dag wanneer jou swart denims verbleik en vervang moet word. Ons het ’n paar maniere gaan soek om ons swart denims ’n langer leeftyd te gee.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Om ’n langer leeftyd te verseker moet jy jou swart denims nie so gereeld was nie. Hoe meer dit gewas word, hoe vinniger gaan die kleur verlore. Indien jy nie op jou denim gemors het of dit op ’n baie warm dag gedra het nie, kan jy dit tot drie keer dra voor jy dit hoef te was.

Lees ook: Verleng die lewe van jou gunsteling-jeans

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wanneer jy dit was

  1. Draai jou denims om voordat jy dit was, om die kleur te behou.
  2. Sorteer jou wasgoed volgens kleurskakerings. As jy verskillende kleure saam was, verdoesel die kleure mekaar, veral as daar ligte kleure by is.
  3. Gebruik koue water. Dit is noodsaaklik om jou denims die beste kans te gee om donker te bly. Moet nooit jou swart denims of enige donker kleure in warm water was of week nie.
  4. Gebruik ’n skoonmaakmiddel wat spesifiek vir donker kleure geskik is.
  5. Stel die wasser op ’n sagte siklus soos wol of delikaat. Hoe meer aggressief jou masjien draai, hoe meer sal die denim se kleur vervaag. Die beste tegniek bly egter steeds om dit met die hand te was.
  6. Moenie dit in die droeër gooi nie, hang dit eerder op ’n wasgoedlyn. Hou dit egter weg van direkte sonlig.

Die asyn-metode

’n Goeie manier om die swart kleur in jou denim te verseël, is om dit vir 15 tot 30 minute in ’n mengsel van koue water en ’n koppie witasyn te laat lê. Spoel dit goed uit en hang dit op om droog te word.

Die sout-metode

’n Ander metode is om jou denims in een of twee eetlepels sout te week. Jy kan selfs die sout by die asyn ook gooi. Spoel dit uit en hang op om droog te word.

fHooffoto: EVG Kowalievska vir Pexels

Lees ook: 9 modefoute wat jy onbewustelik maak

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.