kategorieë: VerhoudingsJou lewe

Raad vir ongesonde vriendskappe

Raad vir ongesonde vriendskappe deur Anys Rossouw

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Vriende vir ewig?

Vriendskap is die tuin vir die siel waar ervarings van geluk, betekenis, intimiteit, kreatiwiteit en persoonlike groei en ontwikkeling kan blom.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vrolike saamwees-tye met ’n dierbare vriendin laat die lag gemaklik uit jou borrel en sit die huppel terug in jou stap.

Dit voel sommer of alles wat negatief is, vervaag: jou finansiële of familieprobleme, die geweld in die land, die swak rand, jou moeilike baas, jou moederlike pligte en jou onmoontlike kinders. Jou wêreld lyk vol hoop. Ligter, mooier.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Maar kuier saam met ’n ander vriendin en sy mergel jou uit. Wanneer sy ry, voel jy dankbaar, verlig én uitgeput.

Daar lê dikwels net te veel frustrasies, spanning en emosionele swaarkry onder die fasade van vriendskap. Wat hou jou in so ’n vriendskap?

Lees ook: Cindy Swanepoel gee raad oor eensydige vriendskappe

Om ’n vriendskap te laat gaan, is vir baie mense makliker gesê as gedaan, want ons voel dikwels so verantwoordelik vir ander en dink die fout lê by ons wanneer ’n verhouding nie werk nie. Dit laat mense agteroor buig en hulle belê nóg meer tyd, energie, aandag en selfs geld in ’n verhouding, net om maar weer met onvergenoegdheid, skuldgevoelens en selftwyfel te sit.

Anja* sê haar vriendskap met Sanet voel soos pligpleging. “Ek het nie meer lus vir ons weeklikse koffie-afspraak nie. Ek is voortdurend in my pasoppens. Praat ek oor my kinders, dink ek hulle is beter as hare. Vertel ek van ’n lekker kuier saam met iemand anders, gee ek meer vir hulle om en sluit ek haar uit. Sy lees in onskuldige opmerkings ’n angel, of ervaar dit as verwerping. Ek is deesdae so oorversigtig dat ek nie spontaan enigiets met haar kan deel nie. Dis vir my niks anders as ’n spanning nie, want dis net te ingewikkeld.

“Sy besef nie dat sy met dié optrede juis van die vrees dat ek haar sal uitsluit, ’n werklikheid maak nie. Dit voel of ek net altyd daar vir haar en haar krisisse moet wees – vir myne is daar nie ’n sagte oor nie. Ek is die een wat die moeite moet doen, tyd maak en omgee. Ek begin wonder hoekom ek hiermee moet voortgaan? Dit laat my skuldig voel, want ek weet dit sal haar breek as ek nie meer haar vriendin wil wees nie.”

Pieter* sê sy jare lange vriend Werner maak hom lam met sy aansprake, persoonlike kwessies, jaloesie en negatiwiteit.

“Hy en sy vrou probeer ons opeis en van ander mense afsonder. Ons móét elke week nét saam met hulle braai. Waag ons dit om ander mense ook na ons naweekplek by die dam te nooi, is die gort gaar. Die atmosfeer is voelbaar en dis die een verwyt na die ander.

“Hy probeer boonop om my by sy rusies met ander mense te betrek en ek moet kies: dis óf hy óf hulle, en hy ignoreer my summier wanneer ek nie kant wil kies nie. Dis amper soos seuntjies wat bende-bende speel. Wanneer ek die kwessie wil opklaar, haal hy ou voorvalle op. Na my mening het ek iets onbenulligs gesê of gedoen maar hy beskou dit as dislojaal. Alles is vir hom ’n kompetisie en ’n ewige vergelyking – as ek ’n nuwe TV of motor koop, moet hy ’n beter een kry. Maar wat my nou regtig onder kry, is sy negatiwiteit en gekerm oor alles wat verkeerd is: die land, die rand, korrupsie, die paaie, sy mediese fonds … alles goed waarna ek keer op keer moet luister. Dit versmoor my en tap my energie en behoefte aan die vriendskap.”

Dis nodig om soms krities na jou vriendskappe te kyk. Wat kry jy daaruit en wat steel dit? Dis amper soos ’n balansstaat van krediete en debiete. Op lang termyn moet daar ’n soort balans wees.

Herbesin ernstig oor jou vriendskap wanneer dit gekenmerk word deur wantroue, voortdurende gevegte, misverstande, leuens of kwetsende opmerkings wat jou menings en menswees verkleineer.

Net so wanneer dit jou beperk, misbruik, met jou waardes bots en jou nie toelaat om te doen of te wees wie jy is nie, jou minderwaardig of skuldig laat voel, jou dreineer en eenvoudig net meer eis as wat dit gee.

Herbesin as dit wat eens sinvol, goed en reg was, skeef en pynlik geraak het, want dan is dit toksies en ongesond.

Hou dit wel in gedagte dat vriendskappe, net soos alle verhoudings, blomtye het maar ook sy droë en swaar tye. Dit skep vreugde maar maak ook seer wanneer konflik en misverstande opduik. In alle vriendskappe is daar tye wanneer die een vanweë omstandighede meer kan gee en op ’n ander keer weer die ander, maar wanneer dit ’n eenrigtingpatroon raak en een van die twee nie soos ’n vriend optree nie, ís sy nie ’n ware vriend nie.

Die aard van jou vriendskappe en jou vertroue of wantroue in mense, word dikwels deur jou kleintyd se verhoudingsverlede gevorm.

Ekstroverte en introverte verskil ook in terme van hoeveel tyd en intensiteit hulle in vriendskappe nodig het en belê. Ekstroverte het meer behoefte aan interaksie en sal makliker en vroeër persoonlike dinge met ’n vriend deel.

Vriendskap bly ’n keuse en nie ’n lewenslange plig nie. Volwassenes het dikwels skuldgevoelens oor vriendskappe wat tot niet gaan. ’n Vriendskap vervul ’n bepaalde behoefte en rol in ’n bepaalde fase van jou lewe. Wanneer mense, hul behoeftes en hul omstandighede verander, soos wat meestal met werksverandering die geval is, of die koms van ’n baba, egskeiding, die dood van ’n lewensmaat of aftrede, het dit ’n uitwerking op talle van hul vriendskappe. Nie alle vriendskappe het die diepte en aanpasbaarheid om deur sulke veranderinge staande te bly nie.

Elke nuwe lewensfase en plek bring jou gelukkig in kontak met nuwe mense wat potensieel nuwe vriende is – mense ontmoet dikwels eers ná aftrede van die wonderlikste mense in hul lewe. Om ou, “uitgediende” vriendskappe te laat gaan, skep ruimte en tyd vir nuwe vriende in jou lewe – nie dat jy nie kosbare vriende vir ’n leeftyd het nie, maar nie alle vriendskappe duur ’n leeftyd nie.

’n Vriendskap wat by jou negatiewe gedagtes en negatiewe gevoelens skep, steel jou positiewe energie, inhibeer jou en is ongesond. Baie vriendskappe droog natuurlik op wanneer mense se behoeftes en lewe verander. Dis pynliker vir die een wat nog graag met die vriendskap wil voortgaan as vir die een wat nie meer belang stel, of daarvoor kans sien nie.

Hoe hanteer jy ’n ongesonde, onvergenoegde vriendskap?

  • Skryf neer waarmee jy in die vriendskap ongemaklik en gemaklik is, asook wat dit gee en wat dit vra sodat jy perspektief kan kry.
  • Bepaal wat jy reeds gedoen het om die probleme te verander. Het dit gewerk? Is daar iets anders wat jy nog kan doen? Wees eerlik met haar en kyk of julle dinge kan uitwerk. Haar kant van die storie en ervaring kan heelwat van jou persepsies verskil. Jy het moontlik ook iets wat jy moet leer.
  • ’n Vriendskap wat nie werk nie, moet beëindig word.
  • Maak eers seker van jou motiewe voor jy iemand daarmee konfronteer. Dit mag nie ’n uitlaatklep vir jou woede of onverwerkte emosies wees nie, of om iemand te straf of te verneder nie. Dit moet dinge vir jou beter maak en die kwessie vir albei partye sinvol afsluit sodat albei weet waar hulle staan.
  • Volg ’n kalm en eerlike benadering sodat sy verstaan waarom jy ervaar dat jul verhouding nie meer vir jou goed is nie: “Ek voel dis nie meer vir my opbouend nie. Ons behoeftes is nie meer dieself-de nie. Ek dink ons moet die vriendskap beëindig.”
  • Moenie toelaat dat jy emosioneel gemanipuleer word nie. Hy belowe dalk dat hy sal verander maar dis beloftes wat selde lank hou.
  • Moenie skuldig voel oor ander dinge en verhoudings wat nie in haar lewe werk nie. Hierdie lewensles kan haar help om die kwessies ook op te los.
  • As dit nodig is, blok sy nommer op sosiale media.
  • Hanteer jou gevoelens van verlies.
  • Belê in vriendskappe wat werk.
  • Dis vir baie mense regtig moeilik om ’n vriendskap te laat gaan. Dikwels oorskadu ’n mens se emosies en vrees jou gesonde oordeel. Mense is bang om ander seer te maak. Hulle vrees die verlies aan samesyn en die moontlikheid dat die ander een hulle gaan swartsmeer en persoonlike goed sal uitblaker. Die emosies kan soortgelyk wees aan dié wat jy ervaar wanneer jy iemand aan die dood afstaan: hartseer, verlange, woede, skuldgevoelens en twyfelvrae: “Moes ek dalk iets anders gedoen het?”
  • Om ’n vriendskap te laat gaan, beteken nie dat jy eensklaps ophou omgee of dit nie mis nie; ook nie dat dit nie waardevol was en wel vir jou op ’n gegewe tyd baie beteken het nie. Dit beteken eerder dat jy jouself eerste stel en doen wat nou vir jou goed en gesond is. Uit elke vriendskap leer ’n mens lewenslesse wat vir toekomstige verhoudings baie kan beteken.

Wees ’n goeie vriendin

  • Respekteer, waardeer en geniet jou vriendin vir wie en wat sy is. Ag haar wil en menswees net so belangrik soos jou eie. Dié ingesteldheid bring die beste in jou en jou vriende na vore.
  • Kommunikeer jou behoeftes duidelik en eerlik, asook wat vir jou aanvaarbaar of onaanvaarbaar is. Sê as dit jou pla as sy jou kinders kritiseer.
  • Beskou konflik as ’n groeigeleentheid.
  • Vra verskoning vir jou foute, wanneer jy oorgereageer het of iets verkeerd geïnterpreteer het. Vergewe, dit maak heel.
  • Vertrou jou vriend met jou eie, eerlike weerloosheid. So gee jy iets wat werklik saak maak en vind jy jouself en jou vriend. Wanneer sy jou sonder jou maskers en verdedigingsmeganismes aanvaar, is dit vir haar ook makliker om vir jou ook om te gee. Daar is ’n Engelse spreekwoord wat sê: “Sharing is caring”.
  • Vra klein en groot gunsies, soos “Laai asseblief my kinders op.” Dit gee haar die geleentheid om vir jou iets te beteken en die vrymoedigheid om op haar beurt vir jou iets te vra.
  • Gee liefde en aanvaarding.
  • Wees in kontak met jouself, jou verlede, behoeftes en emosies. Ou, onverwerkte wonde maak ook die mense wat jy liefhet, seer. Selfkennis voorkom dat jy oorreageer of bedreig voel.
  • ’n Vriendskap moet jou meer maak en nie minder nie. Dit doen niemand goed om in ’n toksiese vriendskap te bly nie. Dit weerhou boonop albei van die geleentheid om ander sinvolle vriendskappe te sluit wat vir elkeen kan gee wat sy nodig het. Niemand sal ooit uit hul foute leer en aanpassings maak wanneer hulle nie die gevolge van hul optrede hoef te dra nie.
  • Wanneer jy goed is vir jouself, het jy ook die energie en vreugde om dit te deel. Die Amerikaanse digter R.W. Emerson het gesê die enigste manier om ’n goeie vriend te hê, is om ook een te wees.

Hoe goed is jou vriendskap vir jou?

As talle van die volgende eienskappe nie op jul vriendskap van toepassing is nie, moet jy dit heroorweeg.

  • Daar is ’n lekkerte, geluk en sin in julle saamwees.
  • Jy weet hy gee werklik om, want jy ervaar sy belangstelling, liefde en aanvaarding en wonder nie waar jy met hom staan nie.
  • Sy bring die beste in jou na vore en laat jou spesiaal en gewaardeer voel.
  • Sonder om woorde te weeg kan julle albei sê wat julle dink en voel. Julle kan onbevange julself wees, met tekortkominge, goeie punte, prestasies en al.
  • Wanneer dit swaar gaan, is hy daar vir jou maar hy put ook vreugde daaruit wanneer dit met jou goed gaan.
  • Haar lojaliteit is bo verdenking. Jy weet jy kan haar met enigiets vertrou en selfs al loop dinge tussen julle skeef, sal jou donkerste geheime steeds veilig wees.
  • Die vriendskap is vir albei ’n prioriteit waarin julle tyd, energie en aandag belê.
  • Jou familie, kollegas en vriende geniet ook sy of haar geselskap en wil graag tyd saam met julle deurbring.
  • Sy bied jou ruimte om ander mense en dinge in jou lewe te hê en is nie oorafhanklik van jou nie.
  • Sy stel nie eise nie en laat jou nie misbruik of skuldig voel nie.
  • Daar is ruimte vir albei se verskille, standpunte, waardes en behoeftes.

Lees ook:14 redes hoekom jy sleg slaap en wat jy daaraan kan doen

Anys Rossouw is ’n opvoedkundige sielkundige in Menlopark Pretoria.

Hooffoto: Elijah O’Donnell vir Pexels

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.