kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Helené Bester en Jannie Moolman – oor hul nuwe duet, “Nag in die Namib”

Hulle skep ’n lied wat die harte van Afrikaanse musiekliefhebbers diep sal raak, net soos die ongerepte skoonheid van die woestyn.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die ontmoeting van Jannie Moolman en Helené Bester se stemme in “Nag in die Namib” is ’n moderne Afrikaanse folk-liedjie. Jannie het in samewerking met Dewald Gouws die lied geskryf wat oor die onbeskryflike skoonheid van die Namib handel, en hoe dit mense van die grootheid van God bewus maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Tydens ’n tyd van afsondering het ons hierdie lied geskryf. Dit is gegrond op ’n klein gediggie wat ek in die jare negentig by oom Arend in Windhoek gekry het,” deel Jannie.

“Ek het dit al die jare by my gehou en myself beloof dat ek eendag ’n lied daaroor sal maak. Nou het ons dit uiteindelik gedoen.”

Volgens die sanger het hierdie lied ’n boodskap van hoop en beklemtoon dit die verbintenis tussen mense en natuur.

“Ons stemme klink harmonieus en die liedjie is positief en inspirerend. Dit is iets nuuts en unieks in Afrikaans,” voeg Helené by.

Die musikante is al ’n geruime tyd bekend met mekaar, maar die geleentheid om saam te sing het eers ontstaan toe Kobie Koen van Vonk Musiek voorstel dat hulle ’n duet moet opneem. “Hy het gesê ons stemme pas goed bymekaar en ek het toe ingestem om hierdie lied — wat vir Jannie na aan die hart lê — saam met hom op te neem,” sê sy.

Die musiekvideo wys die grootheid asook die stilte van die Namib-woestyn saam met Helené en Jannie se passievolle optrede. Met Jannie se opera-agtergrond en Helené se klassieke agtergrond het “Nag in die Namib” ’n ongelooflike balans van vokale talent.

Karlien Meiring het meer oor hierdie geliefde sangers se samewerking gaan uitvind.

Vertel ons meer van die kreatiewe proses agter “Nag in die Namib”? Hoe het julle jul individuele style bymekaar gebring?

Jannie: Ek en Dewald Gouws het al twee in Hartbeespoort gebly. Tydens Covid het ons saam aan ’n paar liedjies begin skryf. Ons het baie oggende saam koffie gedrink en dan het hy sy kitaar saamgebring. So het daar ’n paar liedjies uitgekom wat regtig vir ons ‘n inspirasie gedurende daardie moeilike tyd was. Die lied “Hou aan met glo” was een so ’n lied en was al vir ’n toekenning of twee benoem.

Helené: Ons het min of meer geweet hoe die ander een klink, maar nie geweet hoe die eindproduk van ons stemme saam sou klink nie. Dis eers toe ons in die ateljee saam gesing het, wat ons besef het ons stemme pas mooi saam. Jannie is ’n groot grapjas en ek dink ek het ook ’n lekker humorsin. So, dit werk op die verhoog. Niks is aangeplak nie, net natuurlik. Ek kan steeds nie glo Jannie het ingestem om saam met my te sing nie. Selfs my man sê ek kan baie bevoorreg voel!

Wat was die lonendste aspek daarvan om saam aan hierdie projek te werk?

Helené: Die eindproduk van die drie liedjies wat ons opgeneem het. Dit klink vir ons só mooi! Dis werklik iets waarmee ons onsself kan bemark en op trots kan wees. Natuurlik, ook die feit dat ons regtig lekker saam werk, ons lag baie saam.

Jannie: Ek dink die feit dat ons gemaklik saam kan werk, beteken vir my baie. ’n Mens kan meer kreatief op die verhoog wees as jy gemaklik voel met die persoon wat langs jou staan.

Watter boodskap of emosies hoop julle om deur hierdie lied en musiekvideo aan aanhangers oor te dra?

Helené: Net die mooiheid van die melodie en Afrikaanse lirieke, wat ’n land soos Namibië besing.

Jannie: Ek dink die liedjie moet vir mense ’n oomblik gee om te kan reflekteer. Om stil te word in jouself, en die skoonheid en almag van God se skepping te kan waardeer.

Was daar enige spesifieke invloede of verwysings wat die musiekvideo geïnspireer het?

Jannie: Dat lente wakker geword het. Ek hoop dit weerspieël die liedjie se lirieke; die rustigheid en skoonheid van die natuur in Namibië wanneer die skemer kom.

Hoe dink julle beïnvloed die kombinasie van jul stemme die emosionele impak van die liedjie?

Helené: Die lied maak my hartseer by tye. Ek dra dit op aan ’n vriendin Cecilia Roberts wat laas jaar in ’n motorongeluk oorlede is, net toe ons die lied klaar opgeneem het. Die laaste woorde van “Nag in die Namib” lui: “Dan word die hemel ’n straat vol ligte en die groot stilte word stil en die ewigheid van Sy almag met verlange gevul.” Ek glo ons stemme is warm genoeg om daardie belangrike boodskap oor te dra én vrede te bring.

KYK: Die musiekvideo van Nag In Die Namib


Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Willem Botha — oor sy nuwe rol in Joseph and the Amazing Technicolor Dreamcoat

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

3 hours Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

3 hours Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

3 hours Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

4 hours Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

6 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Hennie en Nicole Bosman van Franschhoek, ’n paartjie wie se daaglikse lewe uit die see,…

6 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.