kategorieë: WenkeMode

Vermy hierdie modeglipse

Deur Bea Lingenfelder en Susra Matthee. Hooffoto: Pixabay

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1. Jy steek jou figuur weg

Met die oorgrootte styl wat nou die voorgrond neem, is dit maklik om die vorm van jou figuur te verloor. ’n Lospassende trui saam met ’n wyepypbroek kan jou, byvoorbeeld, soos ’n reghoek sonder ’n middellyf laat lyk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dis wat jy kan doen om dit te vermy:

  • Gebruik ’n gordel of knoopband om jou middel weer tussen al die lae te beklemtoon.
  • Mode-voorlopers gebruik ook die tegniek om net die die voorste gedeelte van jou trui of bloes in jou broek te steek. Dit beklemtoon jou middel op ’n subtiele manier.
  • As jy daarvan hou om lae oormekaar te dra, maar seker jy wissel die snitte en lengtes van jou items af. Jou roksoom moet ongeveer ’n handbreedte onder jou jas uitsteek sodat dit nie jou bene “sny” nie.
  • ’n Mens kan ook altyd staatmaak op snyersbaadjies en parkas met intrektoutjies om jou figuur te vlei.

Lees ook: 10 wenke wat jou figuur vlei

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2. Jy dra ongemaklike klere

Die lewe is te kort om jou in ongemaklike style in te forseer. Hoewel die slagspreuk “beauty knows no pain” ’n gewilde mode-motto is, is dit nie die moeite, geld of energie werd om jou dag in ’n slegte bui aan te pak omdat jou nuutste skoene of bloes met ’n lae hals ongemak veroorsaak nie. Met die verskeidenheid modes wat vandag tot jou beskikking is, is dit moontlik om die styl van jou voorkeur te kies en  dit net op te kikker met ’n item in die nuwe tendens. Identifiseer jou styl, hetsy dit klassiek of meer gewaagd is, en dra ’n uitrusting met selfvertroue – selfvertroue rond onmiddelik jou voorkoms af.

3. Jy kies modegiere bo jou ouderdom

Daar is niks so indrukwekkend soos ’n vrou wat haar ouderdom omhels nie. Aanvaar en eksperimenteer met die nuwe fases van jou lewe. Kies klere wat jou voorkoms vlei en waarvan jy regtig hou. Maak seker jou uitrusting weerspieël jou persoonlikheid en wie jy nou is. Dit beteken egter nie jy kan nie meer met die nuutste trends waag of ’n speelse voorkoms aanpak nie, maar dit is belangrik om jou beste bates te identifiseer en te beklemtoon.

4. Jy volg trends slaafs

Om jouself agter elke nuutste trend aan bankrot te koop, gaan jou beursie baie vinnig leeg laat. Kyk watter nuwe trends die beste by jou en jou klerekas pas en speel rond daarmee vir ’n vars voorkoms. Stileer die nuwe trends volgens jou unieke smaak. As jy egter voel dat een van die grootste trends van daardie seisoen nie vir jou werk nie, beweeg net aan na die volgende gier toe. Daar is altyd iets nuut aan’t gebeur …

Lees ook: 9 modefoute wat jy onbewustelik maak

5. Goedkoop koop …

… is duur koop. Daar kom ’n tyd jou lewe waar jy eerder in egte leer moet belê in plaas daarvan om elke tweede jaar ’n nuwe kunsleer-item te koop – oor die lang duur kos dit minder. Hierdie stelling is veral van toepassing op klassieke en luukse items soos leerbaadjies, stewels, en netjiese jasse. Mode-voorlopers bieg wel dat ’n mens ook nie ’n arm en been moet betaal vir stapelitems soos ’n skoon, wit T-hemp nie. Dit is belangrik om die waarde en kwaliteit van items hier in ag te neem. Dit is byvoorbeeld slim om in materiale soos denim te belê, omdat die sintetiese denimmateriaal dikwels uitrek, vinnig verblyk of onbetroubaar krimp as jy dit was. Dink eerder so oor klassieke items: “Vir nou is vir ewig.”

Lees ook: Hoe om die perfekte denimpaar te koop

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

4 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

5 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.