Bestanddele
Kors
- 90 g donkersjokolade, gekap
- 30 ml (2 e) botter, in blokkies gesny
- 500 ml (2 k) sjokoladekoekies, fyn gekrummel
Vulsel
- 300 g donkersjokolade
- 200 g botter
- 2 eiers
- 2 eiergele
- 60 g strooisuiker
- kakao vir versiering
Metode
- Voorverhit die oond tot 180 °C.
- Spuit ’n 35 cm x 12 cmlosboompan met kleefwerende kossproei.
- Kors: Sit die botter en sjokolade in ’n glasbak en mikrogolf op die ontvriesstelling tot die mengsel net begin smelt. Roer gereeld.
- Gooi die koekiekrummels by en meng goed in ’n voedselverwerker.
- Keer in die voorbereide pan uit en druk stewig vas.
- Bak vir 10-12 minute. Laat afkoel.
- Vulsel: Smelt die botter en sjokolade in ’n glasbak of ’n dubbelkoker.
- Roer tot glad en glansend.
- Klop die eiers, eiergele en suiker saam tot lig en romerig.
- Vou van die eiermengsel by die gesmelte sjokolade in.
- Roer die sjokolademengsel by die res van die eiermengsel tot goed deurgemeng.
- Gooi die vulsel in die afgekoelde kors en bak vir 10 min. tot net geset. Haal uit en laat heeltemal set.
- Lig die tert uit die pan en sif kakao bo-oor.
