kategorieë: Leef gesondGesondheid

Versnaperings vir jou en die kleinspan

Groente met doopsouse

Is jy bekommerd dat jou kleinding sy neus sal optrek vir wortelstokkies, komkommer, of kersietamaties? Gee hom dan iets soos hoemoes of jogurt as ’n doopsous om hierdie heerlike versnaperings meer aanloklik te maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Probeer een van hierdie smaalike hoemoesresepte

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vingerhappies

Blokkies kaas sowel as groente- en vrugtestokkies is goeie versnaperings om vir jou kleinding voor te sit. Wanneer jy ’n verskeidenheid aanbied, raak hulle gewoond aan verskillende smake en, deur nie nét vrugte voor te sit nie, raak hulle ook gewoond daaraan om minder soetgoed te eet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Gladdejantjies

Gladdejantjies (smoothies), is altyd ’n wenner en jy het boonop net ’n paar bestanddele nodig om ’n lekker een te maak. Eksperimenteer met verskillende smake – miskien verkies jou poplap bessies en appels bo vrugte soos perskes. Voeg ’n paar neute of ’n bietjie muesli by vir ’n versnapering wat meer vullend is. Probeer een van hierdie lekker resepte

Nog idees

Jy kan ook versnaperings soos springmielies vooraf voorberei en in houers of plastieksakkies sit. Onthou dat springmielies nie vol sout gestrooi moet word nie! Te veel sout is nie ’n goeie ding nie.

Sorg vir die volgende in jou kind se kosblik

  • ’n Koolhidraat, soos brood of pasta.
  • ’n Proteïen, soos rooivleis, hoender, eier of vis.
  • ’n Kalsiumryke item, soos kaas, jogurt of melk.
  • Minstens een vrug of groente.
  • En daar moet darem ’n verrassing soos koekies of droëvrugte wees – verkieslik iets wat nie te hoog in rietsuiker is nie.

Leer jóú kosbare kind dat die volgende paar items altyd beter waarde as gemorskos bied:

Grondboontjies en neute, eerder as lekkergoed.

Jogurt, eerder as oliebolle.

Stil en vonkelwater, eerder as koeldranke of vrugtesap.

’n Vrug eerder as sjokolade.

Biltong eerder as skyfies.

Lees ook: GOEIE NUUS:’Reënboogran’  kom ook na kykNET!

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

39 minutes Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.