kategorieë: Bekendes

Veteraanakteur groet die kassie

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die televisiereeks, Suidooster, se bekende Oom Fasie (gespeel deur Johan Botha) het gisteraand vir die laaste keer op die kassie verskyn. Dit kom ná Botha se besluit om as akteur af te tree.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Suidooster is sedert 2015 op die lug, met Oom Fasie wat reeds vanaf die eerste episode in almal se harte gekruip het.  Hoewel hy met ’n swaar hart dié stel moes verlaat, vertel Botha aan Huisgenoot dat hy sy nuutgevonde aftyd saam met sy vrou, Lida, gaan spandeer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Vir nou beplan ons net ’n bietjie rondrits in ons nuwe (stokou) woonwaentjie en wag op nuwe aanbiedings,” het Botha gesê.

Met sy aftrede spog Botha egter met ’n rits prestasies wat hy deur die loop van sy akteursloopbaan verhaal het. So ook sal televisiekykers hom onthou as Oom Koos in die sepie, Buurtwag, die Opsigter in Die Byl en Dr. Du Toit in Meeulanders. Hy het ook in die rolprente; Nommer Asseblief? – die rolprent, Die Storie van Klara Viljee, Pad na jou hart en Anderkant die stilte gespeel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hoewel sy aftrede ’n leemte op die kassie laat, hoop ons om hom gou weer in aksie te sien!

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.