Vinnige, effektiewe raad vir heuppyn weens bursitis

Deur Salomé Delport. Foto: bymuratdeniz/istock images

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Jy is reg as jy vermoed die woord “bursa” deel ’n stamwoord met “beursie”. Net soos ’n beursie, is dit ’n klein sakkie. En net soos ’n vol beursie is dit bedoel om die lewe makliker te maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ons het meer as 150 bursas deur ons liggaam. Jy sal hulle aantref veral waar bene, spiere en tendons oor mekaar moet beweeg. Elke bursa is gevul met ’n spesiale vloeistof wat soos ’n olie help dat jou “bewegende onderdele” gemaklik oor mekaar gly.

As iets fout gaan ontwikkel inflammasie in en rondom die bursa. Die spiere, tendons en bene kan nie lekker oor die bursa gly nie, en dan irriteer dit nog meer en veroorsaak verdere en uiters pynlike inflammasie wat bursitis genoem word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Gelukkig genees die regte terapie vir bursitis hierdie soort pyn binne dae –  maklik en sónder ’n operasie. Ons deel Dr Jan Joubert, Kaapse ortopeed, se beste wenke.

Terloops, al fokus ons hier op heupbursitis sal die wenke vir bursitis op enige ander plek net so goed help.

Kyk watter beweging jou bursitis veroorsaak

Dit kan enige iets wees. Gewoonlik het dit te doen met ’n herhalende oefening of skielike harde oefening of ’n besering. Dink aan trappe klim, jou soort sport, dans, handwerk of tuinwerk.

Gewoonlik is die pyn ’n paar uur na die probleemoefening of deur die nag daarna baie erger – wat dit makliker maak om die spesifieke een te identifiseer.

Stop hierdie oefening of beweging

Die volgende stap is om daardie oefening uit te skakel. Jy kan nie bursitis “weg” oefen nie. Jy gaan dit net vererger en uiteindelik chroniese inflammasie veroorsaak wat die been en tendons kan beskadig.

Kry anti-inflammatoriese medikasie vir jou bursitis

Kry ’n anti-inflammatoriese pynstiller by jou apteek. Aspiriene is goed omdat dit die pyn, swelling en inflammasie teenwerk.

Lees ook: 4 redes hoekom dit belangrik is om rugoefeninge te doen

Wend ’n anti-inflammatoriese room aan

Daar is verskeie op die mark, en die meeste is sonder voorskrif beskikbaar. Vra jou apteker om iets aan te beveel.

Verlig die inflammasie met hitte en koue

Vir hitte probeer ’n lekker warm bad met water tot oor jou heupe of ’n warmsak. Plaas ’n koue yssakkie vir so vyf minute direk waar dit seer is.

Jou manier van sit kan bursitis verlig of vererger

Die spiergroepe wat by bursitis van die heup betrokke is loop van jou stuitjie na jou buiteheup en van jou buiteheup na jou knie. Hulle moet nou so min as moontlik oor die heupbursas strek en beweeg. Daarom is dit die beste as hulle in ’n ontspanne, nie-gestrekte posisie is.

  • Moenie bene oorkruis sit nie. Eintlik moet jy nooit nie, maar dit is nou glad nie goed vir jou bursitispyn nie.
  • Sit liewer soos ’n cowboy – knieë ver van mekaar.

Slaap met ’n kussing tussen jou knieë

Dit sal waarskynlik baie seer wees om op jou sy te slaap. Maar jy gaan baie gemakliker slaap as jy ’n dik kussing of ’n spons wat sowat 10cm dik is tussen jou knieë inwikkel. Dit hou jou knieë en bobene so wyd as jou heupe, sodat die spiere en tendons minimaal strek.

Slaap met jou bolyf vertikaal

Slaap so dat jou bolyf vertikaal in vergelyking met jou matras is.  As jy een van daardie mense is wat op jou sy lê, jou boonste knie hoog optrek en met jou bolyf vorentoe oorval, veroorsaak jy geweldige stremming op die boonste heup se bursa. Werk jou ekstra spons of kussing onder jou knie in om dit so hoog as jou boontste heup te lig.  Druk ’n klein kussinkie of skuinsgesnyde spons teen jou maag in om jou lyf gemaklik vertikaal en in posisie te hou.

Dit werk ook goed om met jou lyf effens agteroor te leun, sodat jou gewig op die agterkant van jou heupbeen geplaas word. Gebruik ’n stewige kussing of spons om te keer dat jy heeltemal op jou rug omrol.

Kies ’n ferm stoel

So lekker as wat dit is om sag te sit veroorsaak daardie salige diep wegsink juis stremming rondom die heupbursas – met selfs verdere stremming as jy opstaan.

’n Ferm sitplek ondersteun die ligamente en spiere rondom die bursas baie beter.

Moet jy jou motorsitplek ook aanpas?

As jy baie laag of diep sit gaan jy besonder seer raak. Sit op ’n ferm kussing, of stel jou motorsitplek hoër.

Oefeninge vir bursitis

Die regte soort oefeninge versterk en stabiliseer die heupe. Maar wag tot jou bursitis heeltemal opgeklaar het. Kyk hier vir oefeninge wat jou heupe versterk en jou postuur verbeter.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.