kategorieë: Leef gesondGesondheid

Vitamiene wat vasvat

Foto: Pixabay

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Bruce Dennison, Uitvoerende hoof van die Gesondheidsprodukte Assosiasie in Suid-Afrika, sê: “Ons benodig baie voedingstowwe om gesond te bly en in die wêreld waarin ons leef word ons uitgedaag om genoeg stowwe te kry uit die kos wat aan ons beskikbaar gestel word. Hierdie kosse word dikwels geprosesseer tot ’n mate waar alle essensiële voedingstowwe verlore gaan. Verder lei die meeste vroue besige lewens wat gepaardgaan met die oorslaan van maaltye, of die maak van verkeerde koskeuses. Dit is hoekom die assosiasie aanvullings aanbeveel – nie om ’n gesonde dieet te vervang nie, maar om te vergoed vir dit wat uitgelaat word.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dié vitamienes is uiters noodsaaklik vir ’n gesonde lewenstyl

Vitamien E

  • Jy benodig: 15 mg ’n dag
  • Jy kry waarskynlik: 6.4 mg ’n dag
  • Jou tekort: 57%

Vitamien E is ’n kragtige antioksidant wat jou selletjies beskerm en help dat hulle met mekaar kommunikeer. Dit beskerm ook jou vel teen UV-beskadiging. Indien Vitamien E nie deel uitmaak van jou dieet nie, kan jy sukkel om ander voedingstowwe te absorbeer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Jy kan belê in die beste vitamiene

Kalium

  • Jy benodig: 4,700 mg ’n dag
  • Jy kry waarskynlik: 2,458 mg ’n dag
  • Jou tekort: 48%

Kalium is ’n elektroliet wat jou senuweestelsel flink hou en jou spiere vorm. Dit help ook om jou bloeddruk normaal te hou. As jy nie genoeg kalium inkry nie, kan jy vinniger geïrriteerd, swak en moeg voel.


Kalsium

  • Jy benodig: 1,000 – 1,200 mg ’n dag
  • Jy kry waarskynlik: 800 mg ’n dag
  • Jou tekort: 20-33%

Kalsium is ’n sterk mineraal wat help om jou bene sterk te hou – dit beteken ’n laer risiko vir osteoporose.

Lees ook: Beendigtheid: alles wat jy van Osteoporose wil weet

Vitamien A

  • Jy benodig: 700 mg ’n dag
  • Jy kry waarskynlik: 558 mg ’n dag
  • Jou tekort: 20%

Vitamien A versterk jou sig, veral jou nagvisie. Dit hou jou vel, tandvleis en tande gesond en dit versterk jou immuunstelsel wat help om virusse teen te veg. Hou ouer jy word, hoe meer Vitamien A het jy nodig om jou kognitiewe funksie te help beskerm.

Lees ook – Vitamiene: wat vir wie?

Magnesium

  • Jy benodig: 320 mg ’n dag
  • Jy kry waarskynlik: 267 mg ’n dag
  • Jou tekort: 17%

Magnesium word gebruik in honderde chemiese aktiwiteite in jou liggaam – van die stoor van energie, tot die behoorlike funksionering van jou gene. Dit hou ook jou senuwees en spiere gevorm, jou bene sterk, en jou bloedsirkulasie eweredig.

Bron: prevention.com

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.