kategorieë: InspirasieJou lewe

Vloei saam met ander: Musiek en “flow”

Vloei saam met ander: musiek en “flow” deur Mariette Snyman. Foto’s deur shotbyjeanne.com

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hierdie artikel is ’n aanvulling tot Só vloei jy na ekstase in ons April 2020-uitgawe. Flow dui op ’n aktiwiteit op werk-, sport-of kultuurgebied (die lys is lank) wat jou soos ’n stroom iewers heen vat en die ure na minute laat voel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Het jy geweet? Jy kan nou 70% afslag op ons digitale April-uitgawe kry! Klik hier om dit nou te koop

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Vloei saam met ander: Proseskuns en “flow”

1. Mart-Marie, jy is ’n klassieke en jazz uitvoerende pianis en komponis wat al verskeie sangers in Suid-Afrika en Europa begelei het. Wat doen jy nog?

Ek is besig met my meestersgraad in uitvoerende klassieke musiek onder leiding van dr. Charl du Plessis en dr. Ben Schoeman aan die Universiteit van Pretoria, en dan is ek ook ‘n klavieronderwyser by Waterkloof House Preparatory School. Ek speel in verskeie ensembles wat strek van vrye improvisasie tot klassieke kamermusiek en elektroniese ligte musiek, en skryf ook komposisies vir die animasies van kunstenaars soos Diek Grobler.

2. Wat laat jou hart die vinnigste klop?

Komposisie vir films, en dan die verhoog. Op die verhoog is ek in my element. Ek leef vir die adrenalien en die gevoel van flow, alleen of saam met ander musikante. Ek onthou ’n optrede in 2016 saam met ’n jazz ensemble waar ons ongelooflik moeilike musiek gespeel het, en hoe ek en die ander musikante die hele vertoning lank in flow was. Nou nog jaag ek met elke optrede die gevoel van daardie spesifieke optrede na.

3. Musikante is van die mense wat dikwels flow ervaar. Was dit vir jou van jongs af so?

Ja, van laerskool af het ek flow ervaar wanneer ek geïmproviseer het op die klavier. Ek raak heeltemal onbewus van wat om my aangaan en skrik myself boeglam wanneer iemand met my praat terwyl ek klavier speel.

4. Wanneer ervaar jy flow op jou eie?

Daar is magic by vloei betrokke, en dit kom op verskillende maniere voor. Ek het onlangs musiek geskryf vir ’n animasie genaamd Ruby and Roach, en na ’n maand van verskillende komposisies wat nie wou werk nie het ek een oggend vyfuur opgestaan, voor my klavier gaan sit en binne twee ure die hele animasie se musiek geskryf. Dit het net gebeur – en die musiek het perfek gewerk. Ek het beslis flow ervaar. Sover is die reaksie op die musiek baie positief.

Laat saans, wanneer dit stil is en ek op die klavier improviseer en komponeer, ervaar ek ook vloei. En op die verhoog wanneer ek solo klavierstukke speel, of dit nou klassieke, jazz of ligte musiek is. En in die ateljee wanneer ek opnames maak.

Klik hier vir ’n proeseltjie van die bekroonde Ruby and Roach:

5. Is daar omstandighede wat jou makliker laat vloei?

Solank daar ’n klavier is, voel ek ek kan vloei. Stilte help gewoonlik, en om nie gesteur te word nie, aangesien dit die flow onderbreek. Met ander musikante hang dit af of ons chemistry het op die verhoog – ons voed mekaar se kreatiwiteit en flow. Indien een musikant begin vloei, vloei die ander gewoonlik ook.

6. Is dit waar dat ’n mens vaardig moet wees voor jy op ’n sekere gebied kan vloei?

Ek dink ’n basiese vaardigheid is nodig. Die perfekte balans is wanneer ’n klavierstuk uitdagend genoeg is om jou vaardighede te toets, maar jy ook genoeg vertroue in jou vermoëns het. Jy moet ’n stuk goed genoeg ken sodat jy op high alert kan wees en in beheer bly, maar flow gebeur wanneer jy ook uitgedaag word. Die merker vir flow verskuif die hele tyd; die stukke waarin ek ’n jaar gelede flow ervaar het, sal nou te maklik wees omdat ’n sekere hoeveelheid adrenalien nodig is.

7. Hoe hou flow verband met optredes? Speel verhoogvrees ’n rol?

Wanneer verhoogvrees nie aangespreek word nie, kan dit vloei verhinder omdat die balans tussen uitdaging en beheer versteur is. Tog kort daar kort ’n mate van opgewondenheid om flow te laat gebeur. Hoe meer vertroue jy in jou eie vermoëns het – en as jy werklik op die verhoog wil wees – gee die regte hoeveelheid verhoogvrees jou die edge wat jy nodig het om in flow te kom. Maar die ultimate is om flow enige plek te kan voel, of dit op ’n verhoog is of stoksielalleen op ’n berg.

8. Vertel hoe jy flow saam met ander ervaar.

Jy kan letterlik voel as ’n groep musikante saam vloei, dit is asof alles net groove en werk – asof daar ’n energie tussen hulle is en hulle die beste in mekaar uitbring. Mense sê daar is chemistry of ‘n group vibe. Ek het dit al baie ervaar, omdat ek bevoorreg genoeg was om saam met wonderlike musikante te speel.

Of ek nou die eerste keer saam met musikante speel en of ons mekaar al jare lank ken, is dit maklik om flow te ervaar indien die musikante skillful is. Ek het al flow ervaar terwyl ek klassieke musiek of jazz speel, wanneer ek ’n sanger begelei, en tydens free-improvisation jam sessions. Ek vind dit makliker om te vloei wanneer al die musikante 100% persent in die oomblik is, mekaar die spasie gee om kreatief te wees, na mekaar luister en mekaar aanvul.

Mart-Marie en kitaarspeler Rynier Prins speel “Improvisation on Etudes by Leo Brouwer” tydens “Duologues”, ’n vertoning by die Wakkerstroom Musiekfees. Verwerking: Mart-Marie Snyman

Jazz-musikante word geleer om sekere unspoken forms of communication te volg; elkeen kry byvoorbeeld ’n kans om te solo terwyl die res van die band mekaar met begeleiding ondersteun, en hulle moedig mekaar aan of komplimenteer ’n goeie solo. Daar vind ook baie verbale kommunikasie plaas, en dit is wonderlik wanneer jy in die flow is en iemand skree “Yeah!” van die kantlyn af terwyl jy speel, of as jy die gehoor se opwinding aanvoel.

Jazz is ’n uitruil van energie, ’n push and pull … Die kameraderie maak vloei nog makliker omdat dit ’n ruimte skep waarin elkeen uitgedaag word om op die vorige musikant se improvisasie te reageer, materiaal daarvan in jou eie solo te inkorporeer, of iets heeltemal anders te doen. Jy moet in die oomblik skep: dis op sigself ’n kombinasie van uitdaging en vaardigheid. Dis soos om ‘n storie te vertel, maar jy ontdek die storie saam met die gehoor en hoewel jy in beheer is, weet jy self nie noodwendig waarheen dit gaan nie. Dis ’n avontuur!

9. Is dit waar dat jazz vloei aanhelp omdat die musikante nie net bladmusiek speel nie maar improviseer?

Beslis. Ek dink die kreatiwiteit wat dit verg om te improviseer is die ultimate form of flow. Improvisasie is komposisie wat in die oomblik gebeur, jy werk dit nie voor die tyd uit nie. Dis ’n kombinasie van idees wat jy binne ’n sekonde op jou instrument moet laat leef . Dit verg baie vaardighede: goeie gehoor, musiekteoretiese kennis en instrumentale tegniek. Hoewel jy gewoonlik ’n raamwerk het wanneer jy improviseer, is die uitdaging om kreatief met die betrokke beperkinge om te gaan. Jy kan ’n solo doen wat sin maak binne die beperkinge van die song, of jy kan iets heeltemal avant-garde doen, afhangende van wat jy wil bereik. Flow het ’n groot invloed daarop, want as jy in die flow is gebeur daar dinge in jou solo wat jou verras – amper asof dit nie jy is wat speel nie, maar iets wat by jou oorneem. Maar jy moet baie vaardig wees om dit te maak werk.

10. Dink jy ’n mens kan vloei terwyl jy klassieke musiek speel?

Ja, beslis. Hier gaan dit meer oor beheer as oor improvisasie. Dit gaan oor interpretasie, wat net so kreatief is as om te improviseer. Jy moet present wees in die oomblik, vertrou dat die note sal kom, jou emosie oordra en jou eie storie vertel terwyl jy die komponis se werk so eerlik moontlik probeer weergee.

Animasie “Vir die voëls” vir die ATKV projek Filmverse 2 waarvoor Mart-Marie die musiek geskryf het – animasie deur Diek Grobler

11. Dink jy hoe meer vloei daar is, hoe meer gryp dit die gehoor aan?

Definitief. Jy moet nooit jou gehoor onderskat nie. ’n Gehoor weet wanneer kwaliteit musiek opgevoer word, maar hulle weet ook wanneer iemand uit hulle hart speel, werklik in die oomblik is, en kommunikeer. ’n Optrede word magical wanneer die musikant vloei. Daar is gereeld musikante wat wonderlike musiek maak, maar dit voel asof ’n robot speel. Mense sal sê daar was nie genoeg “gevoel” nie. In my ervaring gebeur dit wanneer die musikant nie in die flow is nie. Mense praat baie keer van die X-faktor wat ’n musikant het, en ek dink dit dui op flow.

12. Hoe lyk jou toekomsdrome?

Ek is in die proses om my soloprojek – die Mart-Marie Snyman Ensemble – te launch, en ook besig met ’n opname. Hou www.martmariesnyman.com dop vir nuus oor toekomstige optredes. Die Mart-Marie Snyman Ensemble tree op 19 September 2020 in die Centurion Teater op.

Volg vir Mart-Marie Snyman:

Besoek haar webblad

En volg haar op sosiale media

Instagram

Facebook

YouTube

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.