kategorieë: DieetGesondheid

Vloeibare kalorieë

Vir die meeste mense is Desember ’n tyd om fees te vier en te ontspan. Maar voor jy ’n koue bier, ’n glasie wyn of gaskoeldrank drink, dink aan die verborge vloeibare kalorieë wat hierdie drankies bevat.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Dit is belangrik om die etikette op drankies te verstaan, sodat jy presies weet wat jy inneem,” verduidelik Nestlé Wellness se bestuurder Naazneen Khan. “Daarbenewens kan ’n hoë suiker-inname in jou dieet die risiko van vetsug, diabetes, kanker en hipertensie verhoog. Nes ons ons porsies beheer, moet ons ook die hoeveelheid suiker beheer wat ons gedurende die dag in drankies inneem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Die geheim is om slim te kies. Bederf jouself op dié spesiale geleenthede, en kies gesonde, laer kalorie-opsies wanneer jy kan, “sê Naazneen. “Voeg ’n skeut vrugtesap by mineraalwater vir ’n heerlike verfrissende drankie of maak water meer opwindend deur kruisement, suurlemoen en komkommer by te voeg.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Versoeters wat drankies versoet en kalorieë byvoeg, het verskillende name. As jy bestanddele soos ’n “hoë fruktose koring-stroop”, “dekstrose” , “fruktose”, “sukrose” en “vrugtesap-konsentraat” op ’n etiket sien, is dit ’n suiker-versoete drankie.

Smoothies het baie verborge kalorieë,” verduidelik Naazneen. “Hulle kan baie gesond wees, veral wanneer vrugte en groen blaargroentes bygevoeg word, maar hulle kan ook ’n hoë inhoud natuurlike suiker bevat wat kalorieë ophoop. Veral as hulle as ’n versnapering ‘tussen maaltye’ genuttig word en die kalorieë wat hulle bevat nie gedurende die dag verbrand nie. ”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

5 wenke om op vloeistof-kalorieë te sny

– Wanneer jy ’n cappuccino bestel, vra vir ’n “skinny cappuccino” wat met lae vet- of vetvrye melk gemaak word
– Verdun jou vrugtesap met water en verminder die kalorieë.
– Maak jou eie smoothies met afgeroomde melk, wei-poeier en vrugte en vermy enige bygevoegde suiker wat kommersiële produkte kan bevat
– Geniet jy ’n drankie saam met die meisies? Kies vir ’n wyn spritzer en sny ’n paar kalorieë.
– As dit is ’n koue dag is, kies swart rooibos of warm water met suurlemoensap. As jy jou wil bederf, kies lae-vet of vetvrye melk in jou Milo en warm sjokolade.


Hier is ’n vergelyking van die kalorieë en suiker in ’n verskeidenheid alledaagse drankies

Drank (ml) Suikersoort
(bv. suikervry, natuurlike suiker
en bygevoegde suiker)
Kalorieë per houer Teelepels suiker per houer
Water 250 geen 0 0
2% melk 250 natuurlik 127 2
Glas maas 250 natuurlik 161 2
100% lemoensap 250 natuurlik 117 5
Cappuccino 250 bygevoeg 70 2
Chai met volroom 250 bygevoeg en natuurlik 240 8
Swart rooibos 250 geen 2 0
Vrugte- en suiwel-smoothie 250 bygevoeg en natuurlik 119 5
Glas wyn 150 natuurlik 108 0
Bruisdrankie 330 bygevoeg 142 7
Bier 330 natuurlik 136 2
Energiedrankie 500 bygevoeg 163 8
Sap 250 natuurlik 124 5
Gegeurde water 500 bygevoeg 77 4

Vir meer nuttige wenke oor hoe om ’n gesonde lewenstyl te volg, besoek www.tastierhealthierchoices.co.za.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.