kategorieë: Reis

Voëlkykersparadys in Rietfontein

Voëlkykersparadys by die historiese Rietfontein-landgoed

Ligging
Rietfontein is ’n landgoed sowat 63km van die hoofkantoor in L’Agulhas naby die Struisbaai/Elim-weg binne die Agulhas Nasionale Park.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Uitsig Kalksteen-plaashuise in ’n vredevolle plaasomgewing. Met die oseaan net vier kilometer weg, geniet jy die see-uitsig en die sagte geluid van branders in die agtergrond.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Oomblik om te onthou Om ’n rustyd te geniet op een van die oudste Strandveld-plase in die pragtige natuur. Die Protea susannae was in volle blom tydens my verblyf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wie moet gaan Dit is ’n paradys vir voëlkykers. Natuurliefhebbers sal die verskillende fynbosspesies geniet – daar is altyd iets wat blom. Rietfontein se Baai is ook ’n gewilde visvangplek.

Koste R660 per nag buite seisoen en R700 per nag binne seisoen. Pryse is onderhewig aan verandering na 31 Oktober 2014.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Besprekings Regstreeks deur die park by +27-28-435-6078

Hoewel die plaas nie deel is van die hoofruskamp van die Agulhas Nasionale Park nie, bied die verblyf die perfekte wegbreek vir diegene wat vrede in die ongerepte natuur soek. Hier kan jy vergeet van die luukshede in die lewe en na aan die natuur wees, soos ek ontdek het toe ek gearriveer het.

Die verskeidenheid fynbos met hul interessante blomme het my gehelp om van tyd te vergeet en wonderlike fotogeleenthede te skep.

Buiten die idilliese omgewing het die landgoed ook ’n ryk geskiedenis wat terugdateer na die 1740’s. Die plaas Rietfontein aan Zandberg was toegeken aan Petrus Arnoldus Gildenhuyzen as verversingspos in die laat 1700s voor dit geregistreer is in die naam van Dirk Gysbert van Breda in 1839. Die oostelike deel van die huis tot teen die skoorsteenkabel in die middel van die struktuur is die oudste met aanbouings aan beide kante soos die gesin uitgebrei het.
Dit is verstommend dat die oorspronklike kalksteenmure om die eiendom sowat 225 jaar oud is.

Die selfsorgverblyf bied eenhede met twee enkelbeddens (een eenheid het ’n dubbelbed), ’n badkamer met stort, asook kombuisgeriewe. Die historiese eiendom het ’n sonverhittingstelsel en toegang tot ’n gasstoof terwyl ’n gas-geiser warmwater voorsien. Jy sal nie jou elektroniese toerusting soos selfone en skootrekenaars kan herlaai nie want daar is geen elektrisiteit nie. Vir diegene wat die plaas vir groter byeenkomste wil bespreek, is die konferensiekamer met elektrisiteit beskikbaar.

Danksy die panne in die omgewing, is dit die perfekte plek vir voëlkykers. Die area het vir opgewondenheid onder voëlkykers gesorg omdat die eerste amptelike waarneming van die Kaapse Kwarteltjie hier gemaak is. Dit is een van die gesogste terretoriale voëlbesigtigings in Suid-Afrika. En al was ek nie gelukkig genoeg om een te sien nie, het ’n verskeidenheid voëlspesies hulself aan my vertoon.

Rietfontein se Baai is ideal om seevoëls te besigtig en spesies wat onlangs raakgesien is, is die Swartnekdobbertjie, Witmalgas, Bruinjakkalsvoël, Kaapse Teeleend en Grootsnavelleeuwerik.

Hier kry jy weelde op ’n ander skaal. Die natuur bied aan jou ’n daaglikse dosis vermaak van die kwetter van voëls met dagbreek tot die son sy kop agter die Soetanys-berge neerlê. Ek het beslis nie tegnologie nodig as ek deur soveel skoonheid omring is nie.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.